TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Publikasies
Openbare Inligting
Inleiding
Studente wat hulle eie studies moet finansier het beperkte keuses, soos private lenings van banke, deeltydse indiensneming, bystand van familielede en, vir die paar gelukkiges, beurse.
Vir dié wat akademies verdienstelik en geldelik behoeftig is, is daar nog 'n opsie: Die NSGHS (Nasionale Studente Geldelike Hulpskema) bied 'n unieke geleentheid om 'n lening te kry, waarvan 'n deel in 'n beurs omskep kan word.
Die skema hanteer ook 'n aantal lenings of beursskemas namens ander organisasies en liggame, soos die Departement van Arbeid. Kry meer inligting oor die opsies by die Finansiële Hulpburo van die universiteit of technikon waar jy beplan om te studeer of waar jy jou laat inskryf het.
Die Nasionale Studente Geldelike Hulpskema (NSGHS) is 'n lenings- en beursskema kragtens Wet 56 van 1999 en word gefinansier deur die Nasionale Departement van Onderwys.
TOFSA, wat in 1991 gestig is, het die Nasionale Studente Geldelike Hulpskema van die stigting daarvan in 1996 bestuur en administreer. Wet 56 van 1999 het TOFSA in Julie 2000 omskep in 'n statutêre liggaam, genaamd die NSGHS.
INHOUD
Volgende Afdeling
INHOUD: Studentegids oor Finansiering - NSGHS
Inleiding
Hoe, Wat, Wanneer, Waar ...
Die Terugbetaling van die Lening
Dinge wat jy oor die NSGHS Moet Weet
Meer Inligting
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 9 Februarie 2005 hersien
Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
