TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Publikasies
Openbare Inligting
B 
Wet op Basiese Diensvoorwaardes - Algemene Opsomming
Wet op Basiese Diensvoorwaardes - Algemene Opsomming
OPSOMMING
Dié dokument is 'n algemene opsomming van die belangrikste dele van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes van 1997. Werkers moet 'n opsomming by hulle werkplekke kan sien in die amptelike tale wat daar gepraat word.
Op Wie is die Wet van Toepassing?
Werkstyd
Verlof
Kinderarbeid en Gedwonge Werk
Wysiging van die Basiese Diensvoorwaardes
Sektorale Bepalings
Kommissie op Diensvoorwaardes
Monitering, Afdwinging en Regsprosedure
Algemeen
OP WIE IS DIE WET VAN TOEPASSING?
Die Wet is van toepassing op alle werkers en werkgewers, behalwe lede van die Nasionale Weermag, die Nasionale Intelligensieagentskap, die Suid-Afrikaanse Geheime Diens en onbetaalde vrywilligers wat vir liefdadighede werk.
Die Wet moet gehoorsaam word, selfs as ander ooreenkomste daarvan verskil.
WERKSTYD
Dié afdeling is nie van toepassing op senior bestuurders nie (diegene wat kan aanstel, dissiplineer en ontslaan), verkoopspersoneel wat reis en werkers wat minder as 24 uur per maand werk nie.
Gewone werksure n Werker moet NIE meer nie as:
uur in enige week werk uur per dag, as 'n werker 5 dae of minder 'n week werk, of uur per dag, as 'n werker meer as 5 dae per week werk.
Oortyd
As oortydwerk nodig is, moet werkers daartoe instem en hulle mag nie meer as 3 uur oortyd per dag of 10 uur oortyd per week werk nie.
Oortyd moet betaal word teen 1.5-keer die werker se normale betaling, of deur 'n ooreenkoms om betaalde aftyd te kry.
Daar kan oor meer aanpasbare werkstyd onderhandel word as daar 'n kollektiewe ooreenkoms met 'n geregistreerde vakbond is. Dit kan byvoorbeeld voorsiening maak vir meer buigbare ure vir werkende ma's en trekarbeiders.
Saamgepersde werksweek: Jy kan instem om tot 12 uur per dag te werk en dan minder dae in 'n week te werk. Dit kan werkende ma's en trekarbeiders help om langer naweke te hê.
Gemiddelde berekening: 'n Kollektiewe ooreenkoms kan toelaat dat die gemiddelde werksure oor 'n tydperk van tot vier maande uitgewerk word. 'n Werker wat deur so 'n ooreenkoms gebind word, kan nie meer as 'n gemiddelde van 45 gewone ure per week en 'n gemiddeld van vyf uur oortyd per week oor die ooreengekome tydperk werk nie. Daar moet elke jaar weer onderhandel word oor 'n kollektiewe ooreenkoms oor gemiddelde berekening.
Etenstydonderbrekings en rusperiodes n Werker moet 'n etenstydonderbreking van 60 minute na 5 ure se werk hê. Maar 'n geskrewe ooreenkoms kan dit verlaag tot 30 minute en wegdoen met die maaltydonderbreking as die werker minder as 6 uur per dag werk.
n Werker moet 'n daaglikse rusperiode van 12 aaneenlopende ure en 'n weeklikse rusperiode van 36 aaneenlopende ure hê wat, behalwe as anders ooreengekom, Sondag moet insluit.
Sondagwerk n Werker wat soms op 'n Sondag werk moet dubbelbetaling kry. 'n Werker wat gewoonlik op 'n Sondag werk moet 1.5-keer die normale loon kry. Daar kan 'n ooreenkoms aangegaan word vir betaalde aftyd in plaas van oortydbetaling.
Nagwerk
Nagwerk is ongesond en kan tot ongelukke lei. Dit is werkers wat tussen 6:00 die aand en 6:00 die oggend werk en hulle moet ekstra betaling kry of in staat wees om minder ure vir dieselfde bedrag geld te werk.
Vervoer moet beskikbaar wees maar moet nie noodwendig deur die werkgewer verskaf word nie.
Werkers wat gewoonlik tussen 11:00 die aand en 6:00 die oggend werk moet ingelig word oor die gesondheid- en veiligheidrisikos. Hulle is geregtig op gereelde mediese ondersoeke, waarvoor die werkgewer betaal. Hulle moet na 'n dagskof verskuif word as nagwerk 'n gesondheidsprobleem veroorsaak. Alle mediese ondersoeke moet vertroulik gehou word.
Openbare vakansiedae
Werkers moet betaal word vir enige openbare vakansiedag wat op 'n werksdag val. Werk op 'n openbare vakansiedag vind deur ooreenkoms plaasen betaling is teen dubbel die normale koers. 'n Openbare vakansiedag is deur ooreenkoms uitruilbaar.
VERLOF
Jaarlikse verlof n Werker kan tot 21 aaneenlopende dae se jaarlikse verlof neem, of, deur ooreenkoms, 1 dag vir elke 17 dae gewerk, of 1 uur vir elke 17 ure gewerk.
Verlof moet nie later nie as 6 maande na die einde van die verlofsiklus geneem word.
n Werkgewer kan net 'n werker betaal in plaas daarvan om verlof te gee as die werker die pos verlaat.
Siekverlof n Werker kan tot 6 weke se betaalde siekverlof neem tydens 'n siklus van 36 maande.
Tydens die eerste 6 maande kan 'n werker een dag se siekverlof neem vir elke 26 dae gewerk.
n Werkgewer kan 'n mediese sertifikaat vereis voordat 'n werker betaal word wat vir langer as 2 dae op 'n keer of meer as twee keer in 8 weke siek is.
Kraamverlof n Swanger werker kan tot 4 aaneenlopende maande kraamverlof neem. Haar verlof kan op enige tyd binne 4 weke voor die verwagte datum van die geboorte begin OF op 'n datum wat 'n dokter of 'n vroedvrou sê nodig is vir haar gesondheid of dié van haar ongebore kind. Sy mag ook nie werk vir 6 weke na die geboorte van haar kind nie, behalwe as 'n dokter of 'n vroedvrou haar gesond genoeg verklaar om dit te doen.
n Werker wat swanger is of borsvoed word nie toegelaat om werk te doen wat vir haar of haar kind gevaarlik is nie.
Familieverantwoordelikheid-verlof
Voltydse werkers wat langer as 4 maande in diens is kan op versoek 3 dae se betaalde familieverantwoordelikheid-verlof per jaar neem wanneer die werker se kind gebore word of siek is, of vir die dood van die werker se eggenoot of lewensmaat, ouer, aanneemouer, grootouer, kind, aangenome kind, kleinkind of broer of suster.
n Werkgewer kan 'n bewys vereis dat die verlof nodig was.
Werkgewers moet aan nuwe werkers skriftelike inligting oor hulle pos en diensvoorwaardes gee. Dit sluit 'n beskrywing in van enige relevante raads- of sektorale bepaling en 'n lys van enige ander verwante dokumente.
Boekstawing
Werkgewers moet aantekeninge maak van minstens:
die werker se naam en pos tyd wat gewerk is geld wat betaal is die geboortedatum van werkers wat jonger as 18 is.
Betaling n Werkgewer moet 'n werker betaal:
in Suid-Afrikaanse geld daagliks, weekliks, twee-weekliks of maandeliks in kontant, per tjek of met 'n direkte deposito.
Inligting op die betaalstrokie
Elke betaalstrokie moet insluit:
die werkgewer se naam en adres die werker se naam en pos die betaaltydperk die werker se loon die bedrag en doel van enige aftrekking van die salaris af die werklike bedrag wat aan die werker betaal is.
As dit by die werker se betaling getel moet word, moet die betaalstrokie ook insluit:
die gewone betaalkoers en die oortydbetaalkoers die aantal gewone en oortydure wat in die betaaltyd gewerk is die aantal ure wat op 'n Sondag of 'n openbare vakansiedag in die tydperk gewerk is die totale aantal gewone en oortydure wat in die tydperk van gemiddelde berekening gewerk is, as daar 'n ooreenkoms oor die berekening van gemiddeldes bestaan.
Goedgekeurde aftrekkings n Werkgewer mag nie enige geld van 'n werker se salaris aftrek nie, tensy:
die werker skriftelik instem die aftrekking vereis word deur die wet of toegelaat word kragtens 'n wet, 'n kollektiewe ooreenkoms, hofbevel or arbitrasietoekenning.
Die optel van lone
Lone word gegrond op die aantal ure wat normaalweg gewerk word.
Die maandelikse loon is 4 en 1/3-keer die weeklikse loon.
Kennisgewing n Werker of werkgewer moet kennisgewing van die beëindiging van 'n indiensnemingskontrak gee nie minder nie as:
week, as die werker vier weke of minder in diens is weke, as die werker meer as vier weke, maar nie meer as een jaar in diens is nie;
weke, as die werkers 'n jaar of meer in diens is.
Kennisgewing moet skriftelik wees, behalwe as 'n werker nie kan skryf nie.
Werkers wat in 'n werkgewer se akkomodasie woon moet 1 maand kennis van die beëindiging van die kontrak gegee word, of alternatiewe verblyf kry totdat die kontrak wettig beëindig is.
n Werkgewer wat kennis gee, keer nie dat 'n werker die afdanking uitdaag kragtens die Wet op Arbeidsverhoudinge of enige ander wet nie..
Uitdiensstellingsbetaling n Werkgewer moet 'n werker wat weens die werkgewer se operasionele vereistes afgedank word, 'n bedrag betaal wat gelyk staan aan minstens een week se uitdiensstellingsbetaling vir elke jaar van aaneenlopende diens by die werkgewer.
Dienssertifikaat
Wanneer 'n werk eindig, moet 'n werker 'n dienssertifikaat kry.
KINDERARBEID EN GEDWONGE ARBEID
Dit is onwettig om 'n kind onder die ouderdom van 15 jaar in diens te neem.
Kinders onder 18 mag nie gevaarlike werk of werk wat vir 'n volwassene bedoel is doen nie.
Dit is onwettig om iemand te dwing om te werk.
WYSIGING VAN BASIESE DIENSVOORWAARDES
Bedingingsraad n Kollektiewe ooreenkoms wat in 'n bedingingsraad bereik is, kan van dié wet verskil, mits dit nie:
werkers se beskerming verminder wat gesondheid en veiligheid en familieverantwoordelikhede betref nie jaarlikse verlof tot minder as twee weke verminder nie kraamverlof op enige manier verminder nie siekverlof op enige manier verminder nie beskerming van nagwerkers verlaag nie enige kinderarbeid of gedwonge arbeid toelaat nie.
Ander ooreenkomste
Kollektiewe ooreenkomste en individuele ooreenkomste moet met die Wet ooreenstem.
Die Minister van Arbeid mag bepaal dat 'n basiese diensvoorwaarde gewysig of uitgesluit mag word. Dit kan ook gedoen word met 'n aansoek deur 'n werkgewer of 'n werkgewerorganisasie.
SEKTORALE BEPALINGS
Sektorale bepalings kan gemaak word om basiese voorwaardes vir werkers in 'n sektor en gebied op te stel.
KOMMISSIE OP DIENSVOORWAARDES
Die Wet maak voorsiening vir die Kommissie op Diensvoorwaardes om die Minister van Arbeid raad te gee.
MONITERING, AFDWINGING EN REGSPROSEDURE
Arbeidsinspekteurs moet werkers en werkgewers inlig oor hulle arbeidsregte en -verantwoordelikhede. Hulle inspekteer, ondersoek klagtes, ondervra mense en inspekteer, maak afskrifte van en verwyder aantekeninge.
n Inspekteur mag 'n voldoeningsbevel uitreik deur te skryf aan die Direkteur-Generaal van die Departement van Arbeid, wat die feite sal nagaan en sal saamstem oor die bevel of dit wysig of kanselleer.
Die besluit kan in die Arbeidshof teengestaan word.
Werkers mag nie onregverdig behandel word omdat hulle kragtens die Wet op hulle regte aandring nie.
ALGEMEEN
Dit is 'n misdaad om:
n arbeidsinspekteur of enige ander persoon wat die Wet gehoorsaam te hinder, keer of verkeerdelik te probeer beïnvloed om 'n dokument in die hande te probeer kry deur te steel, te lieg of deur 'n vals of vervalsde dokument te toon voor te gee om 'n arbeidsinspekteur of enige ander persoon te wees wat die Wet gehoorsaam te weier of nie ten volle enige wettige vraag te beantwoord wat gevra word deur 'n arbeidsinspekteur of enige ander persoon wat die Wet gehoorsaam nie te weier of nie gehoorsaam te wees aan 'n arbeidsinspekteer of enige persoon wat kragtens die Wet optree nie.
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 9 Mei 2005 hersien
Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
