






TUISBLAD|JOU LEWE|ONDERWERPE|PUBLIKASIES |GIDSE |JOU REGERING|TENDERS|WERKGELEENTHEDE





English
|
isiXhosa
|
Aangaande
|
Kontak
|
Hulp
|
Gevorderde Soektog  |



 





Tuisblad > Publikasies > Openbare Inligting > T > Toelaes, Voordele en Vergoeding: 'n Oorsig &gt Maatskaplike Dienste-toelaes

Maatskaplike Dienste-toelaes



Maatskaplike Dienste het drie soorte toelaes vir mense wat kinders versorg:
* Kindersorgtoelae
* Sorgafhanklikheidtoelae
* Pleegkindtoelae.


Jy kan 'n kindersorgtoelae vir elke kind onder elf kry, mits jy die kind se primre versorger is. 'n Primre versorger kan 'n ouer, 'n grootouer of enigeen wees wat hoofsaaklik verantwoordelik is vir die versorging van die kind. Hulle hoef nie familie van die kind te wees nie.

Jy kan 'n sorgafhanklikheidtoelae kry vir elke kind onder 18 wat weens 'n fisiese of geestelike gestremdheid voltydse sorg nodig het, mits jy die kind se ouer of voog is. Beide die toelaes hang af van hoe behoeftig jy is.

Jy kan 'n pleegsorgtoelae kry as jy wetlik deur 'n hof as 'n pleegouer aangestel is. Of jy die toelae kry sal afhang van hoe behoeftig die kind is, NIE hoe arm jy is nie.

Jy kan nie 'n kindersorgtoelae EN 'n sorgafhanklikheidtoelae kry nie. As jou kind met 'n gestremdheid leef, moet jy vir die sorgafhanklikheidtoelae aansoek doen, omdat dit meer as die kindersorgtoelae werd is. Maar jy KAN 'n pleegsorgtoelae en 'n sorgafhanklikheidtoelae kry as jy vir beide kwalfiseer.

Vir volwassenes het Maatskaplike Dienste die volgende toelaesVir volwassenes het Maatskaplike Dienste die volgende toelaes<

* Ouderdomstoelae
* Ongeskiktheidtoelae
* Oorlogveteranetoelaag.

Die ouderdomstoelae is vir vroue bo 60 en mans bo 65. Die ongeskiktheidtoelae is vir volwassenes bo 18 wat weens hulle ongeskiktheid nie kan werk nie. As jy weens 'n ongeluk by die werk met 'n gestremdheid leef, kan jy moontlik vergoeding van die Arbeidsbeserings Vergoedingsfonds kry . As jy weens 'n motorongeluk gestremd is, kan jy dalk vergoeding van die Padongelukkefondskry.

Die oorlogveteranetoelaag is vir volwassenes bo 60 of enigeen wat weens 'n ongeskikheid nie kan werk nie, en wat in die Eerste of Tweede Wreldoorlog of die Koraanse Oorlog gedien het. Jy kan nie twee van di volwasse toelaes kry nie. As jy 'n oorlogveteraan is, moet jy vir die oorlogveteranetoelaag aansoek doen, omdat dit effens meer werd is as die ander twee toelaes, wat dieselfde bedrag is.

Maatskaplike Dienste kan tydelike hulp in krisisomstandighede gee met 'n geldelike toekenning wat "maatskaplike verligting van nood" genoem word. Dit is vir mense wat weens 'n tydelike krisis nie die basiese sorg vir hulle gesinne kan gee nie.


INHOUD | < Vorige Afdeling | Volgende Afdeling >


INHOUD: Toelaes, Voordele en Vergoeding: 'n Oorsig

* Toelaes, Voordele en Vergoeding: 'n Oorsig
* Maatskaplike Dienste-toelaes
* Werkloosheid Versekeringfonds-voordele
* Arbeidbeserings Vergoedingsfonds (voorheen Werkersvergoeding)
* Padongelukkefonds (voorheen die Multilaterale Motorvoertuig Ongelukkefonds)





This content also available in English | Le nkcazelo iyafumaneka nangesi Xhosa

VERWANTE INLIGTING

* Cape Gateway: Maklike Toegang tot Regeringsinligting en -dienste (Diens)
* Child Grants 2004 (Openbare Inligting) (File type: pdf; size: 381 KB) (net in Engels beskikbaar)



Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 1 Februarie 2005 hersien



Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.



| VRAE? Vra vir ons: questions@capegateway.gov.za



Gebruiksvoorwaardes | Privaatheidsbeleid | Kopiereg







Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering





