PUBLIEKE DEELNAME: 2006 / 2007 BEGROTING
Kennis word hiermee gegee kragtens Artikels 28 en 21 van die Plaaslike Regering: Munisipale Stelselswet, 2000 (Wet 32 van 2000) sowel as Artikel 21 van die Plaaslike Regering: Munisipale Finansiele Bestuurswet, 2003 (Wet 56 van 2003) dat die volle Raad van die Breede Vallei Munisipaliteit op 4 April 2006 die tydskedule vir die begrotingsproses vir die 2006 / 2007 finansiële jaar aanvaar het. In gevolge hierdie tydskedule sal inligtingvergaderings gehou word om die volgende items te bespreek: - Implimentering en hersiening van die GOP (Geintegreerde Ontwikkelingsplan); Konsepbegroting vir 2006 / 2007; en Beleidsdokumente ten opsigte van begroting. Openbare vergaderings word gehou soos aangedui.
Datum/ Tyd Lokaal
Enige persoon, organisasie, belangegroep, rolspeler bv. Nasionale en Provinsiale Departemente (tesourie, water, omgewingsake, gesondheid) word uitgenooi om skriftelike voorleggings ten opsigte van die begroting aan die Raad te maak en word ook uitgenooi om voorleggings by die openbare vergaderings te maak. Enige persoon wie nie kan skryf, kan na die volgende munisipale kantore gedurende kantoorure kom en die ondergenoemde personeel sal die persoon bystaan met die aflegging van die persoon se kommentaar of voorlegging.
