TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Publikasies
Openbare Inligting
Kwelvrae oor MIV en Vigs &gt Hoe Vertel Ek My Dogter Van My MIV-status?
Hoe Vertel Ek My Dogter Van My MIV-status?
Vraag: MIV is agt jaar gelede by my vriendin gediagnoseer en sy begin nou siek raak. Sy is 'n enkelouer en is bekommerd oor wie haar 12-jarige dogter na haar dood sal versorg. Sy het my gevra om vir haar dogter te sorg en ek sal dit doen. Die probleem is dat sy nie weet hoe om vir haar dogter te sê dat sy MIV-positief is nie. Is daar iets wat ek kan doen om haar te help?
Antwoord: Die belangrike ding wat jou vriendin moet weet is dat daar baie tyd is om te dink en te beplan wat gedoen moet word. Een van die moeilikste dinge wat MIV-positiewe ouers moet doen is om hulle kinders te vertel dat hulle die MI-virus het. Hulle is dikwels te bang om met hulle kinders te praat. Maar dié stilswye kan vir almal sleg wees. Kinders bekommer hulle as hulle sien iets is verkeerd en kan hulleself die skuld gee vir hulle ouers se siekte of bekommernis.
Om haar dogter te vertel is belangrik sodat sy haarself kan voorberei op haar ma se sterfte. Sy het tyd nodig om afskeid te neem. Hulle moet die tyd wat hulle saam het, goed benut.
Dit is nie maklik vir ouers om hulle kinders te vertel dat hulle MIV-positief is nie. Kinders kan dieselfde gevoelens ondervind wat hulle deurgemaak het toe hulle die eerste keer uitgevind het dat hulle MIV-positief is. Hulle het byvoorbeeld dalk bang, kwaad of hartseer gevoel. Daar moet onthou word dat dit normale emosies is.
Wanneer sy haar dogter vertel dat sy MIV-positief is, moet jou vriendin die volgende in ag neem: (a) haar dogter kan baie vrae vra en kan baie steun nodig hê. (b) Probeer om duidelike, eerlike antwoorde te gee. Sy moet al die korrekte inligting oor MIV en vigs kry. (c) Jou vriendin moet haar dogter se gevoelens in ag neem en haar aanmoedig om te praat oor hoe sy voel en veral oor haar vrese oor MIV en vigs.
Dit sal ook belangrik wees dat jou vriendin nog 'n familielid of -lede (wat sy reeds ingelig het) vra om by te wees wanneer sy haar dogter van haar MIV-status vertel, om haar dogter 'n sin te gee van wie sy is. Dit sal goed wees as jy daar kan wees vir ondersteuning, omdat dit sal help om die band tussen jou en haar dogter te verstewig. As jy die jong meisie toelaat om haar gevoelens oor haar ma se MIV-status met jou te deel, sal dit haar laat voel dat iemand daar is vir haar. Dit kan dit vir haar makliker maak om met jou en die ander familielede oor haar ma te praat na haar dood. Sy sal nou baie steun nodig hê en veral wanneer haar ma sterf. Steun vir haar dogter sal jou vriendin ook gemoedsrus gee.
Dit kan jou vriendin en haar dogter help as hulle 'n gesinstradisie ontwikkel, iets wat hulle sal geniet om gereeld te doen. Dit kan miskien een keer 'n week gebeur. Hulle kan byvoorbeeld 'n spesiale ete deel of saam 'n fliek kyk. Dit kan iets wees wat die dogter dalk na haar ma se dood saam met jou kan voortsit, iets waardeur sy haar ma sal onthou en wat haar 'n gevoel van voortsetting sal gee.
Nog 'n manier waarop belangrike herinnerings bewaar kan word is met 'n onthoukissie. Jou vriendin kan enigiets wat vir haar iets beteken bymekaar maak en dit vir haar dogter in die onthoukissie sit. Dit kan byvoorbeel 'n stuk klere, foto's, stukkies juwele of spesiale kaartjies wees. Jou vriendin kan ook 'n brief vir haar dogter skryf waarin sy sê hoe lief sy vir haar is en dit kan in die onthoukissie gesit word wat na haar dood oopgemaak kan word. Dit sal die dogter waarskynlik baie troos as sy iets tasbaar het wat haar herinner aan haar ma en die liefde wat hulle met mekaar gedeel het.
Jou vriendin en haar dogter het nou baie steun nodig en hulle is gelukkig dat jy bereid is om daar te wees om hulle by te staan in dié moeilike tyd in hulle lewens.
INHOUD
Volgende Afdeling
INHOUD: Kwelvrae oor MIV en Vigs
Hoe Vertel Ek My Dogter Van My MIV-status?
Is Berading Nodig Voordat Mens 'n Vigstoets Ondergaan?
Kan ek my Baba Borsvoed as ek MIV-positief is?
Is dit Moontlik om deur Orale Seks met MIV Besmet te Word?
Kan Mens Voorkom dat jy MIV-besmetting deur Orale Seks Opdoen?
Wat Is Teen-retrovirale Terapie? Hoe Werk Dit?
Hoekom Lyk dit of Swart Vroue in Suid-Afrika Meer Kwesbaar is vir MIV-besmetting as Enigeen Anders?
Kan Mens deur Sosiale Kontak met MIV Besmet Word?
Watter Bewyse is daar dat Goeie Voeding Deurlopend die Immuunrespons Verbeter?
Kan ek Daarop Aandring dat Iemand 'n MIV-toets moet Ondergaan Voordat ek Hom of Haar Aanstel?
Hoe kan ek my Vriendin Ondersteun wat met MIV en Vigs Leef?
Wat Moet ek Oorweeg Voordat ek my MIV-positiewe Status aan Nabye Vriende en Familie Onthul?
Hoekom Moet jy Altyd Kondome Gebruik Terwyl jy Teenretrovirale Middels Neem?
Watter Raad en Berading oor MIV en Vigs is Beskikbaar vir Klein- en Mediumgrootte Ondernemings?
Moet ek Alleen Gaan of Behoort ek my Seksmaat Saam met my te Neem vir 'n MIV-toets?
Hoe Werk die Regering se TRV-program en Waar kan ek die Medisyne in die Hande Kry?
My MIV-toets was in 1998 toe ek TB gehad het Positief. Behoort ek Nou met TRV's te Begin?
Hoe Praat ek met my Kinders oor MIV en Vigs?
Kan my Kinders Toevallig MIV Opdoen?
Wat is die Kanse dat my Kind MIV en Vigs by die Speelskool kan Opdoen?
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 10 Januarie 2006 hersien
Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
