






UMPHANDLE|UBOMI BAKHO|IMIBA|USHICILELO |IZALATHISO |URHULUMENTE|IITHENDA|IMISEBENZI





English
|
Afrikaans
|
Malunga
|
Qhagamshelana
|
Uncedo
|
Funa nzulu  |



 





Umphandle > Ushicilelo > IiNkcukacha Zoluntu > W &gt Wat is die Cape Gateway Webwerf?

Wat is die Cape Gateway Webwerf?



24 uMatshi 2004

E-Innovation (Department of the Premier, Provincial Government of the Western Cape)



ISISHWANKATHELO

Die belangrikste kenmerke van die webtuiste.





Capegateway.gov.za is die nuwe enkele toegangpunt tot regeringsinligting in die Wes-Kaap.

Dit is uit die verbruiker se oogpunt ontwerp: die inligting is maklik om te verstaan en regeringstaal word vermy. Deel gerus jou indrukke en voorstelle met ons sodat ons voortdurend aan jou behoeftes kan voldoen.

Kenmerke van die webwerf:

* Volledige databasis: die werf bevat meer as 25,000 bladsye en 1,000 dokumente wat plaaslike, provinsiale en nasionale regering dek.
* Nuwe inhoud: 'n groot deel van die inhoud van die webblaaie is van meet af geskryf om regeringsdienste en hoe om inligting daaroor in die hande te kry, duidelik uiteen te sit.
* Inligting word maklik opgespoor: die inligting is so ingedeel dat dit vir gewone mense sin maak, onder hofies soos geboorte, huwelike en kleinsake. Jy hoef nie te weet hoe die regering werk om uit te kom by wat jy nodig het nie.
* Drie tale:die webblad is beskikbaar is Afrikaans, Engels en Xhosa.
* Dinamiese tuisblad: jy kan onmiddellik die nuutste tenders, nuusgebeure en gewildste inhoud sien.
* Jy het meer beheer: die webwerf se aanpasbare uitleg beteken dit sal by die lettertipe en skermstellings wat jy verkies pas.
* Skoon ontwerp, wynig oponthoud: die eenvoudig ontwerp en bladsye wat vinnig aflaai, sorg dat mens gou by die inligting wat jy nodig het, uitkom.
* Snuffel maklik rond:
  * "Voetspore" wys waar jy jou op die webtuiste bevind, byvoorbeeld: Tuisblad > Onderwerpe > Verkiesings.
  * Elke afdeling van die werf het 'n opmerklike kleur.

* Argief: al die inhoud word outomaties in die argief opgeneem sodat dit later maklik opgeroep kan word.
* Menslike aspek: die webwerf word gesteun deur 'n span wat oorgehaal is om enige bykomende vrae te beantwoord. Bereik hulle deur e-pos waarop vinnig reageer sal word, of deur die inbeldiens of die instapsentrum.

Verken: www.capegateway.gov.za
E-pos: questions@capegateway.gov.za
Skakel: 0860 142 142 (weeksdae 08:00 - 18:00)
Besoek: Langstraat 142, Kaapstad
Maandag: 10:00 - 16:00
Dinsdag tot Vrydag: 8:00 - 16:00
Gesluit oor naweke en op publieke vakansiedae.






This content also available in English | Le nkcazelo iyafumaneka nangesi Xhosa

YAYAMENE

* INqanaba Lokuqala loPhuhliso lweCape Gateway (IiProjekthi)



Umxholo okweli phepha wagqibela ukuhlaziywa nge- 17 uOktobha 2006



Ingaba kukho nto ungayiqondiyo kwiintetho zaseburhulumenteni



| IMIBUZO? Sibuze nje wena: questions@capegateway.gov.za



Isigama Esinokusetyenziswa | uMgaqo-nkqubo Wemfihlelo | Ilungelo Lobunini







I-Cape Gateway yinkonzo karhulumente ejoliswe kubemi beNtshona Koloni, ebonelela ngolwazi ngorhulumente wedolophu, owephondo nowesizwe





