TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Publikasies
Openbare Inligting
Nagbestuur
Nagbestuur is moeiliker en gevaarliker as dagbestuur omdat jou dieptepersepsie, kleurherkenning en randsig na sonsondergang afneem. Ouer mense het veral probleme met nagbestuur.
Om te help verseker dat jy snags veilig bestuur:
Maak seker dat jou ligte almal werk en skoon is (kopligte, agterligte en seinligte). Maak ook seker dat jou vensters skoon is.
Maak seker dat jou kopligte reg met verhouding tot die pad gestel is - swak gestelde kopligte kan ander bestuurders verblind en jou vermoë beperk om die pad te kan sien.
Moenie drink en bestuur nie! Afgesien daarvan dat dit jou vermoëns beperk, maak alkohol jou ook lomerig.
Moenie rook terwyl jy bestuur nie - nikotien en koolstofmonokside belemmer nagsig.
Skakel jou kopligte aan wanneer dit skemer begin raak - dit maak dit makliker vir ander mense om jou te sien.
Verminder jou spoed en vergroot jou volgafstand
Bestuur só dat jy kan stop binne die gebied wat deur jou kopligte verlig word.
Hou jou kopligte gedomp wanneer daar ander voertuie voor jou is of aankom.
Moenie toelaat dat jy deur ander mense se helder ligte verblind word nie - hou eerder die kant van die pad dop en kyk af en toe vorentoe om seker te maak waar die aankomende voertuig is.
Hou gereeld stil en rek jou bene. As jy moeg word, hou stil en rus.
As jy in die nag karprobleme ondervind, trek so ver as moontlik van die pad af en skakel jou noodligte aan.
Hou by nagbestuursveiligheidreëls sodra die son ondergaan. Skemer is een van die moeilikste tye om te bestuur, omdat jou oë die hele tyd verander om by die toenemende donkerte aan te pas.
INHOUD
Vorige Afdeling
Volgende Afdeling
INHOUD: Padveiligheidfeite
Spoed
Dronkbestuur
Nagbestuur
Lomerigheid
VERWANTE INLIGTING
Kapingsbewustheidsgids (Openbare Inligting)
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 8 Desember 2005 hersien
Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
