TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Jou Regering
Publikasies
Riglyne, Handleidings en Voorskrifte
S 
Die Stig van 'n Kleinsake-onderneming : Wetenskap, Ingenieurswese, Navorsing en Ontwikkeling
Die Stig van 'n Kleinsake-onderneming : Wetenskap, Ingenieurswese, Navorsing en Ontwikkeling
OORSIG
DIENSTE
PROJEKTE
NUUS
PUBLIKASIES
OPENBARE ENTITEITE
FASILITEITE
KONTAK
Hier is 'n lys van sleutel-bronne en -kontakte om jou te help as jy daarin belangstel om 'n ingenieurs- of navorsings- en ontwikkelingsonderneming op die te been te bring.
INGENIEURSGIDS
EngNet is 'n ingenieurs- en kopersgids en soekenjin. Dit is deur ingenieurs tot voordeel van die ingenieursbedryf ontwerp. EngNet stel jou in staat om inligting te kry oor ingenieursprojekte, dienste en maatskappye, en navorsing te doen oor 'n groeiende bedryf.
REGERINGSPROGRAMME OOR VERNUWING
Die SPII-program of Steunprogram vir Nywerheidsvernuwing word befonds deur die Departement van Handel en Nywerheid en bestuur deur die Nywerheidsontwikkelings-korporasie.
SPII is deel van 'n reeks vernuwings-steunmaatreëls vir die Suid-Afrikaanse nywerheid, en die belangrikste is:
Tegnologiese en Menslike Bronne vir die Nywerheid-program (THRIP) - geadministreer deur die Nasionale Navorsingstigting. THRIP steun navorsing en ontwikkeling in die bedryf met vennote op navorsings-, akademiese en nywerheidsgebiede, om die gehalte te verbeter van die produkte, dienste en mense van maatskappye wat deelneem. Dit word gedoen deur die verskaffing van bronne en 'n raamwerk vir samewerking in die wetenskap, ingenieurswese en tegnologie. Een van die talle suksesverhale van die program is die uitvinding deur 'n kleinsakeonderneming wat nou 'n ten volle nagevorsde en aanvaarde produk op die mark het: 'n spesiale kamera wat met optiese tegnologie foute op produksielyne opspoor.
Vernuwingsfonds - geadministreer deur die Departement van Kuns, Kultuur, Wetenskap en Tegnologie. Dié fonds is toegespits op paslike projekte wat befondsing van tussen een- en vyf-mijoen-rand benodig. Die projekte is vir groter, twee- en drie-jaar samewerkingsprogramme wat gemik is op tegnologiese vernuwing. Die Vernuwingsfonds is nie ontwerp om mikro-projekte te steun wat befonds kan word deur ander programme soos Thrip nie.
Kontakbesonderhede:
Tel: 011 269 3073
Faks: 011 269 3126
Posbus 2600, Pretoria 0001
Tel: 012 481 4078
Faks: 012 481 4197
Stel vas hoe die SABS die gehalte van Suid-Afrikaanse produkte en dienste help verbeter.
RAAD VIR WETENSKAPLIKE EN NYWERHEIDSNAVORSING (WNNR)
Die WNNR is Suid-Afrika se grootste wetenskap- en tegnologie-navorsingsorganisasie. Die WNNR noem homself die tegnologievennoot van die mense van Suid-Afrika
Die doelwit is om die lewens van Suid-Afrikaners deur navorsing te verbeter. Daar is agt navorsingsafdelings wat toegespits is op 'n breë reeks tegnologië, soos lugvaartstelsels, bou, kommunikasie, ontwikkeling, voedsel, inligting, infrastruktuur, vervaardiging, materiale, mynbou, tekstiele en die omgewing.
Terug na
Die Stig van 'n Kleinsake-onderneming.
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 21 November 2004 hersien
Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
