






TUISBLAD|JOU LEWE|ONDERWERPE|PUBLIKASIES |GIDSE |JOU REGERING|TENDERS|WERKGELEENTHEDE





English
|
isiXhosa
|
Aangaande
|
Kontak
|
Hulp
|
Gevorderde Soektog  |



 





Tuisblad > Publikasies > Openbare Inligting > P > Plekke in die Wes-Kaap ter Nagedagtenis aan die Slawe &gt Overberg

Overberg





Die naam beteken "oor die berge" - die Hottentots-Holland-berge. Die gebied is deur VOC-handelaars en -ontdekkers verken en kort daarna is grond aan boere gegee om hulle daar te vestig. Met 'n oorvloed aan beskikbare grond aan die grens wou geen vrye mens vir iemand anders werk nie. Die vinnige uitbreiding van die kolonie het meegebring dat slawe ook na die nuwe gebiede gebring is. Ouer manlike slawe is na die leenplase (waar ekstensiewe boerdery toegepas is) in die grensstreke versprei, waar hulle as veewagters gewerk het. Slaweveilings is op Caledon en Swellendam gehou. Hierdie gebied was al van die dae van die Khoekhoen-herders af 'n veeboerderystreek. Baie van die sendingstasies wat in die streek gevestig is, bestaan vandag nog, byvoorbeeld Genadendal, Elim, Herbertsdale, Slangrivier, Suurbraak, Middleton en Teslaarsdal.





Vind meer uit oor di interessante plekke:



Hangklip



Warmbronne by Caledon Casino, Hotel en Spa



Teslaarsdal



Genadendal



Middleton



Elim



Napier



Struisbaai



Swellendam



Die Drostdy



Oefeningshuis



Suurbraak



Kliek hier vir 'n kaart van die Overberg.




Hangklip Hangklip (R44, Valsbaaikus) Wegloperslawe van Kaapstad het op Tafelberg weggekruip en slawe van Stellenbosch het na Kaapstad gevlug, of 'n groep ontsnaptes probeer bereik wat baie jare land by Kaap Hangklip oorleef het. In 1709 het 'n slaaf, Jacob Smith, 'n grootskaalse drostery vanuit die Stellenbosch distrik georganiseer. Vyf-en-veertig slawe het ontsnap en so ver as Swellendam gekom, waar hulle weer gevange geneem is of vrywillig na hulle eienaars teruggekeer het. 'n Placaat van 1714 het verklaar dat enige slaaf wat hom na drie dae of langer op vrye voet teen gevangeneming verset het, deur 'n kolonis op sig geskiet kon word. In 1715 het die Landdrost en Heemraden van Stellenbosch probeer om toestemming te kry om die Achilles-sening van weglopers te mag afsny.

Warmbronne by Caledon Casino, Hotel en Spa (N2) Die Khoekhoen het die warmbronne "dispore kamma" genoem, wat "warm water" beteken. In 1704 is grond rondom die bronne aan Ferdinand Appel toegeken op voorwaarde dat hy swemgeriewe vir mense voorsien. Slawe het hier gewerk en gerus, met gebruik van hulle eie geriewe.
Tel: 028 214 5100






Elim klok



Hangklip grot



Warmbronne by Caledon





Teslaarsdal






Middleton




Teslaarsdal (R326) Johannes Jacobus Tesselaar was 'n ryk grondeienaar in die Overberg. Hy het in 1797 'n boedel van vyf plase, 14 manlike slawe, vier slavinne, 125 perde, 60 beeste en 500 skape nagelaat. Tesselaar het die plaas Hartebeesrivier aan party van sy slawe nagelaat. Regstreekse afstammelinge besit vandag nog dele van die plaas en die nedersetting genaamd Teslaarsdal het op hierdie plaas ontwikkel. Oorblyfsels uit di tydperk is nog sigbaar en in die begraafplaas is grafte van onder andere die nakomelinge Coert, Gertse, Huizenberg en Bredenkamp. Genealogiese navorsing is deur die Caledon Museum gedoen.
Tel: 028 212 2530 (Jeffry Arizon)


Middleton (N2) Die Middleton gemeenskap is in 1850 gevestig met die toekenning van grond (glebe land - pastoriegrond) deur die Anglikaanse Kerk aan sy lidmate, van wie sommiges van slawe-afkoms was. Genealogiese studies is deur die Caledon Museum onderneem.


Genadendal



Genadendal

(R406) In 1738 het die Morawiese Kerk met sy eerste sendingstasie by Baviaanskloof, later bekend as Genadendal, begin. Hulle het onder die Khoekhoen van die streek gewerk. Na emansipasie het slawe hulle by die sendingstasie gevestig. Vandag se besoekers aan die "sending-werf" kan die kerk, goeie voorbeelde van die argitektuur van di tyd, 'n werkende watermeul en 'n drukkery besigtig.
Tel: 028 251 8582

Elim (R317) Hierdie sendingstasie is in 1838 gestig nadat die Morawiese Sendinggenootskap die plaas Vogelstruyskraal naby Kaap Agulhas in die Caledon distrik bekom het. Die nuut gestigte sendinginstelling het as "Elim" bekend geraak op grond van die fonteine in die omgewing (Eksodus 15:27). Die enigste Monument vir Slawe-emansipasie in Suid-Afrika kan in Kerkstraat naby die kerk gesien word.
Tel: 028 482 1806







Genadendal






Napier (R316) is in 1838 gestig nadat die plaas Klipdrift van Pieter de Bruyn gekoop is. Feeshuis 150, 'n gebou langs die Nederduitse Gereformeerde Kerk (deel van die kerkgrond), was 'n wynkelder, maar is ook gebruik om slawe te huisves. Dit is in 1988 vir Napier se 150ste herdenkingsfees gerestoureer. 'n Sleutel is by die kerkkantoor beskikbaar.
Tel: 028 423 3457 kerkkantoor

Struisbaai (R319) In 1766 was die VOC-hoeker ('n enkelmasskip) Meermin op pad terug na die Kaap met 140 Malgassiese slawe en wapens aan boord. Die slawe, wat aanges is om die wapens skoon te maak, het van die geleentheid gebruik gemaak om die skip oor te neem. Sonder navigasievaardighede moes die slawe van die bemanning gebruik maak. Die bemanning het hulle geflous deur bedags in die rigting van Madagaskar, en snags na die Kaap te seil, totdat hulle in Struisbaai anker gegooi het. 'n Paar van die slawe het aan land gegaan, waar hulle deur plaaslike boere gevange geneem is. Die oorblywende slawe het agterdogtig geraak en in die voortspruitende skermutseling met die bemanning het die kaptein die bevel gegee dat die ankerkabels afgekap moes word. Drie verselde bottels met boodskappe daarin is oorboord gegooi. Die skip het kort daarna gestrand en die res van die slawe is gevange geneem. Een van die boodskappe wat oorboord gegooi is, word in die Kaapse Argiefbewaarplek gehou.






Slawe Monument, Elim



Feeshuis



Boodskap,, Meermin



 


SWELLENDAM

Die Drostdy (Swellengrebelstraat) is tussen 1746 en 1747 met slawearbeid gebou. Die wa-skuur op die terrein van die Drostdy Museum is van 1814 tot 1834 as slawekwartier gebruik. Die Ou Tronk dateer uit dieselfde periode as die Drostdy en daar word aanvaar dat dit ook deur slawe gebou is. Die Drostdy Museum is ook in besit van vergoedingskwitansies wat aan slawe-eienaars uitgereik is.
Tel: 028 514 1138



Oefeningshuis (Voortrekstraat) Die Oefeningshuis is in 1838 opgerig met die oogmerk om religieuse onderrig en opleiding aan gemansipeerde slawe en "heidene" te voorsien. Dit huisves nou die Toerismeburo.
Tel: 028 5142770



Suurbraak (R324) Hierdie ouderwetse dorpie nestel in 'n vallei aan die voet van die Langeberge. Voordat Suurbraak in 1809 as 'n sendingstasie gevestig is, is dit deur die inheemse Attaqua-mense bewoon, wat die nedersetting "Xairu" - "'n plek van skoonheid" - genoem het. Die Londense Sendinggenootskap het in 1809 'n stasie hier gevestig en die huisies is gebou deur diegene wat die Christendom aanvaar het. Die eerste sendeling was 'n persoon met die naam Seidenfaden, wat deur Hans Moos, die leier van die plaaslike Attaquas, daarheen genooi is. Die kerk is in omtrent 1835 gebou. Slawe het hulle na die emansipasie hier gevestig. Die eerste kerk, pastorie, skool, ou huise en geboue rondom die dorpsplein, soos ook die Anglikaanse Kerk, is gerestoureer en word gebruik. Al hierdie geboue l langs die hoofstraat deur die dorp.
Tel: 028 522 1806






Drostdy Museum



Oefeningshuis



Suurbraak




INHOUD | < Vorige Afdeling | Volgende Afdeling >


INHOUD: Plekke in die Wes-Kaap ter Nagedagtenis aan die Slawe

* Inleiding en Inhoudsopgawe
* Enkele Belangrike Datums in verband met Slawerny aan die Kaap
* Kaapstad en Omgewing
* Wynland
* Overberg
* Die Tuinroete
* Breriviervallei
* Klein Karoo
* Weskus





This content also available in English | Le nkcazelo iyafumaneka nangesi Xhosa



Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 30 November 2005 hersien



Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.



| VRAE? Vra vir ons: questions@capegateway.gov.za



Gebruiksvoorwaardes | Privaatheidsbeleid | Kopiereg







Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering





