






TUISBLAD|JOU LEWE|ONDERWERPE|PUBLIKASIES |GIDSE |JOU REGERING|TENDERS|WERKGELEENTHEDE





English
|
isiXhosa
|
Aangaande
|
Kontak
|
Hulp
|
Gevorderde Soektog  |



 





Tuisblad > Publikasies > Openbare Inligting > K > Kwelvrae oor MIV en Vigs &gt Wat is die Kanse dat my Kind MIV en Vigs by die Speelskool kan Opdoen?

Wat is die Kanse dat my Kind MIV en Vigs by die Speelskool kan Opdoen?



Vraag: My kind, wat vyf is, het onlangs die plaaslike speelskool begin bywoon. Ek het al so baie dinge gehoor oor MIV en vigs, die nuutste is dat al hoe meer kinders besmet word. Wat is die kanse dat my kind MIV en vigs by die speelskool kan opdoen?

Antwoord: MIV en vigs word dikwels verbind met en oor gedink as 'n kommer en kwessie vir volwassenes. Oor die afgelope dekade het kinders aandag gekry wat MIV en vigs betref, maar nie net as di wat daardeur geraak word nie, maar ook as di wat die gevaar van besmetting loop.

Om jou vrese te besweer is dit nodig om te s dat die grootste gevaar van oordrag van MIV in kinders deur vertikale infeksie is. Dit beteken dat tydens haar swangerskap en met die geboorteproses, 'n MIV-positiewe ma die gevaar loop om die virus aan haar baba oor te dra. Sommige studies dui aan dat babas besmet kan word wanneer hulle geborsvoed word deur 'n MIV-positiewe ma. Ander bronne van MIV-besmetting in kinders is deur kinder seksuele mishandeling en deur mense wat besmet is te versorg (dit is gewoonlik die geval met ouer kinders).

Toenemende navorsing op die gebied van MIV en vigs en kinders toon dat kinders wat vertikaal besmet is, dikwels puberteit bereik en dat di kinders meer sigbaar geraak het op sekere plekke.
Wat jy dalk raakgeloop het wat die toename in die aantal besmette kinders betref is waarna verwys word as langtermyn vorderaars. Dit is kinders wat vertikaal besmet is en jare lank met die virus saamleef voordat hulle siek word en aan die siekte beswyk.
Dit is kinders wat met MIV besmet is wat relatief gesond bly en wat hulle kinderjare oorleef. Hulle is dus in staat om die meeste dinge te doen wat "normale" kinders doen, byvoorbeeld, skoolgaan, vriende h, speletjies en sport speel, ens.

Daar is ook di na wie verwys word as korttermyn vorderaars. Dit is MIV-positiewe kinders wat ook deur vertikale oordrag besmet word, maar weens erg-verswakte immuunstelsels kort na geboorte siek word. Binne die eerste jaar doen hulle gewoonlik talle siektes op en leef dikwels net tot ongeveer die ouderdom van 5. Tydens di paar jaar vereis hulle dikwels, weens verswakte gesondheid en funksionering, baie meer aandag en is gewoonlik nie in staat om met dieselfde vryheid te ontwikkel as ander kinders van dieselfde ouderdom nie. Dit is dikwels onwaarskynlik dat "stadige-vorderaars" speelskool toe sal gaan.
Met dit in gedagte is dit belangrik om te s dat terwyl kinders soms rowwe speletjies speel, die kans dat hulle by die speelskool besmet sal raak, baie skraal is.

MIV word oorgedra deur liggaamsvloeistowwe, hoofsaaklik bloed. MIV kan oorgedra word deur:

* Onbeskermde seksuele omgang
* Binneaarse dwelmgebruik met die gebruik van besmette naalde
* Vertikale oordrag (soos voorheen bespreek)
Die bostaande lyk na aktiwiteite waaraan volwassenes blootgestel word en/of ervaar.

Die hooffaktor is egter blootstelling aan bloed, omdat di liggaamsvloeistof die mees "gekonsentreerd" is met MIV.
Kinders, wat nuuskierig is, kan bekommerd wees oor hulle vriende of iemand wat hulleself seergemaak het en bloei, maar is nie so nuuskierig dat hulle bloed sal hanteer nie. Net om bloed te sien is genoeg om kinders natuurlik versigtig te maak.

Maar soos ons kinders ander belangrike dinge leer, soos hulle adres, telefoonnommers, hoe om die straat oor te steek, sodat hulle veilig kan wees, behoort ons ook ons kinders te leer hoe om hulleself te beskerm wat MIV betref. Natuurlik moet dit, soos alle ingewikkelde dinge wat ons ons kinders leer, ouderdom-toepaslik wees.
Dit sal daarom op "speelskool"-ouderdom nuttig wees om ons kinders te leer wat om te doen wanneer daar blootstelling aan bloed is. Wat nuttig is en wat in baie skole geleer word, is die volgende:

* Moenie aan die bloed raak nie
* Roep dadelik 'n onderwyser of ander volwassene
* Probeer kalm bly en moenie om die beseerde persoon saamdrom nie


Dit is egter ironies dat dit die besmette kind, eerder as die onbesmette kind is wat die groter gevaar loop om siek te word van gedeelte kontak. Speelskole is dikwels plekke waar talle kieme voorkom. Die besmette kind se verswakte immuniteit plaas haar/hom in 'n kwesbare posisie om baie siek te word van 'n kiem wat hulle opdoen wat die onbesmette kind se immuunstelsel in staat sal wees om redelik maklik te beveg.


INHOUD | < Vorige Afdeling


INHOUD: Kwelvrae oor MIV en Vigs

* Hoe Vertel Ek My Dogter Van My MIV-status?
* Is Berading Nodig Voordat Mens 'n Vigstoets Ondergaan?
* Kan ek my Baba Borsvoed as ek MIV-positief is?
* Is dit Moontlik om deur Orale Seks met MIV Besmet te Word?
* Kan Mens Voorkom dat jy MIV-besmetting deur Orale Seks Opdoen?
* Wat Is Teen-retrovirale Terapie? Hoe Werk Dit?
* Hoekom Lyk dit of Swart Vroue in Suid-Afrika Meer Kwesbaar is vir MIV-besmetting as Enigeen Anders?
* Kan Mens deur Sosiale Kontak met MIV Besmet Word?
* Watter Bewyse is daar dat Goeie Voeding Deurlopend die Immuunrespons Verbeter?
* Kan ek Daarop Aandring dat Iemand 'n MIV-toets moet Ondergaan Voordat ek Hom of Haar Aanstel?
* Hoe kan ek my Vriendin Ondersteun wat met MIV en Vigs Leef?
* Hoe Verwerk ek 'n Vigssterfte?
* Wat Moet ek Oorweeg Voordat ek my MIV-positiewe Status aan Nabye Vriende en Familie Onthul?
* Hoekom Moet jy Altyd Kondome Gebruik Terwyl jy Teenretrovirale Middels Neem?
* Watter Raad en Berading oor MIV en Vigs is Beskikbaar vir Klein- en Mediumgrootte Ondernemings?
* Moet ek Alleen Gaan of Behoort ek my Seksmaat Saam met my te Neem vir 'n MIV-toets?
* Hoe Werk die Regering se TRV-program en Waar kan ek die Medisyne in die Hande Kry?
* My MIV-toets was in 1998 toe ek TB gehad het Positief. Behoort ek Nou met TRV's te Begin?
* Hoe Praat ek met my Kinders oor MIV en Vigs?
* Kan my Kinders Toevallig MIV Opdoen?
* Wat is die Kanse dat my Kind MIV en Vigs by die Speelskool kan Opdoen?





This content also available in English | Le nkcazelo iyafumaneka nangesi Xhosa



Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 10 Januarie 2006 hersien



Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.



| VRAE? Vra vir ons: questions@capegateway.gov.za



Gebruiksvoorwaardes | Privaatheidsbeleid | Kopiereg







Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering





