TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Publikasies
Openbare Inligting
Spoed
Oormatige spoed word as 'n faktor beskou in byna een-derde van alle noodlottige ongelukke. Dit is daarom noodsaaklik dat bestuurders by spoedperke moet hou.
WAT IS DIE SPOEDPERKE IN SUID-AFRIKA?
Algemene spoedperke is soos volg:
km/h op 'n openbare pad in 'n beboude gebied km/h op 'n openbare pad buite 'n beboude gebied wat nie 'n deurpad is nie; en km/h op alle deurpaaie.
Sekere tipes voertuie moet hou by spoedperke wat laer is as die algemene perke, byvoorbeeld:
Vragvoertuie met 'n BVM van meer as 9t moet teen minder as 80 km/h ry.
Sekere trekkers en sleepwaens of kombinasievoertuie mag ook nie spoedperke van 35 km/h en 15 km/h, gegrond op hulle remvermoë, oorskry nie.
Sekere voertuie (minibusse, busse en vragvoertuie) moet hou by die spoedperke wat op bande van toepassing is.
Padverkeerstekens kan ook spoedperke bepaal wat laer of hoër as die algemene spoedperke is.
HOEKOM IS DIT GEVAARLIK OM TE VINNIG TE RY?
Oormatige spoed is gevaarlik want:
Hoe vinniger jy ry, hoe harder sal jy enige hindernisse tref (ander voertuie, voetgangers, ens).
Die doeltreffendheid van veiligheidstoerusting soos lugsakke en sitplekgordels word teen 'n hoë spoed erg benadeel.
Dit is moeiliker om 'n ongeluk te vermy as jy teen 'n hoë spoed bestuur.
n Hoë spoed plaas 'n groter stremming op bande en remme wat die risiko verhoog dat hulle kan ingee. Dit verhoog weer die gevaar van 'n ongeluk.
Dit is moeiliker om teen 'n hoë spoed te bestuur. Die bestuurder het 'n kleiner sigveld en beperkte randsig.
Jy kan meer inligting oor spoed kry op die Kom Veilig Aan-webwerf.
INHOUD
Volgende Afdeling
INHOUD: Padveiligheidfeite
Spoed
Dronkbestuur
Nagbestuur
Lomerigheid
VERWANTE INLIGTING
Kapingsbewustheidsgids (Openbare Inligting)
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 8 Desember 2005 hersien
Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
