TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Publikasies
Openbare Inligting
Weg met Stompies! 
Weg met Stompies! Rook en Swangerskap
Weg met Stompies! Rook en Swangerskap
HOU VIR NEGE MAANDE OP ROOK
n Vrou wat rook behoort vir die nege maande wat sy swanger is, op te hou.
UITWERKING VAN TABAK OP DIE ONGEBORE KIND
Die organe en weefsel van 'n ongebore kind ontwikkel nie goed nie omdat suurstof nie deur die bloed van 'n ma wat rook en haar ongebore kind vloei nie.
Babas van ma's wat rook is kleiner as die babas van ma's wat nie rook nie.
Lae-geboortegewigbabas het 'n groter kans om met geboorte te sterf.
Tekens van tabakrook is in pasgebore babas opgespoor.
Babas van ma's wat rook raak meer dikwels siek. Hulle ontwikkel stadiger as babas van ma's wat nie rook nie. Hulle mag ook nie goed vaar op skool in die vroeë jare nie.
SWANGERSKAP EN ROOK
As 'n swanger vrou rook is daar 'n groter gevaar van:
miskrame kraam wat voortydig begin bloeding by die ma verminderde borsmelk
BESKERM JOU KIND TEEN TABAKROOK
Die gifstowwe in sigarette kan deur die borsmelk van die ma wat rook na haar baba vloei.
Babas van ma's wat rook tydens swangerskap sukkel ook meer met hoes, verkoues, brongitis en longontsteking as ander babas.
Kinders wie se ouers rook kry meer ernstige borssiektes soos brongitis, asma en longontsteking as kinders wie se ouers nie rook nie.
Kinders van ouers wat rook asem dieselfde hoeveelheid nikotien in as wat hulle sou as hulle self die sigaret gerook het.
Moenie jou kind in die rookafdeling van 'n restaurant inneem nie.
Talle studies toon dat kinders meer geneig is om te rook as een of beide ouers rook.
Ouers wat rook moet bewus wees van die gevare van tabak en moet alles in hulle vermoë doen om hulle kinders aan te moedig om nie te begin rook nie. Kinders moet inligting gegee word oor tabak en die bemarkingstegnieke van die tabakbedryf. Lig hulle in oor die onmiddellike en langtermyn uitwerking van tabakgebruik op die gesondheid en hoe verslawend die produk is.
Kinders gebruik dikwels vroue as hulle rolmodelle. Ma's beïnvloed veral rookgedrag. Niemand behoort in 'n huis, motor, taxi, trein of bus te rook wanneer kinders by is nie.
n Vrou wat nege maande lank kan ophou rook om haar ongebore kind te beskerm kan lewenslank ophou rook om haarself te beskerm!
MAAK REG OM OP TE HOU
Hoekom wil jy ophou rook? Skryf die redes neer.
Wanneer raak jy lus vir 'n sigaret? Maak 'n lys van die situasies en verander dan die gewone tye en plekke. (As jy byvoorbeeld na 'n ete rook, staan onmiddellik van die tafel af op nadat jy klaar geëet het.)
Vertel jou familie en vriende dat jy ophou sodat hulle nie vir jou sigarette aanbied nie.
Moenie iemand vra om jou 'n sigaret te leen nie.
Kry iemand wat ook wil ophou sodat julle mekaar kan steun.
HOU NOU OP!
Hou skielik op. Frommel eenvoudig die sigarette op.
Maak die aantal sigarette elke dag minder totdat jy opgehou het.
Stel die eerste sigaret van die dag twee ure lank uit, dan al hoe langer en langer, totdat jy jou eerste sigaret in die aand rook. Hou die volgende dag op.
Doen iets anders in plaas van rook.
Hou jou hande besig deur met 'n sleutelring of 'n pen of iets te speel.
Spaar die geld wat jy op sigarette sou bestee het en koop vir jouself 'n beloning omdat jy die stryd teen tabak gewen het.
DIE KAAPSTADSE GEEN-TABAKFORUM TAAKGROEP bestaan uit
Departement van Gesondheid (Wes-Kaap)
Kankervereniging
Hartstigting
Gesondheidsbevordering
INHOUD
Volgende Afdeling
INHOUD: Weg met Stompies!
Weg met Stompies! Rook en Swangerskap
Weg met stompies! Gesondsheidslui en Tabakbeheer
Weg met Stompies! Passiewe Rook
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 22 Mei 2006 hersien
Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
