TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Publikasies
Openbare Inligting
Plekke in die Wes-Kaap ter Nagedagtenis aan die Slawe 
Breëriviervallei
Vind meer uit oor dié interessante plekke :
Slawehuis
Rynse Skool (h.v. Adderley- en Hoogstraat) Die sendeling Ter Linden het op 18 Januarie 1834 die eerste skool vir slawekinders hier begin. Vandag is hierdie perseel deel van 'n kafee.
Slawehuis (R60, langs die Kleinplasie Landboukundige Museum) Hierdie grond, wat oorspronklik deel van die Roodewal-plaas was, behoort nou aan die Landbouvereniging. Die slawehuis is vandag 'n kroeg langs die ou plaasopstal
Houdenbek 'n Slawe-opstand het in 1825 op die plaas Houdenbek in die Koue Bokkeveld, Ceres distrik, plaasgevind. Die opstand is gelei deur Galant van die Kaap, 'n slaaf van W.N. van der Merwe, en Khoekhoen-arbeiders, wat vier mense gedood en oeste vernietig het en daarna gevlug het. Hulle is gevang, aan hoogverraad, moord en gewapende roof skuldig bevind, en in 1826 gevonnis en tereggestel. Nie oop vir die publiek nie.
Ook bekend as die Land van Waveren, of Roodezand. Soos by baie ander dorpe het slawe 'n belangrike rol in die geskiedenis van Tulbagh gespeel. Slawe het in 1765 die tweede pastorie vir die gemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in die Land van Waveren gebou. Die boere Jan Theron, Pieter Theron, Isaac van der Merwe en Schalk van der Merwe is vergoed vir skape, meel, wyn, ertjies en boontjies wat hulle aan die slawe voorsien het terwyl hulle aan die gebou gewerk het. Jacobus Theron se slawe het as rietsnyers en klipkappers gewerk en die slawe van Jacobus du Toit het brandhout vir gebruik by die steenmakery voorsien. Slawe het ook vir die predikant 'n wynkelder en 'n meul gebou. Die dominee het baie probleme ondervind met die plaaslike mense wat die meul wou gebruik; gevolglik het die kerkraad besluit dat mense wat hulle koring daar wou laat maal, 'n slaaf moes voorsien om die werk te doen, en dat hulle agt stuiwers aan die kerk moes betaal. Dominee Michiel Christiaan Vos het op 4 Mei 1794 sy intreepreek in die Roodezand gemeente gelewer en het groot kommer gewek met sy aankondiging dat hy sy evangelisasiewerk na werkers en slawe wou uitbrei. Die gemeente se reaksie was dat "?.hulle reeds min met hulle slawe kon regkry - wat sou gebeur as hulle nou onderrig sou ontvang?".
Kerkstraat 26 en Oefeningshuis Die huis is in 1796 gebou en in 1809 aan die sendeling Cornelis Kramer verkoop. Die behoefte het by die Roodezand Sendinggenootskap ontstaan om 'n voltydse onderwyser vir die werk onder die slawe en Khoekhoen aan te stel. Hulle het die eiendom van Kramer gekoop en met die aanstelling van dominee Vos het hy agter die huis met die "oefeningshuis" begin. Met die emansipasie van die slawe het die aantal leerders dramaties toegeneem, en dit het die werk van die Sendinggenootskap beïnvloed. Gustav Adolph Zahn was die eerste Rynse sendeling in Tulbagh om Vos met sy onderrigpligte te help. Hulle het ook geld vir 'n sendingkerk ingesamel, wat op 2 April 1845 ingewy is. Dit kan in Van der Stelstraat gesien word, maar is nie oop vir die publiek nie.
Kerkstraat 40 Hierdie huis het behoort aan Machtelt Smit, die kleindogter van 'n Duitse huursoldaat en 'n vrygestelde slavin. Die Roodezand Sendinggenootskap is in Oktober 1799 hier gevestig. Vandag is dit 'n kroeg wat oop is vir die publiek.
Steinthal (R44, R46, 5 km buite Tulbagh) In 1843 het Zahn aan die oostekant van Tulbagh grond gekoop wat as 'n verdere toevlugsoord vir vrygestelde slawe kon dien, waar hulle 'n huis kon bou en groentetuine kon aanplant. 'n Klein skoolgebou is vir die kleiner kinders opgerig. Hierdie nedersetting was bekend as Steinthal en is deur die Rynse Sendingvereniging oorgeneem. Weens die hoë standaard van onderrig wat hier aangebied is, het wit kinders ook die klasse bygewoon. Die tabel hieronder gee 'n uiteensetting van die leerlinge in 1855. Vandag is dit deel van die Steinthal Kinderhuis. Die skoolgebou is 'n erfenisterrein en dien as 'n nuttige biblioteek en hulpbronsentrum. Daar word aanvaar dat daar slawegrafte in die begraafplaas is.
Tel: 023 2301031
Vrygestelde slawe
Totaal
INHOUD
Vorige Afdeling
Volgende Afdeling
INHOUD: Plekke in die Wes-Kaap ter Nagedagtenis aan die Slawe
Inleiding en Inhoudsopgawe
Enkele Belangrike Datums in verband met Slawerny aan die Kaap
Wynland
Klein Karoo
Weskus
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 30 November 2005 hersien
Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
