TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Publikasies
Openbare Inligting
Weg met Stompies! &gt Weg met stompies! Gesondsheidslui en Tabakbeheer
Weg met stompies! Gesondsheidslui en Tabakbeheer
Die Tema van Internasionale Nie-rook-dag op 31 Mei 2005 is "Gesondheidslui en Tabakbeheer."
Gesondheidslui speel 'n grondliggende rol in tabakbeheer. Hulle bereik 'n groot persentasie van die teikenbevolking en hulle het die geleentheid om rokers te help om hulle gedrag te verander. Gesondheidslui kan ook raad, leiding en antwoorde op vrae gee oor die gevolge van tabakgebruik en kan ook as rolmodelle dien as nie-rokers.
Internasionale Nie-rook-dag 2005 verskaf 'n goeie raamwerk vir die mobilisering en versterking van die kapasiteit van organisasies vir gesondheidslui in tabakbeheer.
INTERNASIONALE NIE-ROOK-DAG: MAAK GEREED
Tabak het vandag 'n openbare gesondheidsprioriteit geword, omdat dit die tweede grootste oorsaak van dood ter wêreld is. Dit is op die oomblik elke jaar verantwoordelik vir omtrent vyf-miljoen sterftes.
NADELIGE UITWERKING VAN ROOK
Sigaretrook bevat meer as 4 000 chemikalië in die vorm van partikels. Nikotien (die verslawende stof in tabak) sigaretrook bevat verskeie gifstowwe (soos polisikliese aromatiese koolwaterstof, waterstof sianied, koolstofmonoksied, lood, ens.), wat merkbare irritasie-eienskappe en vermeende of bewese kankerveroorsakende eienskappe het.
Rook verhoog die gevaar van perifirale vaskulêre siektes (PVS) wat die vernouing van bloedvate is wat bloed aan die been- en armspiere verskaf. PVS kan lei tot gangreen en, uiteindelik, die verlies van 'n ledemaat. Rokers het 'n 10 keer groter risiko om PVS te ontwikkel as nie-rokers.
KANKERVERENIGING
Vrywilligers sal op vier spoorwegstasies wees om in Mei die aandag op Teen-Tabakmaand te vestig. Op 31 Mei sal 'n uitstalling op die Kaapstadse stasie gehou word.
HOE OM DIE SIMPTOME TE HANTEER NADAT JY OPGEHOU ROOK HET:
Simptome
Rede
Hoe om dit te Hanteer
Drange
Jou liggaam is daaraan gewoond om gereeld 'nikotienskoppe' te kry
Die sterk drang om te rook hou gewoonlik 1-5 minute voordat dit wegsterf. Doen iets om jouself besig te hou totdat die gevoel verbygaan
Lighoofdigheid, verlies aan konsentrasie
Moontlik veroorsaak deur 'n gebrek aan nikotien
Vat dit kalmer. Moenie oor die volgende paar dae te veel druk op jouself plaas nie. Oefen gereeld. Eet behoorlik
Jou longe raak ontslae van die teer en oormatige slym
Neem slukkies water. Die hoes sal gou vanself weggaan
Spanning, irritasie
Lae bloednikotienvlakke
Gaan stap, lê in 'n warm bad en gebruik ontspanningstegnieke.
Depressie
Matige oefeninge
Verander roetines wat met die rookgewoonte gepaard gaan
Matige oefeninge verbeter jou gemoedstoestand. Vorder 'n tree op 'n slag
Honger
Waarskynlik veroorsaak deur 'n gebrek aan nikotien
Gebrek aan mondelingse bevrediging
Eet lae-kilojoule happies. Probeer 6 klein maaltye per dag eet. Drink baie water
Slaapprobleme
Jou liggaamsmetabolisme keer na normaal terug
Ontspan in 'n warm bad en drink 'n glas warm melk voordat jy bed toe gaan.
DIE KAAPSTADSE GEEN-TABAKFORUM TAAKGROEP bestaan uit
Departement van Gesondheid (Wes-Kaap)
Kankervereniging
Hartstigting
Stadsgesondheid-rookklagtelyn
Gesondheidsbevordering
918 1708 (Redakteur)
INHOUD
Vorige Afdeling
Volgende Afdeling
INHOUD: Weg met Stompies!
Weg met Stompies! Rook en Swangerskap
Weg met stompies! Gesondsheidslui en Tabakbeheer
Weg met Stompies! Passiewe Rook
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 22 Mei 2006 hersien
Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
