Aansoek om 'n openbare maatskappy te registreer
Beskrywing n Openbare maatskappy is in openbare besit en het minstens sewe direkteure. Die woord "Beperk" verskyn aan die einde van die maatskappy se naam. Die registrasie van 'n openbare maatskappy behels die volgende:
Aandele word aan die publiek beskikbaar gestel.
Hoewel daar geen beperking op die maksimum getal aandeelhouers is nie, is die vereiste minimum sewe.
Daar is geen beperking op die oordrag van aandele nie.
Die woord "Beperk" moet na die maatskappynaam verskyn.
Die maatskappy moet sekere inligting aan die publiek openbaar maak.
Hierdie soort onderneming is gewoonlik baie kapitaalintensief.
Daar is minstens twee direkteure.
Stappe om te volg
Kry die voorgeskrewe aansoekvorms by die Departement.
Reserveer 'n maatskappynaam deur vorm CM5 te voltooi.
Vul die volgende ondersteunende dokumente in:
CM22 - Magtiging vir die toeken van 'n geregistreerde en 'n posadres
Prokurasie - Kennisgewing om namens promotors te handel
CM29 - Opgaaf met besonderhede van direkteure, beampte
CM31 - Toestemming om as ouditeur op te tree
CM46 - Aansoek om te begin sake doen
CM47 - - Verklaring deur direkteure oor die toereikendheid of ontoereikendheid van aandelekapitaal
Stel die statute en akte van oprigting op.
Betaal die voorgeskrewe fooi.
Regsraamwerk
Maatskappywet, 1973
Diensstandaard
Registrasie kan vyf dae neem.
Koste
R350 - statute en akte van oprigting
R60 - sertifikaat om met besigheid te begin
R50 - reservering van naam
R5 - vir elke 1 000 aandele wat uitgereik word
Totaal - R465
Vorms om in te vul
Kontakbesonderhede
