






TUISBLAD|JOU LEWE|ONDERWERPE|PUBLIKASIES |GIDSE |JOU REGERING|TENDERS|WERKGELEENTHEDE





English
|
isiXhosa
|
Aangaande
|
Kontak
|
Hulp
|
Gevorderde Soektog  |



 





Tuisblad > Publikasies > Openbare Inligting > K > Kwelvrae oor MIV en Vigs &gt Is Berading Nodig Voordat Mens 'n Vigstoets Ondergaan?

Is Berading Nodig Voordat Mens 'n Vigstoets Ondergaan?



Vraag: Ek wil 'n vigstoets laat doen maar ek hoor ek sal berading moet kry voordat ek getoets kan word. Is dit nodig?

Antwoord: Die wet laat nie toe dat 'n MIV-toets gedoen word as jy nie vooraf ten volle ingelig is nie. Die doel met die berading is om jou genoeg inligting te gee sodat jy kan besluit of jy gereed is vir die toets en die moontlike gevolge daarvan. Dit stel jou in staat om wat bekend staan as "ingeligte toestemming" te gee.

Voor-toets berading is ook nodig om die tydsberekening van die toets reg te kry sodat seker gemaak kan word dat jy 'n betroubare uitslag kry.

As 'n toets te gou na risiko-gedrag gedoen word, kan die toets dalk nie 'n akkurate uitslag gee nie. As jy byvoorbeeld binne die vorige 13 weke onbeskermde seks gehad het en dalk op een van die geleenthede besmet is, sal dit te gou wees om 'n toets te doen wat kan aandui of jy die virus onder lede het. Dit staan as die "Venstertydperk" bekend.

Die doel met die toets is om vas te stel of daar "teenliggaampies" teen MIV in die bloed is. As die liggaam selle vervaardig het (wat as teenliggaampies bekend staan) om die virus te bestry, wys dit dat die virus die liggaam binnegedring het. Dit neem egter tot 13 weke van die datum van besmetting voordat die teenliggaampies opgespoor kan word. Dit is dus nodig om te wag dat di tydperk verbygaan om seker te maak dat die toetsuitslag betroubaar is.

Vir jou om te kan vasstel of jy in gevaar is, moet jy eers weet van die verskillende maniere waarop jy besmet kan raak en wat die betrokke grade van gevaar is. Sommige mense dink byvoorbeeld dat 'n 'dro' soen gevaarlik is, terwyl dit nie is nie. Deur te verduidelik wat gevaarlike gedrag is en wat nie, stel ons jou in staat om te beoordeel wanneer jy laas die gevaar geloop het en wat jou totale graad van gevaar is. In sommige gevalle word vasgestel dat 'n toets waarskynlik nie nodig is nie. In ander gevalle behoort 'n toets uitgestel te word, as jy byvoorbeeld in die Venstertydperk is.

Berading behels dat jy oor seksualiteit en jou seksuele gedrag moet praat, maar beraders laat dit gewoonlik aan jou oor om te besluit wat jy oor jouself bekend wil maak. Hou in gedagte dat die doel is om jou 'n resultaat te gee waarop jy kan staatmaak. Ons gebruik ook die beradingsessie om inligting oor doeltreffende voorkomingsmaatrels te gee. Die toetse self is baie betroubaar. Maar dit is noodsaaklik dat dit op die regte tyd gedoen word, en baie hang dus af van of die inligting wat jy verskaf oor die tydsberekening en aard van jou risikogedrag akkuraat is. As jy inligting weerhou kan dit net die betroubaarheid van die toets ondermyn.

As jy nie in die Venstertydperk is nie en jou toets is "Negatief", is die uitslag betroubaar en is jy NIE met MIV besmet nie. As jou toets egter wys dat jy met MIV besmet is, sal 'n tweede, of bevestigende, toets gedoen word om enige moontlike fout uit te skakel, hoewel ons ondervinding tot dusver wys dat die tweede toets sonder uitsondering die eerste toets se uitslag bevestig. As jou MIV-toets positief is, beteken dit nie noodwendig dat jy vigs het nie, maar dit beteken wel dat jy ander mense kan besmet. 'n Positiewe uitslag sal natuurlik baie kwessies na vore bring. By die ATICC-diens kan ons tot ses na-toetssessies verskaf om mense wie se toetse positief is en hulle maats te steun. Di sessies word behartig deur geregistreerde sielkundiges met aansienlike ondervinding op die gebied. Dit is gratis en alle berading is streng vertroulik.


INHOUD | < Vorige Afdeling | Volgende Afdeling >


INHOUD: Kwelvrae oor MIV en Vigs

* Hoe Vertel Ek My Dogter Van My MIV-status?
* Is Berading Nodig Voordat Mens 'n Vigstoets Ondergaan?
* Kan ek my Baba Borsvoed as ek MIV-positief is?
* Is dit Moontlik om deur Orale Seks met MIV Besmet te Word?
* Kan Mens Voorkom dat jy MIV-besmetting deur Orale Seks Opdoen?
* Wat Is Teen-retrovirale Terapie? Hoe Werk Dit?
* Hoekom Lyk dit of Swart Vroue in Suid-Afrika Meer Kwesbaar is vir MIV-besmetting as Enigeen Anders?
* Kan Mens deur Sosiale Kontak met MIV Besmet Word?
* Watter Bewyse is daar dat Goeie Voeding Deurlopend die Immuunrespons Verbeter?
* Kan ek Daarop Aandring dat Iemand 'n MIV-toets moet Ondergaan Voordat ek Hom of Haar Aanstel?
* Hoe kan ek my Vriendin Ondersteun wat met MIV en Vigs Leef?
* Hoe Verwerk ek 'n Vigssterfte?
* Wat Moet ek Oorweeg Voordat ek my MIV-positiewe Status aan Nabye Vriende en Familie Onthul?
* Hoekom Moet jy Altyd Kondome Gebruik Terwyl jy Teenretrovirale Middels Neem?
* Watter Raad en Berading oor MIV en Vigs is Beskikbaar vir Klein- en Mediumgrootte Ondernemings?
* Moet ek Alleen Gaan of Behoort ek my Seksmaat Saam met my te Neem vir 'n MIV-toets?
* Hoe Werk die Regering se TRV-program en Waar kan ek die Medisyne in die Hande Kry?
* My MIV-toets was in 1998 toe ek TB gehad het Positief. Behoort ek Nou met TRV's te Begin?
* Hoe Praat ek met my Kinders oor MIV en Vigs?
* Kan my Kinders Toevallig MIV Opdoen?
* Wat is die Kanse dat my Kind MIV en Vigs by die Speelskool kan Opdoen?





This content also available in English | Le nkcazelo iyafumaneka nangesi Xhosa



Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 10 Januarie 2006 hersien



Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.



| VRAE? Vra vir ons: questions@capegateway.gov.za



Gebruiksvoorwaardes | Privaatheidsbeleid | Kopiereg







Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering





