TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Publikasies
Openbare Inligting
Hoe, Wat, Wanneer, Waar ...
Wat Bied die NSGHS Aan?
Die middele om tersiêre opleiding te kry.
Lenings teen lae rentekoerse.
Lenings sonder waarborge.
n Redelike terugbetalingsplan.
Wat is 'n Lening?
n Lening is geld wat jy leen om jou tersiêre studies te dek.
Hierdie Lening moet terugbetaal word.
Wat is 'n Beurs?
n Beurs is die deel van die toekenning wat nie terugbetaal hoef te word nie.
Die grootte van die beurs hang van jou akademiese sukses af.
Wie Kom in Aanmerking vir 'n NSGHS-lening?
Om vir 'n lening te kwalifiseer moet jy:
n Suid-Afrikaanse burger wees by 'n Suid-Afrikaanse universiteit of technikon geregistreer wees n voorgraadse student wees, wat vir 'n eerste tersiêre onderwyskwalifikasie studeer, of vir 'n tweede tersiêre kwalifikasie studeer, as dit nodig is om jou beroep te kan beoefen (byvoorbeeld LLB of HOD)
in staat wees om die potensiaal vir akademiese sukses te bewys geldelik behoeftig wees.
Hoeveel Geld kry jy?
Die maksimum bedrag wat in 2004 toegeken is, was R25 000 en die minimum was R2 000.
Wat is die Rol van die Universiteit en Technikon se Geldelike Hulpburos?
Gee raad oor lenings.
Help met leningsaansoeke.
Verduidelik hoe jy die geld in die hande kry en hoe jy dit moet terugbetaal.
Beoordeel jou vermoë om te slaag in die rigting wat jy gekies het.
Pas 'n middeletoets toe wat bepaal of jy werklik onder die geldelik behoeftiges is.
Waar doen jy Aansoek om 'n Lening?
By die Geldelike Hulpburo van die universiteit of technikon waar jy studeer of beplan om te studeer.
Hoe word die Beursdeel van jou Lening Bereken?
Tot 40% van die toekenning kan in 'n beurs omskep word, afhangende van jou uitslae aan die einde van die jaar.
As jy al die vakke waarvoor jy ingeskryf het slaag, kwalifiseer jy vir 'n 40% beurs.
As jy driekwart van die vakke slaag, kwalifiseer jy vir 'n 30% beurs.
As jy die helfte van die vakke slaag, kwalifiseer jy vir 'n 20% beurs.
As jy 'n kwart van die vakke slaag, kwalifiseer jy vir 'n 10% beurs.
As jy geen vakke slaag nie, kwalifiseer jy vir geen beurs nie.
Wat Gebeur as jy Geld in jou Rekening Oor Het?
Jy kan nie meer geld van die NSGHS kry as wat jy nodig het nie.
As daar aan die einde van die jaar leningsgeld in jou rekening oor is, (as jy byvoorbeeld 'n beurs of 'n merietetoekenning gekry het nadat die NSGHS-lening toegestaan is) moet die Geldelike Hulpburo die geld aan die NSGHS terugbetaal. Dit sal tel as jou eerste leningsterugbetaling.
Geld wat in jou rekening oor is, word nooit aan jou uitbetaal nie. Dit is verder ook in jou belang om seker te maak dat die geld aan die NSGHS terugbetaal word, om te sorg dat rente nie daarop betaal word nie.
Wat van Rente?
Rente op NSGHS-toekennings sal vir 2004 op 7% bereken word van 1 April 2004 af.
Wat is Rente en Hoekom Eis die NSGHS dit?
Rente is die koste van die leen van geld. Daar is 'n waarde aan geld, soos aan enige ander kommoditeit. As jy geld in 'n bankrekening inbetaal, verdien jy rente - met ander woorde, die bank betaal jou omdat hulle jou geld kan gebruik terwyl dit by hulle inbetaal is. Wanneer jy jou geld terugneem, verdien jy nie meer rente nie. As jy geld by die bank leen, moet jy die bank betaal vir die gebruik van hulle geld.
In vorige jare het handelsbanke tot soveel as 23% rente op studentelenings geëis. As jy een van die lenings ontvang het, sou daar van jou vereis gewees het om die lening binne 'n spesifieke tydperk terug te betaal, of jy werk gehad het of nie. In teenstelling daarmee stem die NSGHS se rentekoers ooreen met die inflasiekoers (wat in die laat 1990's gemiddeld 9% was) plus 2%. Dié 2% help om die leningskema aan die gang te hou. Dit dra by tot die administrasiekoste en die tekort wat veroorsaak word deur sterftes en langtermyn nie-terugbetaling weens werkloosheid.
Wat is Inflasie?
Geld verloor elke jaar waarde en jy kan minder daarmee koop.
Die afname in die waarde van geld van een jaar na die volgende word inflasie genoem.
n Voorbeeld van hoe inflasie jou studies raak, is elke jaar se toename in gelde.
Om die NSGHS in staat te stel om in die toekoms studente by te staan, moet die NSGHS probeer seker maak dat die waarde van hulle geld behou word. Dit is hoekom die rentekoers aan die inflasiekoers gekoppel word.
Die NSGHS se rentekoers is laag omdat dit gesubsidieer word deur skenkings deur die regering, private maatskappye en oorsese skenkers.
INHOUD
Vorige Afdeling
Volgende Afdeling
INHOUD: Studentegids oor Finansiering - NSGHS
Inleiding
Hoe, Wat, Wanneer, Waar ...
Die Terugbetaling van die Lening
Dinge wat jy oor die NSGHS Moet Weet
Meer Inligting
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 9 Februarie 2005 hersien
Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
