TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Publikasies
Openbare Inligting
Plekke in die Wes-Kaap ter Nagedagtenis aan die Slawe 
Klein Karoo
Klein Karoo
Hierdie gebied is die vrugbare vallei wat deur die Swartberge, Langeberge en Outeniekwaberge omring word. Europese setlaars wat die streek van die laat 17de eeu af verken het, het Koisan- bewoners daar aangetref. Die halfdroë landskap is in 'n produktiewe boerderydistrik omskep. Die omgewing spog met die aanskoulikste rotsformasies en passe. Zoar, Amalienstein en Dysselsdorp is welbekende sendingstasies van die omgewing.
Kliek hier vir 'n kaart van die Klein Karoo.
Nie ver van die Hoeko afdraaipad af nie, omtrent 21 km van Ladismith af Die Zoar nedersetting is in 1817 deur Petrus Johannes Joubert, 'n sendeling van die Suid-Afrikaanse Sendinggenootskap, gevestig. Hy het die sendingstasie die Bybelse naam "Zoar" gegee. Toe Joubert in 1833 weg is, het die Suid-Afrikaanse Sendinggenootskap dit moeilik gevind om hom te vervang en het hulle die hulp gevra van die Berlynse Sendingvereniging, wat die aangrensende grond gekoop en hulle eie stasie gestig het. Hulle het dit "Amalienstein" genoem, na die weldoenster van die plek, Frau Amalie von Stein. 'n Kerk 1853, skool en huise is hier opgerig. Zoar is van 1837 af bestuur deur Reinhold Gregorowski van die Berlynse Sendingvereniging. In 1838 het Zoar beskik oor 'n kerk en 'n huttedorp wat deur 300 tot 400 Khoekhoen-mense bewoon is. Die inwoners het onderrig in boerderymetodes en religieuse sake, en ook 'n algemene opvoeding ontvang. Na emansipasie het slawe hulle by die sendingstasies gevestig.
Tel: 028 561 1000
INHOUD
Vorige Afdeling
Volgende Afdeling
INHOUD: Plekke in die Wes-Kaap ter Nagedagtenis aan die Slawe
Inleiding en Inhoudsopgawe
Enkele Belangrike Datums in verband met Slawerny aan die Kaap
Wynland
Klein Karoo
Weskus
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 30 November 2005 hersien
Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
