TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Jou Regering
Provinsiale Departement van Gesondheid
Publikasies
Openbare Inligting
Beskerm jou Gesondheid
OORSIG
DIENSTE
PROJEKTE
NUUS
PUBLIKASIES
OPENBARE ENTITEITE
FASILITEITE
KONTAK
Provinsiale Departement van Gesondheid (Wes-Kaapse Provinsiale Regering)
OUTEUR: Provinsiale Departement van Gesondheid
ELKE VROU BO 30 BEHOORT 'N PAPSMEER TE ONDERGAAN
ALLE VROUE BENODIG 'N PAPSMEER
Wat is 'n Papsmeer?
n Papsmeer is 'n eenvoudige, vinnige vaginale ondersoek om seker te maak dat die serviks (die baarmoederhals) gesond is.
n Spesiale instrument wat 'n dokterstregter genoem word, word gebruik om die vagina oop te hou sodat die dokter of verpleegster die baarmoeder kan sien.
n Paar selle word liggies van die baarmoeder afgeskraap en vir toetse na 'n laboratorium gestuur.
Die uitslag van die toets sal na jou kliniek gestuur word, dus moet jy onthou om terug te gaan vir die uitslag.
Hoekom Behoort jy 'n Papsmeer te Ondergaan n Papsmeer spoor abnormale selle op wat later kanker van die serviks kan word.
Wat is Kanker van die Serviks?
Kanker van die serviks is een van die mees algemene vorms van kanker onder vroue
As kanker van die serviks vroeg opgespoor word, kan dit behandel en genees word.
Alle vroue loop gevaar om kanker van die serviks te kry.
Die gevaar om kanker van die serviks te kry verhoog namate jy ouer word.
Jy loop steeds gevaar selfs al:
is jy nie seksueel aktief nie is jy in of deur jou menopouse beplan jy nie om nog kinders te hê nie is jy gesteriliseer toon jy geen tekens of simptome nie.
Wanneer Behoort jy 'n Papsmeer te Ondergaan?
Jy behoort minstens elke tien jaar van die vroeë dertig af, 'n papsmeer te ondergaan.
Jy behoort drie GRATIS papsmere te ondergaan, een in die dertig, een in die veertig en een in die vyftig.
Dié GRATIS papsmere is by jou naaste kliniek of gesondheidsentrum beskikbaar.
Jy is geregtig:
op drie gratis papsmere in jou lewe, een elke tien jaar, van die vroeë dertig af.
om met waardigheid, respek en privaatheid behandel te word wanneer jy 'n papsmeer ondergaan.
om jou gesondheidwerker te vra om die prosedure uiteen te sit.
Jou Verantwoordelikhede
Jy moet verantwoordelikheid vir jou eie gesondheid aanvaar.
Jy moet teruggaan vir die uitslag van jou papsmeer.
Jy moet opvolgbehandeling ondergaan as dit aanbeveel word.
Jy moet die regte kontakbesonderhede gee sodat gesondheidwerkers met jou in verbinding kan tree as jy behandeling nodig het.
Die inligting kom uit 'n pamflet wat saamgestel is as deel van die Servikale Gesondheid Toepassingprogram (SGIP).
VERWANTE INLIGTING
Toetsing vir Servikale Kanker (Diens)
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 28 Junie 2004 hersien
Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
