TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Publikasies
Openbare Inligting
S 
Servikale Kanker-inligtingstuk vir Gesondheidsorgwerkers
Servikale Kanker-inligtingstuk vir Gesondheidsorgwerkers
Gesondheidsprogramme (Provinsiale Departement van Gesondheid, Wes-Kaapse Provinsiale Regering)
OUTEUR: Reproduktiewe Gesondheid Sub-direktoraat
OPSOMMING
n Inligtingstuk vir gesondheidswerkers oor die aard van servikale kanker, die voorkomssyfer, die ouderdomsgroep van vroue wat die grootste gevaar loop en wat daaromtrent gedoen kan word.
FEITE OOR SERVIKALE KANKER
Kanker van die serviks is die algemeenste kanker onder Suid-Afrikaanse vroue.
Een uit 41 vroue in Suid-Afrika sal dié kanker in haar leeftyd ontwikkel.
Servikale kanker is voorkombaar deur servikale smere, wat abnormaliteite kan opspoor wat infiltrerende karsinoom voorafgaan, wat bekend staan as plaveisel intra-epiteelletsel (PIL) en voorheen servikale intra-epiteelletsel (SIL) genoem is.
Bevolkingbaseerde siftingsprogramme in ander dele van die wêreld het getoon dat dit die aantal nuwe gevalle van servikale kanker verminder, selfs al was die programme nie heeltemal perfek nie.
Jonger vroue toon dikwels laegraad-PIL. Die meeste van die abnormaliteite keer vanself na normaal terug. Ouer vroue met abnormaliteite is egter meer geneig om kanker te ontwikkel.
Dit neem ongeveer 10 tot 20 jaar vir voorlopers om infiltrerende karsinoom te word.
Die aanbevelings van die nasionale kankersiftingsprogram, wat as amptelike Suid-Afrikaanse gesondheidsbeleid aanvaar is, is dat:
Vroue wat 30 of ouer is drie gratis servikale smere behoort te kry. Dit behoort omtrent elke tien jaar gedoen te word. Daar is getoon dat sifting soos hierbo sterftes weens servikale kanker met 67% verlaag en word beskou as die mees koste-doeltreffende opsie vir Suid-Afrika.
As 'n vrou spesifieke simptome of 'n vorige abnormale smeer het of daar kliniese aanduidings is, mag sy gratis servikale smere bykomend tot die drie hê.
As 'n vrou meer as drie roetine-siftingsmere wil hê, moet sy self vir die bykomende smere betaal.
As 'n vrou 55 of meer is wanneer sy haar eerste smeer ondergaan, en daardie smeer is normaal, behoort geen meer smere op haar gedoen te word nie.
HOE GAAN ONS DIE PROGRAM IN WERKING STEL?
Opvoeding van gesondheidspersoneel oor die belangrikheid van servikale sifting,
Opleiding van gesondheidspersoneel in die neem van smere,
Seker te maak dat die nodige toerusting beskikbaar is
Seker te maak dat 'n goeie geskiedenis gehou word oor die gehalte en uitkoms van smere, waaronder 'n kliëntherroepingstelsel, en
Opvolg en verwysing van kliënte.
Opvoeding van die gemeenskap oor die belangrikheid van servikale sifting.
NAVRAE:
Tel: 021 483 2684
Faks: 021 483 4345
VERWANTE INLIGTING
Toetsing vir Servikale Kanker (Diens)
Beskerm jou Gesondheid (Openbare Inligting)
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 19 Januarie 2006 hersien
Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
