






TUISBLAD|JOU LEWE|ONDERWERPE|PUBLIKASIES |GIDSE |JOU REGERING|TENDERS|WERKGELEENTHEDE





English
|
isiXhosa
|
Aangaande
|
Kontak
|
Hulp
|
Gevorderde Soektog  |



 





Tuisblad > Publikasies > Openbare Inligting > K > Kwelvrae oor MIV en Vigs &gt Watter Bewyse is daar dat Goeie Voeding Deurlopend die Immuunrespons Verbeter?

Watter Bewyse is daar dat Goeie Voeding Deurlopend die Immuunrespons Verbeter?



Vraag: Ek wil navraag doen oor die dieet wat die minister van gesondheid "voorgeskryf of aanbeveel" het en onlangs in die nuus was. Ek is verward oor die teenstrydige berigte oor die uitwerking en die blywende voordele van die dieet vir mense wat met MIV en vigs leef. Ons het in die media verneem dat dit die "ingeligte keuse" van behandeling behoort te wees vir mense wat met MIV en vigs leef, in teenstelling met teen-retrovirale middels. Watter bewyse is daar dat enige van di kos deurlopend die immuunrespons verbeter? Is menslike studies uitgevoer? Hoe doeltreffend is 'n dieet van fyngemaakte of gerasperde suurlemoen, gemeng met ho-gehalte olyfolie en water, fyngemaakte knoffel en gemmer, spinasie, beet en vitamienaanvullings?

Antwoord: Waar proefnemings op mense uitgevoer is, is die uitslae wat dieetkundige programme as medisinale alternatiewe betref nog weersprekend en nie afdoende nie.  Die wetenskaplike gemeenskap staan goeie voeding en TRM's voor.

Wat s die literatuur oor die kos?
Vars knoffel bevat uitstekende swamwerende en anti-bakteriese eienskappe; dit balanseer ook glo bloeddruk en verlaag cholesterol. Volgens van die literatuur is knoffel egter gesond as dit in groot hoeveelhede geneem word. 

Wetenskaplike bronne s knoffelpoeier kan die maagslymvlies beskadig en dat knoffelaanvullings, as dit langer as twee maande geneem word, bloedingstyd kan verleng (inmeng met stolling) en dat daar 'n wisselwerking met TRM's kan wees. 

Soos knoffel, help uie ook om infeksie te bestry. In een studie het uie en olyfolie egter nie enige verbetering getoon aan die immuunstelsel van mense wat met MIV en vigs leef nie. (MMMVL's), en in werklikheid het dit gelyk of dit die intree van vigs versnel. Volgens die literatuur kan die inneem van groot hoeveelhede uie chroniese diarree en ingewandsuitsetting veroorsaak.  Uie, sowel as die Afrika-aartappel waarvoor vroer voorspraak gemaak is, is blykbaar uitgelaat uit die dieet wat in jou vraag aangegee word.


Gemengde sukses is met die Afrika-aartappel (Hypoxis) bereik. Aanvanklike studies wat onderneem is, het belowende resultate getoon met MMMVL's wat nie oorgegaan het tot vigs nie. In 'n studie oor die veiligheid en doeltreffendheid van Hypoxis, het die meerderheid pasinte ernstige beenmurgonderdrukking ontwikkel en die studie moes na agt weke beindig word. 

Om een maal 'n dag suurlemoensap (2 eetlepels) en olyfolie (1 eetlepel) te drink wakker na berig word die eetlus en energievlakke aan en help vir geswelde limfkliere. 

Die meeste bronne beveel 'n goeie multivitamiene aan as jy, weens naarheid en diarree, nie genoeg kos vir jou liggaam se behoeftes kan eet nie. 'n Gebalanseerde dieet - vrugte en groente (wat beet, spinasie en gemmer insluit), neute en sade, graan, seekos, vleis, hoender en suiwelprodukte - is egter nog die beste bron van vitamiene en minerale. Maak asseblief seker dat vleis en vis deeglik gaar is voordat dit deur MMMVL's geet word.

Die meeste kosse het voordelige eienskappe, maar immuun-versterkende kos, vitamienes en aanvullings kan, as dit in groot hoeveelhede geneem word, selfs op 'n gesonde persoon 'n negatiewe uitwerking h. Die immuunstelsel van 'n persoon met MIV is op loop, en die uitwerking kan selfs groter wees as wat verwag is. Sommige voedingstowwe gee die immuunstelsel 'n hupstoot en verhoog die vermeerdering van MIV in die liggaam. Aanvullings kan ook met TRM's inmeng en dit is absoluut noodsaaklik om jou gesondheidsorgspan in te lig oor enige medikasie, kruiemiddels, homeopatiese middels of enige ander stowwe wat jy neem. Terwyl die CD4-seltelling net 'n aanduiding is van die liggaam se immuunstelsel, het die verslag oor die CD4-seltellings wat verbeter het in twee persone op die bogenoemde dieet dalk 'n vals indruk geskep. Die CD4-telling kan met tot 80 punte fluktueer aan beide kante weens invloede soos die tyd van die dag, die vorige maaltyd, 'n infeksie of 'n verandering van bui. In beide die twee persone het die nuwe CD4-seltelling met minder as 80 punte verbeter.

Dit is miskien die beste om versigtig te wees en die mees gebalanseerde manier te kry, en een wat jou behoeftes die beste pas, om die siekte te hanteer. Dit is belangrik om seker te maak dat al die kos wat vir MMMVL's voorberei is, higinies hanteer is om infeksies te vermy.

 Voedingsinligtingsentrum, Universiteit van Stellenbosch (NISUS), 2003
 Positive Health deur Neil M. Orr. [2000]. Versprei deur Metropolitan, Kaapstad
 HIV/AIDS Primary Health Care deur Clive Evian. 4de uitgawe. Johannesburg: Jacana Educational, 2003.


INHOUD | < Vorige Afdeling | Volgende Afdeling >


INHOUD: Kwelvrae oor MIV en Vigs

* Hoe Vertel Ek My Dogter Van My MIV-status?
* Is Berading Nodig Voordat Mens 'n Vigstoets Ondergaan?
* Kan ek my Baba Borsvoed as ek MIV-positief is?
* Is dit Moontlik om deur Orale Seks met MIV Besmet te Word?
* Kan Mens Voorkom dat jy MIV-besmetting deur Orale Seks Opdoen?
* Wat Is Teen-retrovirale Terapie? Hoe Werk Dit?
* Hoekom Lyk dit of Swart Vroue in Suid-Afrika Meer Kwesbaar is vir MIV-besmetting as Enigeen Anders?
* Kan Mens deur Sosiale Kontak met MIV Besmet Word?
* Watter Bewyse is daar dat Goeie Voeding Deurlopend die Immuunrespons Verbeter?
* Kan ek Daarop Aandring dat Iemand 'n MIV-toets moet Ondergaan Voordat ek Hom of Haar Aanstel?
* Hoe kan ek my Vriendin Ondersteun wat met MIV en Vigs Leef?
* Hoe Verwerk ek 'n Vigssterfte?
* Wat Moet ek Oorweeg Voordat ek my MIV-positiewe Status aan Nabye Vriende en Familie Onthul?
* Hoekom Moet jy Altyd Kondome Gebruik Terwyl jy Teenretrovirale Middels Neem?
* Watter Raad en Berading oor MIV en Vigs is Beskikbaar vir Klein- en Mediumgrootte Ondernemings?
* Moet ek Alleen Gaan of Behoort ek my Seksmaat Saam met my te Neem vir 'n MIV-toets?
* Hoe Werk die Regering se TRV-program en Waar kan ek die Medisyne in die Hande Kry?
* My MIV-toets was in 1998 toe ek TB gehad het Positief. Behoort ek Nou met TRV's te Begin?
* Hoe Praat ek met my Kinders oor MIV en Vigs?
* Kan my Kinders Toevallig MIV Opdoen?
* Wat is die Kanse dat my Kind MIV en Vigs by die Speelskool kan Opdoen?





This content also available in English | Le nkcazelo iyafumaneka nangesi Xhosa



Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 10 Januarie 2006 hersien



Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.



| VRAE? Vra vir ons: questions@capegateway.gov.za



Gebruiksvoorwaardes | Privaatheidsbeleid | Kopiereg







Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering





