






TUISBLAD|JOU LEWE|ONDERWERPE|PUBLIKASIES |GIDSE |JOU REGERING|TENDERS|WERKGELEENTHEDE





English
|
isiXhosa
|
Aangaande
|
Kontak
|
Hulp
|
Gevorderde Soektog  |



 





Tuisblad > Publikasies > Openbare Inligting > P > Plekke in die Wes-Kaap ter Nagedagtenis aan die Slawe &gt Wynland

Wynland





Slawe was die ruggraat van die koloniale ekonomie. Hulle het die Europers in getalle oortref, maar tog is daar byna vergeet wie openbare geboue en paaie in die kolonie gebou en in stand gehou het, wie die uitputtende werk in die wingerde en vrugteboorde op die Bolandse plase gedoen het, wie die indrukwekkende opstalle help bou het en wie die meubels, vate, waens, klere en ander vorms van kultuurgoedere gemaak het wat ons vandag nog rondom ons sien.

Slaweverkopings is op plase gehou en veilings het op Stellenbosch plaasgevind. Slawe is op Stellenbosch, asook in die Ou Tronk in die openbaar gestraf en tereggestel. Vir brandstigting, een van die oortredings wat die meeste voorgekom het, is hulle gehang.





Vind meer uit oor di interessante plekke.



Stellenbosch



Rynse Sendingkerk



Ry slawehuise in Hertestraat



Bletterman Huis &amp; Grosvenor Huis, Stellenbosch Museum



Krommerivier



Elsenburg



Lanzerac



Spier Wynlandgoed



Pniel



Goede Hoop



Boschendal



Franschhoek



Paarl



Paarl Museum



Het Gesticht



Nuwe Plantasie



Kleinbosch



Wellington



Wagenmakersvallei Sendingkerk



Huis van Martha Solomons



Weigt-slawe van Wagenmakersvallei



Kliek hier vir 'n kaart van die Wynland.

Click here for a map of the Winelands.




 


STELLENBOSCH


Stellenbosch in die jaar
Getal slawe-eienaars
Slawebevolking

1692
7
43

1705
38
208

1712
49
408

1723
49
431

1731
65
682

1741
72
840

1752
92
786

1761
92
907

1773
108
991

1782
140
1494






Schumacher: Stellenbosch-omgewing



Rynse Sendingkerk



Ry slawehuise in Hertestraat



Storm Familie met Slawe




Rynse Sendingkerk (op die Braak) Die Stellenbosche Medewerkende Zendelings Genoodschap is in 1801 gestig, en in 1838 het die naam verander na Het Stellenbosche Zendelings Genoodschap. Die genootskap was betrokke by die geestelike en opvoedkundige behoeftes van slawe. Die eerste sendeling en onderwyser was Meeuwes Janse Bakker en vergaderings is by sy huis gehou. Eerwaarde Erasmus Smit het in 1822 by hom oorgeneem. 'n Kerk is op 'n geskenkte erf gebou en in 1824 ingewy. Na 1829 het die Rynse sendeling, Luckhoff, onder slawe op die buurplase gewerk en met aandklasse vir hulle begin. In 1948 het die gemeente by die Nederduitse Gereformeerde Sendingkerk in Suid-Afrika aangesluit, maar die naam Rynse Nederduitse Gereformeerde Sendinggemeente behou.



Ry slawehuise in Hertestraat Die Rynse Sendingkerk het 'n ry huise vir vrygestelde slawe in Hertestraat voorsien.

Bletterman Huis en Grosvenor House, Stellenbosch Museum (Ryneveldstraat 37) Baie van die ou geboue waaruit die Dorpsmuseum op Stellenbosch bestaan, het ryke geskiedenisse oor slawe en slawe-eienaars was die woning van die Storm familie, wie se dogter en haar man in Grosvenor Huis gewoon het. 'n Skildery van die familie hang nog in Bletterman Huis. Die lang gebou op die hoek van Plein- en Ryneveldstraat was oorspronklik die slawekwartier van Bletterman Huis. Dit het van 1825 tot 1833 as 'n skool vir slawekinders onder leiding van gedien en was met 50 banke toegerus. Seuns en dogters is afsonderlik onderrig en 'n houtverdeling is tussen hulle aangebring. Die skool het aanvanklik 73 leerlinge gehad, maar teen 1824 het die leerlingtal tot 124 gestyg. Toe die skool gesluit het, is die kinders by die Rynse Sendingkerk geakkommodeer.
Slawe is ook in 'n stadium in die westelike helfte van die kothuis van Grosvenor Huis (vandag is dit Collins Kothuis) gehuisves.
Tel: 021 887 2937

Krommerivier (Paul Krugerstraat) Hierdie eiendom is in 1683 as 'n plaas aan Jan Jansz van Eeden toegeken. Baie strukture is tydens die bestaanstyd daarvan op hierdie plaas opgerig, waaronder 'n 1730's-gebou waar slawe vermoedelik gehuisves is. Dit is mettertyd aansienlik aangepas en vandag is dit 'n dubbelverdiepingwoonstel. Die eindom behoort aan die Rooms-Katolieke Kerk en staan bekend as St Nicholas Roman Catholic Priory.




Bletterman Huis






Eerwaarde Erasmus Smit




Elsenburg (aan die R304) Martin Melck het in 1752 die eienaar van die plaas geword. Hy was ook een van die grootste slawe-eienaars aan die Kaap, met 200 slawe in sy diens. Die plaashuis, slawekwartier, buitegeboue en skool vir slawekinders is in sy tyd opgerig. Op kleiner plase was daar nie spesiale woongeriewe vir slawe nie; hulle het in kombuise, solders en skure, en in die somer buite geslaap. 'n Verhaal bestaan van Moses van Bengale, 'n slaaf van Elsenburg, wat aan die eienaar van Loevenstein in Parow verkoop is. Hy is deur sy nuwe eienaar mishandel en het teruggegaan na Elsenburg, waar hy die slawehuis aan die brand gesteek het. Sy straf was dat hy lewendig verbrand is.
Die ou huis, buitegeboue en slaweklok het behoue gebly en is deel van die Elsenburg Landboukollege se kampus. Die is oop vir die publiek.
Tel: 021 808 5008


Melck en sy vrou se boedel soos in 1776 gelys
 

Plase
10

Slawe
203

Perde
170

Beeste
1321

Skape
4167

Varke
106





Elsenburg Slaweklok


Lanzerac (Jonkershoekweg) Lanzerac, oorspronklik bekend as Schoongezicht, is in 1692 gedeeltelik aan die vrye swartmense Manuel en Anthony van Angola, en Louis van Bengale toegeken. Interessant genoeg, het hulle ook slawe besit. Ander vrye swartes het hulle in wat vandag as Jonkershoek bekend staan gevestig. Oude Nektar (oorspronklik Jan Lui) was in 1692 die eiendom van die vrye slawe Manquard en Jan van Ceylon. Jan van Ceylon het ook ander eiendomme in Jonkershoek besit. Vrye swartes was mense van slawe-afkoms of voormalige slawe wat, weens 'n verskeidenheid redes, deur hul eienaars vrygelaat is.
Tel: 021 887 1132




Lanzerac



Spier Wynlandgoed (Baden Powell-rylaan R310) Die historiese Spier Landgoed is 'n goed gevestigde deel van die wynroete. Die eiendom is in 1692 aan Arnoud Jansz toegeken, hoewel hy al sedert 1683 daar gewoon het. Baie geboue, waaronder 'n slawehuis, is op die eiendom opgerig. Die voormalige slawekwartier huisves nou 'n restaurant. Daar is 'n slaweklok wat gebruik is om die begin en einde van die werkdag aan te kondig.
Tel: 021 809 1100



Spier Wynlandgoed



Pniel 'n Aantal plaaslike Christen-boere het met die evangelisering van slawe en "heidene" in die Groot Drakensteinvallei begin. Hulle het grond vir godsdienstige aktiwiteite beskikbaar gestel in die omgewing wat as "Papieren Molen" bekend was. Na die emansipasie van die slawe is die grond uitgebrei om meer inwoners te akkommodeer. Hierdie sendingstasie is in 1843 gestig om na die geestelike welsyn van vrygestelde slawe om te sien. Die kerkgrond het 'n kerk, 'n pastorie en 'n skool ingesluit. Die oorspronklike kerkgebou - nou deel van die huidige kerk - is in 1843 ingewy en die naam Pniel is daaraan gegee deur eerwaarde G.W. Stegmann van St Stephen's. In Pniel is daar 'n deel bekend as Masbiekvlei of Mozambiquevlei waar vrygestelde slawe, oorspronklik van Mosambiek, saam met hul nakomelinge gewoon het. In 1992 is 'n Vryheidsmonument in Pniel opgerig.
Tel: Munisipaliteit 021 808 8501/2 - Linda Nichols



Pniel




Goede Hoop (R310) 'n Moderne slaweklok uit die jaar 1934, ter ere van die afskaffing van slawerny honderd jaar tevore.

Boschendal (R310) Die plaas Boschendal, met sy indrukwekkende geboue wat 'n formele werf vorm, is 'n baken langs die wynroete. Tydens die slawetydperk is 'n lang gebou wat in individuele kamers verdeel is, langs die stalle en krale opgerig om slawe te huisves. Dit is vandag nog daar.
Tel: 021 870 4200


 
 


FRANSCHHOEK

Boedelbeskrywings van hierdie gebied toon dat slawe dikwels die boere se grootste bates was. Hulle was van slawearbeid afhanklik. In 1806 het die florerende wynbedryf in die Franschhoekvallei vir 'n groep boere groot welvarendheid gebring. Wyn en brandewyn is na Europese lande uitgevoer, en toegang tot Britse markte na die Tweede Britse Besetting van die Kaap in 1806 het tot 'n ekonomiese oplewing bygedra. Plase is gemoderniseer en plaashuise is herversier. Die welbekende Kaaps-Hollandse gewel het 'n simbool van die nuwe voorspoed geword. Slawe het nie net in die wingerde en vrugteboorde gewerk nie, maar ook as bouers, skrynwerkers, grofsmede, messelaars en verwers en was verantwoordelik vir die maak van deure, vensterrame, luike, spykers en die dek van die strooidakke.




Anna Speas en Elisabeth Anna Kriel



 


PAARL

Paarl Museum
(Hoofstraat 303) Wilhelm Gebhart is ter dood veroordeel nadat hy 'n slaaf mishandel het, wat daarna op die plaas Simonsvlei naby die Paarl gesterf het. Gebhart het die slaaf Joris 139 hale met 'n gesel laat toedien omdat hy nie met sy werk tevrede was nie. Joris is die volgende dag dood aangetref. Na 'n langdurige hofsaak is Gebhart skuldig bevind en ter dood veroordeel. Hy is op 15 November 1822 opgehang. Sy grafsteen is in die museum, 'n gebou wat vroer die Gebhart-familie se woonhuis was. Sy vader was die predikant by die Strooidakkerk. 'n Voorbeeld van slawekettings en inskrywings in 'n oordragregister kan ook in die museum gesien word.
Tel: 021 872 2651





Paarl Museum



Paarl Museum Grafsteen



Nuwe Plantasie



Het Gesticht




Het Gesticht (Hoofstraat) Daar is vroeg in die 19de eeu in die Paarl met sendingwerk begin. Het Gesticht is in 1813 deur die Vriende van die Sendingbeweging opgerig met die doel om religieuse onderrig aan slawe en bruin mense te voorsien. Tot in daardie stadium het slawe en bruin mense kerkdienste in die Strooidakkerk bygewoon, maar dit het te klein geword om die hele gemeenskap te dien. Die Paarlse Sending Genootskap het in 1819 die gebou sowel as die onderrigprogram oorgeneem.

Nuwe Plantasie (Plantasiestraat, agter die Grand Roche-hotel) Hermanus Bosman was van 1707 tot 1748 die sieketrooster in die Drakenstein Gemeente. Hy het in 1715 by die Beleidsraad aansoek gedoen om grond, wat hy met die ontvangs daarvan De Nieuwe Plantage genoem het. Hier het hy in 1737 'n kerk vir sy slawe gebou. Dit is oop vir die publiek.
Tel: 021 863 2727



Kleinbosch
(R303, Dal Josafat) In die begraafplaas op hierdie plaas is die slawe Ou Ta (Klaas) Flora en Clara begrawe. Hulle was vrygestelde slawe wat hulle by die Du Toit familie gevestig het. Klaas het op die plaas gewerk en Clara het van 1830 tot 1850 as 'n gerespekteerde vroedvrou gewerk. Die boer D.F. du Toit was die eienaar van Kleinbosch en die vader van dominee S.J. du Toit, die welbekende teoloog en leier van die eerste Afrikaanse Taalbeweging. Die plaas is oop vir die publiek.



Ou Ta, (Klaas) Flora, en Clara



 


WELLINGTON


Wagenmakersvallei Sendingkerk ((Bovlei) Sendingwerk onder die slawe en bruin mense in die Wagenmakersvallei het in 1796 begin onder leiding van J.J. van Zulk, wat minstens "300 heidene" bestaande uit Khoekhoen en slawe getel het. Hy het 'n gebou (Gesticht) vir di doel opgerig, wat egter nie bly staan het nie. Daniel le Roux is in 1802 as "oefenmeester" aangestel. Hy het 'n kerk gebou op grond wat hy van die Goewerneur ontvang het. Hierdie kerk is op 18 September 1820 deur dominee Gebhart van die Paarl ingewy. Die kerk is in 1868 tot sy huidige omvang vergroot. Twee nagmaalsbekers wat deur die gemeente gebruik is, is in die Wellington Museum te sien.





Wellington Museum



Huis van Martha Solomons



"Koningin Rebecca"



8ste Gravin van Stamford



Huis van Martha Solomons (Bainstraat 51) Sy was die dogter van 'n slavin, bekend as ,wat na die emansipasie 'n taverne in Kaapstad besit het. Martha, wat op Wellington gewoon het, het 'n Engelsman, Harry Grey, die swartskaap van 'n aristokratiese familie, ontmoet en met hom getrou. Na die dood van sy neef het hy 'n titel gerf en so het sy vrou Martha, 'n slawe-afstammeling, die geword. Nie oop vir die publiek nie.

 
 

Die verhaal van die Weigt-slawe van die Wagenmakersvallei is baie interessant. Hulle eienaars, Benjamin Weigt en Anna Lategan, was kinderloos. Hulle het al hulle slawe se kinders in die Strooidakkerk in die Paarl laat doop (1823). By die dood van hulle eienaars is al die slawe en hulle kinders vrygestel.


INHOUD | < Vorige Afdeling | Volgende Afdeling >


INHOUD: Plekke in die Wes-Kaap ter Nagedagtenis aan die Slawe

* Inleiding en Inhoudsopgawe
* Enkele Belangrike Datums in verband met Slawerny aan die Kaap
* Kaapstad en Omgewing
* Wynland
* Overberg
* Die Tuinroete
* Breriviervallei
* Klein Karoo
* Weskus





This content also available in English | Le nkcazelo iyafumaneka nangesi Xhosa



Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 30 November 2005 hersien



Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.



| VRAE? Vra vir ons: questions@capegateway.gov.za



Gebruiksvoorwaardes | Privaatheidsbeleid | Kopiereg







Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering





