






TUISBLAD|JOU LEWE|ONDERWERPE|PUBLIKASIES |GIDSE |JOU REGERING|TENDERS|WERKGELEENTHEDE





English
|
isiXhosa
|
Aangaande
|
Kontak
|
Hulp
|
Gevorderde Soektog  |



 





Tuisblad > Publikasies > Openbare Inligting > K > Kwelvrae oor MIV en Vigs &gt Hoe Verwerk ek 'n Vigssterfte?

Hoe Verwerk ek 'n Vigssterfte?



Vraag: My beste vriendin het pas aan vigs gesterf en ek kan nie die feit aanvaar dat sy weg is nie. Wat dit erger maak is dat sy nie genoeg vertroue in ons vriendskap gehad het om my te vertel dat sy MIV-positief is nie. Ek voel so sleg oor alles. Hoekom het sy my nie vertel nie? Wat kan ek doen?

Antwoord: Dis duidelik dat jy baie hartseer is oor die dood van jou beste vriendin. Een van die moeilikste dinge in die lewe is om 'n dierbare vriend te verloor, veral wanneer daar dinge tussen julle was wat nie afgehandel is nie.

MIV-infeksie het veroorsaak dat mense mekaar nie vertrou nie, soms selfs in die intiemste verhoudings. Een van die redes hiervoor is die verskriklike stigma wat aan die siekte kleef. Dit is di stigma wat veroorsaak dat mense met MIV en vigs nie die kennis van hulle status met ander deel nie, selfs nie met hulle naastes en dierbaarstes nie. Om 'n MIV-positiewe uitslag te kry, veroorsaak onvermydelik 'n krisis vir die persoon wat die nuus kry. Hoe goed die berading ookal is wat mens kry, moet ons nooit onderskat hoe groot die skok is as iemand hoor dat die MIV-toets positief is nie.

Die Beraders self word ook geraak deur die uitslag van hulle moet gee. Die Beraders wat mens by die Gemeenskapsgesondheidsentrums ontmoet het baie intensiewe en spesifieke beradingsopleiding gekry wat hulle in staat stel om hulle werk te doen. Baie van hulle gee al lank berading en het baie ervaring. Hulle is in staat om die nodige deernisvolle steun en korrekte inligting te gee om ingeligte instemming van hulle klinte te kry voordat die toets gedoen word, en om die persoon se emosies in bedwang te hou wanneer die uitslag bekend is. Dit is uiters belangrik dat mense nooit instem tot 'n MIV-toets sonder om eers die nodige Voor- en Na-Toetsberading van 'n opgeleide berader te kry nie.

Met di verduideliking hoop ek om jou gerus te stel dat hoewel jou vriendin miskien nie besluit het om jou in haar vertroue te neem oor haar MIV-positiewe status nie, sy die beste moontlike steun tydens berading en toetsing sou gekry het.

Terwyl ek nie die intensiteit van jou pyn en verwildering oor die feit dat jou vriendin aan vigs-verwante komplikasies gesterf het sonder om haar MIV-status met jou te deel nie, wil ek verduidelik wat met iemand gebeur as hulle 'n positiewe MIV-uitslag kry. 'n Positiewe diagnose ontlok diep emoseis by die persoon wat die uitslag kry. Die krisis wat deur di ervaring veroorsaak word kan baie weke duur, terwyl die betrokke persoon die nuus verwerk en die gevoelens en moontlike nagevolge hanteer van wat dit beteken om MIV-positief te wees wat jouself, jou geliefdes (familie en vriende) en andere betref. Wanneer mens 'n positiewe uitslag kry, ervaar jy 'n skokreaksie omdat dit een van die mees vernietigende ondervindings ooit kan wees. Die skok is dikwels so groot dat al wat die persoon na die tyd onthou is dat sy of hy MIV-positief is.

Nog 'n diep emosie wat na vore kom is vrees. Vrees oor wat met mens kan gebeur, vrees vir die toekoms, vrees vir die verwerping deur familie, vriende, vrees dat mens jou geliefdes kan seermaak deur die nuus met hulle te deel. As 'n persoon wat baie jare ervaring het as 'n Berader, moet ek nog 'n klint ontmoet wat nie op een of ander stadium dink aan die uitwerking wat die oordra van die nuus van sy of haar MIV-positiewe status op geliefdes sal h en wat die gevolge mag wees nie.

Woede, teleurstelling en soms skuld speel dikwels 'n groot rol in die soort besluite wat mense neem oor die inlig van geliefdes. Di gevoelens word dikwels op jouself gerig. Weer is dit belangrik vir die persoon om di gevoelens te bespreek in 'n veilige en ondersteunende omgewing. Die mense wat met MIV leef is kwesbaar, beide fisies en emosioneel. Hulle besluit soms om hulle kwesbaarheid te deel met 'n opgeleide berader, eerder as met nabye familie of vriende, omdat dit so oorweldigend sal wees om dit te doen.

Dit is moeilik om sterk te wees vir geliefdes wanneer iemand so broos voel. Mense mag dus kies om hulle kommer en probleme met 'n berader te deel, waar hulle seker is van 'n veilige plek; 'n plek om sonder voorbehoud uiting aan gevoelens te gee; waar negatiewe en positiewe gevoelens hanteer sal word met respek, 'n nie-veroordelende houding en onvoorwaardelike meelewing. Een van die grootste vrese wat mense het, is dat hulle die nodige steunbasis wat familie en vriende gee, sal verloor. Die gevaar dat di steun bedreig sal word dwing mense dikwels om stil te bly oor hulle MIV-status. Ek verstaan dat jy vrae het wat dalk nooit beantwoord sal word nie. Kan ek voorstel dat jy jouself toestemming gee om hartseer, kwaad, seergemaak te voel? Dit sal nie help om jou gevoelens te onderdruk nie. In 'n stadium sal jy dalk voel dat dit gepas is om iets tasbaar te doen, soos haar graf te besoek, of iets te doen wat julle saam geniet het en wat mooi herinnerings inhou. Soos die tyd aanstap sal jy vind: "Smart neem nooit af nie, dit bars net minder dikwels uit". Praat met 'n Berader as dit nodig is.


INHOUD | < Vorige Afdeling | Volgende Afdeling >


INHOUD: Kwelvrae oor MIV en Vigs

* Hoe Vertel Ek My Dogter Van My MIV-status?
* Is Berading Nodig Voordat Mens 'n Vigstoets Ondergaan?
* Kan ek my Baba Borsvoed as ek MIV-positief is?
* Is dit Moontlik om deur Orale Seks met MIV Besmet te Word?
* Kan Mens Voorkom dat jy MIV-besmetting deur Orale Seks Opdoen?
* Wat Is Teen-retrovirale Terapie? Hoe Werk Dit?
* Hoekom Lyk dit of Swart Vroue in Suid-Afrika Meer Kwesbaar is vir MIV-besmetting as Enigeen Anders?
* Kan Mens deur Sosiale Kontak met MIV Besmet Word?
* Watter Bewyse is daar dat Goeie Voeding Deurlopend die Immuunrespons Verbeter?
* Kan ek Daarop Aandring dat Iemand 'n MIV-toets moet Ondergaan Voordat ek Hom of Haar Aanstel?
* Hoe kan ek my Vriendin Ondersteun wat met MIV en Vigs Leef?
* Hoe Verwerk ek 'n Vigssterfte?
* Wat Moet ek Oorweeg Voordat ek my MIV-positiewe Status aan Nabye Vriende en Familie Onthul?
* Hoekom Moet jy Altyd Kondome Gebruik Terwyl jy Teenretrovirale Middels Neem?
* Watter Raad en Berading oor MIV en Vigs is Beskikbaar vir Klein- en Mediumgrootte Ondernemings?
* Moet ek Alleen Gaan of Behoort ek my Seksmaat Saam met my te Neem vir 'n MIV-toets?
* Hoe Werk die Regering se TRV-program en Waar kan ek die Medisyne in die Hande Kry?
* My MIV-toets was in 1998 toe ek TB gehad het Positief. Behoort ek Nou met TRV's te Begin?
* Hoe Praat ek met my Kinders oor MIV en Vigs?
* Kan my Kinders Toevallig MIV Opdoen?
* Wat is die Kanse dat my Kind MIV en Vigs by die Speelskool kan Opdoen?





This content also available in English | Le nkcazelo iyafumaneka nangesi Xhosa



Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 10 Januarie 2006 hersien



Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.



| VRAE? Vra vir ons: questions@capegateway.gov.za



Gebruiksvoorwaardes | Privaatheidsbeleid | Kopiereg







Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering





