TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Publikasies
Openbare Inligting
Een manier om jou veiligheid op die pad te verseker is om seker te maak dat jy nie 'n aggressiewe bestuurder is nie. Aggressiewe bestuur kan ongelukke veroorsaak en kan ook uitloop op voorvalle van padwoede.
WAT IS AGGRESSIEWE BESTUUR?
Aggressiewe bestuur kom dikwels voor by bestuurders wat hulle woede, wrewel en frustrasies agter die stuurwiel uithaal. Dié houding kan lei tot botsings en nare konfrontasies. Baie gevalle van aggressiewe optrede het te doen met bestuurders wat jou afsny, onveilig van baan verander, te vinnig ry, ander voertuie te naby volg, rooi verkeersligte ignoreer en verkeerstekens en -seine verontagsaam. Voeg daarby 'n kwaai getoetery, 'n woedende geskree en onbeskofte vingertekens en jy sit met 'n gevaarlike kombinasie. Al dié bestuurpatrone kan tot padwoede lei, of die tipe deurpad-dolheid wat veroorsaak dat bestuurders mekaar fisies aanrand of hulle voertuie gebruik om ander bestuurders te stamp en hulle soms van die pad af te dwing.
HOE OM AGGRESSIEWE BESTUUR TE VERMY
Vergeet van bekommernisse by die werk of tuis en konsentreer op die pad. (Wees eerder laat en kom veilig aan.)
Beplan jou reis vooraf om angstigheid en stres te verminder.
Kweek 'n positiewe houding aan.
Luister na musiek. Dit kan stres laat afneem.
Moenie ander bestuurders se houdings probeer verander nie: jy kan nie, jy kan net iets aan jou eie doen.
Wees hoflik en bly kalm as jy uitgelok word.
Bestuur met jou kardeure gesluit en moenie die veiligheid van jou voertuig verlaat as jy probleme opmerk nie.
Tel van 1 tot 10 as jy kwaad begin word (dis ou raad en dit werk!)
Moenie reageer deur jou toeter te blaas, jou ligte te flikker of gebare te maak nie, dit sal net die situasie vererger.
As jy 'n slagoffer van aggressie is, teken die motor se registrasienommer aan en meld die voorval by die polisie aan.
Bestuur altyd hoflik: laat genoeg ruimte wanneer jy by verkeer aansluit, gebruik altyd jou wysers, hou 'n afstand van twee sekondes tussen jou voertuig en die een voor jou en moenie jou toeter onnodig gebruik nie.
Meer inligting oor padwoede is beskikbaar op die Kom Veilig Aan-webwerf.

INHOUD
Vorige Afdeling
Volgende Afdeling
INHOUD: Padveiligheidfeite
Spoed
Dronkbestuur
Nagbestuur
Lomerigheid
VERWANTE INLIGTING
Kapingsbewustheidsgids (Openbare Inligting)
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 8 Desember 2005 hersien
Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering