TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Publikasies
Openbare Inligting
Wette en Beleid wat Klein Ondernemings Raak 
Lisensies en Permitte
Lisensies en Permitte
Afhangende van jou onderneming kan jy 'n spesifieke lisensies nodig hê, soos 'n:
Informele Handelspermit
Dranklisensie
As jy 'n onderneming het wat kos maak of verkoop, of gesondheids- of vermaakdienste verskaf (byvoorbeeld ondernemings wat saunas of masserings bied, snoeker, biljard, dobbelmasjiene, nagklubs en flieks), moet jy 'n sakelisensie kry van jou plaaslike munisipaliteit. Kry inligting oor hoe om 'n sakelisensie te kry of lees 'n opsomming van die relevante wetgewing.
Relevante wetgewing:
Wet op Ondernemings
Wette voor 1993 is nie aanlyn beskikbaar nie maar afskrifte kan verkry word van die Staatsdrukker
INFORMELE HANDELSPERMITTE
Informele handelaars moet permitte kry van hulle plaaslike munisipaliteite. Kry meer inligting oor hoe om 'n informele handelspermit te kry .
DRANKLISENSIES
As jou onderneming beplan om drank te verkoop, te vervaardig of te versprei, moet jy eers 'n lisensie kry. Lees meer oor hoe om aansoek te doen om 'n dranklisensie.
Relevante wetgewing:
Drankwet, 27 van 1989 (Provinsiaal)
Drankwet, 59 van 2003 (Nasionaal)
As jou onderneming te doen het met die vervoer van passasiers vir wins, moet jy aansoek doen vir 'n permit wat verkry kan word van die Provinsiale Operateurslisensieraad. Kry meer inligting oor aansoeke vir 'n vervoeroperateurspermit.
As jy in die Wes-Kaap wil werk as 'n toergids, moet jy geregistreer wees by die provinsiale Toergidskantoor. Vind meer uit oor registrasie as 'n toergids.
INHOUD
Vorige Afdeling
Volgende Afdeling
INHOUD: Wette en Beleid wat Klein Ondernemings Raak
Registrasie van Onderneming
Lisensies en Permitte
Belasting en Heffings
VERWANTE INLIGTING
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 8 September 2008 hersien
Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
