TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Publikasies
Riglyne, Handleidings en Voorskrifte
D 
Die Bestuur van 'n Kleinsake-Onderneming : Menslike Hulpbronne
Die Bestuur van 'n Kleinsake-Onderneming : Menslike Hulpbronne
OPSOMMING
Menslike Hulpbronbestuur het te doen met alle sake wat jou personeel raak, van werwing tot griewe en diensbeëindiging.
Die Bestuur van jou Waardevole Bronne: Personeel
Hoe dikwels het jy al sakelui hoor sê dat hulle grootste bates hulle werknemers is? Dit is oor die algemeen waar, maar hoe koester jy dié bates sodat hulle waarde tot jou onderneming bly toevoeg?
Die volgende is die belangrikste aspekte:
Die salarisse en lone wat jy jou personeel betaal moet mededingend wees. Jy moet weet wat jou onderneming kan bekostig en wat die standaard in die bedryf is. As jy nie soveel soos jou mededingers kan betaal nie, behoort jy jou werknemers 'n tipe bonus aan te bied wat verband jou met hoe winsgewend die onderneming is.
Werksomstandighede moet voldoen aan die wetlike gesondheid- en veiligheidstandaarde.
Jy moet 'n geskrewe kontrak met elke werknemer hê, en jy moet seker maak dat hulle die voorwaardes van indiensneming verstaan. Dit is veral belangrik met sake rakende:
afwesigheid siekverlofbetaling onder-prestasie grieweprosedure.
Oorweeg wat sal gebeur as 'n sleutelpersoon in jou onderneming skielik vir 'n lang tyd nie kan werk nie. As dit rampspoedig sal wees, moet jy die onderneming teen inkomsteverlies verseker, sodat jy aan die gang kan bly totdat die persoon terugkeer of jy iemand anders kan oplei.
Personeelbestuur is 'n baie gespesialiseerde gebied. Hoe ingewikkelder jou onderneming raak, hoe meer gesofistikeerd sal jou behoeftes raak. Dit is belangrik om te weet wanneer dit tyd raak om formele Menslike Hulpbronsteun vir jou onderneming te kry. As die onderneming eers 'n bepaalde grootte bereik, sal jy dalk 'n Personeelbestuurder moet aanstel.
Die Maatskaplike Plan-fonds
As jou onderneming mense moet afdank, of die hele onderneming bedreig word, en daar bewys kan word dat die plaaslike, streeks- of nasionale bedryf ernstig daardeur geraak sal word, kan daar om regeringshulp aansoek gedoen word in die vorm van die Maatskaplike Plan-fonds.
Dié bystand sluit inligting en dienste in vir mense wat hulle werk verloor en vir werkgewers. Die doel met die inligting is om uitdiensgestelde werkers in die arbeidsmark te behou.
Dit is waarskynlik meer van toepassing op groot ondernemings of nywerhede soos die klerebedryf, mynwese of telekommunikasie, waar werknemers kwesbaar is vir grootskaalse uitdiensstellings wanneer die wêreld-ekonomie die bedryf negatief raak.
Dit is egter belangrik om van die Maatskaplike Plan-fonds te weet, selfs as jy 'n kleisake-eienaar is.
Tree vir meer inligting oor die Maatskaplike Plan-fonds in verbinding met:
Posbus 3971, Pretoria, 0001
Tel: 0861 121 267 of 012 341 1470
Faks: 012 440 8500
Terug na
Die Bestuur van 'n Kleinsake-Onderneming.
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 21 November 2004 hersien
Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
