Q &gt Bestuur Slim - Bespaar Brandstof - Bespaar Geld
Bestuur Slim - Bespaar Brandstof - Bespaar Geld
n Groot persentasie motoriste bestuur voertuie met enjins wat swak ingestel is, wat beteken dat geld letterlik by die uitlaatpyp uitgeblaas word! Die Departement van Minerale en Energie spoor motoriste aan om dié verbruik-bewuste bestuurstegnieke te gebruik om elke liter petrol te rek.
Maak die motor se vensters toe wanneer jy ry, want 'n oop venster skep weerstand wat brandstofverbruik met soveel as 20% opjaag. Vir iemand wat R100 per week aan petrol bestee, kan 'n besparing van 20% beteken dat R20 per week bespaar word, wat uitloop op R80 per maand. Dit is geld wat mens op jou verband kan afbetaal of kan spaar vir onvoorsiene omstandighede.
Gebruik multigraad olie in jou enjin want dit verminder weerstand.
Laat jou motor gereeld nasien.
Gebruik 'n ritboek om jou brnadstofaankope en kilometers afgelê aan te teken sodat jy nuwe ekonomiese doelwitte kan stel en skielike verskille in die werking van jou voertuig weens meganiese foute kan opspoor.
Bring indien moontlik 'n saamryklub op die been.
Skakel oor na straallaagbande omdat hulle minder rolweerstand en 'n langer lewensduur as die kruisstraal-soort bied.
Moenie met bande ry wat te sag gepomp is nie omdat banddruk wat te laag is nie net verbruik verhoog nie, maar ook die lewensduur van die bande aansienlik verlaag.
Probeer om nie aanhoudend te stop en weg te trek nie.
Gee stadig vet.
Moenie jaag nie. Hoe vinniger jy ry, hoe meer petrol gebruik jy.
