TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Publikasies
Openbare Inligting
Weg met Stompies! 
Weg met Stompies! Passiewe Rook
Weg met Stompies! Passiewe Rook strong
Die onmiddellike gesondheidsuitwerking van tweedehandse rook sluit in:
Oogirritasie, Hoofpyn, Nasale ongerief en nies, Hoes en keelseer, Naarheid en duiseligheid, Verhoogde hartklop en bloeddruk.
n Nie-roker wat 8 uur lank in 'n kamer vol rook werk sal soveel kanker-veroorsakende chemikalië inasem as wanneer hy of sy 35 sigarette sou gerook het.
TWEEDEHANDSE ROOK IS VERAL SKADELIK VIR KINDERS
Kinders wat tweedehandse rook inasem sal meer dikwels ly aan verkoues, allergië, middeloorinfeksies, en "gomoor", wat die algemeenste oorsaak is van doofheid in kinders.
Blootstelling aan tweedehandse rook en om te rook terwyl 'n vrou swanger is word beide verbind met miskrame, lae geboortegewig en doodgebore babas. Daar is ook bewyse dat nageboorte blootstelling van babas aan tweedehandse rook bydra tot die gevaar van skielike babasterftesindroom (SBSS)
Wat kan teen tweedehandse rook gedoen word?
Werk daaraan om jou huis, werkplek en gemeenskap rookvry te maak.
Steun die nuwe Tabakwetgewing wat nie-rokers beskerm teen die gevare van passiewe rook.
As jou werkplek nog nie voldoen aan die nuwe wetgewing nie, help om 'n rookvrye beleid by die werk op te stel.
Vra rokers om nie naby jou te rook nie
Moenie toelaat dat mense naby jou kinders rook nie
Vra besoekers om nie in jou huis te rook nie
As jy met rokers saamleef, rig 'n plek buite in waar hulle kan rook of help hulle om op te hou.
As jy rook, moet dit nie in geslote gebiede soos huise, kantore, taxis en treine doen waar ander mense dalk aan tweedehandse rook blootgestel kan word nie.
NOG WENKE
Hou jou mond vars deur dikwels jou tande te borsel en 'n mondspoelmiddel of 'n vars mondsproeimiddel te gebruik.
Doen rekoefeninge
Rus genoeg
Maak tyd vir die bedrywighede wat vir jou regtig belangrik is
Haal diep asem om jou aandag af te trek en te ontspan
DIE KAAPSTADSE GEEN-TABAKFORUM TAAKGROEP bestaan uit
Departement van Gesondheid (Wes-Kaap)
Kankervereniging
Hartstigting
Stadsgesondheid-rookklagtelyn
Gesondheidsbevordering
918 1708 (Redakteur)
INHOUD
Vorige Afdeling
INHOUD: Weg met Stompies!
Weg met Stompies! Rook en Swangerskap
Weg met stompies! Gesondsheidslui en Tabakbeheer
Weg met Stompies! Passiewe Rook
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 22 Mei 2006 hersien
Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
