TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Publikasies
Openbare Inligting
Plekke in die Wes-Kaap ter Nagedagtenis aan die Slawe 
Die Tuinroete
Slawerny is in die 18de en vroeë 19de eeu algemeen in die Suid-Kaap bedryf. Die VOC-buiteposte, waarvan Outeniekwaland en Plettenbergbaai deel was, asook die plase van die setlaars het almal 'n slawegeskiedenis. Baie kleiner en groter dorpe wat as sendingstasies begin het, het 'n boeiende geskiedenis waarby slawe en vrygestelde slawe betrokke was.
Caledon Plein, later Victoria Plein (Courtenaystraat) Dit was oorspronklik as die mark bekend, maar Victoriaplein is nou 'n Tuin van Herinnering. Dit was aan die noordekant deur die Drostdy begrens, en aan die oostekant deur die tronk. Slawe is tot in 1834 hier opgeveil.
Vind meer uit oor dié interessante plekke:
Caledon Plein, later Victoria Plein
Kliek hier vir 'n kaart van Die Tuinroete.
Tel: 044 874 2036
Pacaltsdorp (R102) Dit is 'n klein sendingstasie 'n paar kilometer suid van George wat in 1812 deur die Londense Sendinggenootskap gestig is. Dit was eers as Hoogekraal bekend, maar is hernoem na sy eerste predikant, dominee Charles Pacalt. Hy het 'n gemeente van omtrent 300 Khoekhoen, slawe en vrye arbeiders opgebou. Die kerk, wat in 1825 met die hulp van Khoekhoen-arbeiders gebou is uit klip wat uit die nabygeleë Outeniekwaberge gekap is, troon oor die dorp. Slawe het hulle na die emansipasie hier gevestig.
Watsondorp (N12, Preto, oos van Blanco) Die eienares van hierdie plaas, ene mev. Bergh, het 30 erwe aan voormalige slawe beskikbaar gestel. Die grond is nooit formeel aan die slawe of hulle nakomelinge oorgedra nie. 'n Skool en 'n kerk is later hier opgerig om die gemeenskap te dien.
INHOUD
Vorige Afdeling
Volgende Afdeling
INHOUD: Plekke in die Wes-Kaap ter Nagedagtenis aan die Slawe
Inleiding en Inhoudsopgawe
Enkele Belangrike Datums in verband met Slawerny aan die Kaap
Wynland
Klein Karoo
Weskus
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 30 November 2005 hersien
Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
