TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Publikasies
Openbare Inligting
Kapingsbewustheidsgids 
Vrae en Antwoorde
Vrae en Antwoorde
Wanneer is ek die Kwesbaarste?
By verkeersligte
By 'n stopstraat of 'n toegeeteken
By ander kruisings
Voor private wonings
By sakepersele
By winkels, poskantore, telefoonhokkies, ens.
By vulstasies
Slagoffers wat in geparkeerde motors sit
Motors wat onder valse voorwendsels van die pad afgedwing word
Slagoffers wat parkeer, dit is óf motors aanskakel óf geparkeerde motors nader/verlaat
Slagoffers wat staan of langs die pad werk, byvoorbeeld telefoonkabels herstel
Terwyl goed op- of afgelaai word
Deur duimgooiers
Terwyl taxis passasiers op/aflaai
Onbekend
Wie is die Kapers?
Tot op hede was die oorweldigende meerderheid van alle kapers mans, en af en toe vroue wat in groepe van vier of vyf, soms meer, werk. Die kapers is gewoonlik baie jonk, tieners of in hulle vroeë twintigs, hoewel sommige slagoffers 'n "spanleier" aanmeld, wat ouer gelyk het. Vroue word gebruik om moontlike slagoffers 'n valse gevoel van veiligheid te gee, omdat die meeste van ons minder bedreig voel in die teenwoordigheid van 'n vrou as by 'n man.
Die mense is soms netjies aangetrek, maar nie altyd nie. Hulle kan 'n baadjie of trui dra waaronder wapens versteek kan wees, meesal handgewere en messe, maar soms AK47-aanvalswapens.
Die kapers werk uit motors, hoewel dit bekend is dat van hulle te voet aanval. Die motors wat hulle gebruik wissel, maar dit is gewoonlik hoë-prestasie voertuie, soms met donker vensters. Die manier waarop hulle bestuur is dadelik verdag. Voor 'n aanval kan hulle stadig in 'n spesifieke gebied rondry (dikwels dae voor die aanval) sonder enige duidelike oogmerk of spesifieke rigting. Hulle kan ook eenvoudig in die motor sit wat geparkeer is langs die pad of in 'n parkeergarage. Onmiddellik na die aanval verander hulle bestuursgewoontes dramaties. Hulle sal wegjaag en dalk senuagtig of roekeloos bestuur, maar dikwels met 'n sin van bravado asof hulle dit geniet om in die openbaar hulle totale minagting van die gereg en die onskuldige mens wat hulle pas aangeval het ten toon te stel. Hulle kan rooi verkeersligte ignoreer, oor stopstrate ry en deur die verkeer vleg, veral op hoofweë. Dit maak hulle hoogs sigbaar vir die publiek en dit is waar gewone mense 'n belangrike rol kan speel om te help om die mense in hegtenis te neem .
Die polisie moedig mense aan om gebruik te maak van die 10111 telefoonnommer as hulle hulself in 'n kapingsituasie bevind. Dit is ook beskikbaar vir enigeen wat 'n voertuig sien wat verdag lyk en hulle volg of in die buurt rondhang.
Is daar Verskillende Soorte Kapings?
Die "Vrag" kaping, waarin 'n handelsvoertuig gekaap word, is nie net om die voertuig in die hande te kry nie, maar ook die vrag, wat van aansienlike waarde kan wees. Die vrag is dikwels van meer belang vir die kaper as die vragmotor.
Die "Vervoer" kaping, waarin die voertuig gesteel word vir die uitsluitlike doel om dit as vervoermiddel te gebruik in ander misdade soos dwelmsmokkelary, rooftogte, bankrowe en wapensmokkelary. Die voertuie word waarskynlik later uitmekaargehaal vir onderdele of eenvoudig agtergelaat.
Die "Windmaker" kaping, waarin 'n bende optree uit egoïstiese bravado, met die "dit is die koel ding om te doen" motivering. Portuurgroepdruk is baie hoog en indiwidue kan oorreed word om meer gevaarlike en traag-my-nie-agtige dinge te doen, en as 'sissies' uitgekryt word as hulle nie saamspeel nie. Dus is intimidasie, geweld en vandalisme deel van die misdaad.
Die "Operasionele" kaping, waarin 'n groep formeel saamwerk op 'n meer gestruktureerde manier. Hulle het gewoonlik ervaring met motordiefstal en het kontak bewerkstellig met die motorvoertuig-onderwêreld waar kontant ontvang en betaal sal word vir gesteelde voertuie of onderdele. Hulle het dikwels ook inligting met betrekking tot die internasionale swartmark, bv. die verskaf van gesteelde motors aan Suid-Afrika se buurstate.
Die "Sindikaat-" kaping, wat die mees georganiseerde van almal is en dikwels internasionale bande het. 'n Netwerk van kapingsgroepe word gestig en die oorhoofse koördineerder deel die werk aan sindikate uit sodat hy buite sig bly net soos die "dwelmbaronne" muile gebruik. Dit maak die uitken en inhegtenisneming van die ringkop baie moeilik.
Daarby het 'n sindikaat dikwels groot geld agter die operasie, veral as daar internasionale bande is, en maak hulle ten volle gebruik van enige moontlikheid om die owerhede om te koop om hulle operasies te beskerm.
Watter Voorkomende Maatreëls kan ek Tref wat my Eiendom Betref?
Maak seker dat enigeen wat jou eiedom verlaat in hulle motor kan klim, dit kan aanskakel, die deure kan sluit en ten volle voorbereid kan wees om weg te ry voordat die hekke oopgemaak word. Dink elke keer aktief daaraan wanneer iemand jou perseel verlaat.
Maak indien moontlik seker dat enigeen wat jou perseel verlaat dit kan doen sonder om in trurat die pad in te ry. Agteruitry dwing jou om op bestuur te konsentreer en nie op wat buite die hek wag nie. Dit belemmer sig ook aansienlik.
As jou besoekers in die straat moet parkeer, stap saam met hulle uit en maak seker dat die pad veilig is vir hulle. As jy honde het, neem hulle saam met jou, veral na donker.
Maak seker dat jou hek en oprit na donker goed belig is . Vervang gloeilampe wat geblaas het onmiddellik.
Maak seker dat jou huisnommer altyd duidelik sigbaar is, bedags of snags.
Installeer elektriese hekke - beskou dit nou as 'n noodsaaklikheid, eerder as 'n luukse.
As jy elektriese hekke en 'n knoppie het wat gedruk moet word, maak seker dat besoekers die knoppie kan bereik sonder dat hulle uit hulle motors hoef te klim.
By die huis, wanneer iemand die klokkie gelui het en jy vasgestel het dat die persoon jou eiendom mag binnekom, moenie hulle langer as wat absoluut nodig is buite laat staan en wag nie.
Moenie jou eiendom verlaat nie of huiwer om daarvandaan weg te ry as jy 'n verdagte persoon of motor in jou onmiddellike omgewing sien.
Wees veral op die uitkyk as jy in 'n doodloopstraat woon, gegewe die enkele in- en uitgang. Al hoe meer inwoners versper doodloopstrate en neem 'n wag by die ingang in diens. Maar moenie vergeet om met die Stadsraad daaroor oorleg te pleeg nie.
Wanneer jy bestuur, moenie opsigtelike juwele, swaar goue kettings, groot hangoorbelle, 'n goue horlosie, of enigiets dra wat maklik op 'n afstand gesien kan word deur iemand wat toevallig verbyloop nie.
Moet nooit enige belangrike dokumente in jou motor los nie, soos tjekboeke, bankstate, kwitansies, telefoonrekenings, kredietkaarte, sleutels, afstandbeheereenhede of persoonlike pos, enigiets wat persoonlike besonderhede kan gee, terwyl jy bestuur of die motor geparkeer is nie.
Voertuigopsporing: die enigste oplossing vir misdade wat met voertuie verband hou is om opspoorstelsels te laat installeer.
Hoe Behoort ek te Reageer in 'n Kapingsvoorval?
Maak nie saak hoe woedend jy op daardie oomblik is nie, jou primêre oogmerk moet wees om jou persoonlike veiligheid en dié van jou passasiers te probeer verseker. Die behoud van mense se lewens moet voorkeur kry bo materiële bates.
Moet niks doen wat die kapers kan ontstel nie. Moet nooit self enige beweging inisieer nie. Dit kan die kapers die indruk gee dat jy na 'n geweer of paniekknoppie reik. Onthou - die kapers sal net so senuagtig as jy wees, indien nie meer nie. Moenie met jou hande beduie nie. Sê eerder aan die kapers waar hulle items kan kry. Hou jou hande duidelik sigbaar en so stil as moontlik, verkieslik op borshoogte. Moenie hulle bo jou kop lig nie omdat die kapers dit kan beskou as 'n manier waarop jy 'n derde party se aandag probeer trek.
Beantwoord Alle Vrae Eerlik veral wat vuurwapens betref. As die kaper uitvind of vermoed dat jy vir hom gelieg het, is dit meer waarskynlik dat hy geweldadig sal word of fisies sy frustrasies op jou sal uithaal.
Probeer selfs in jou geskokte en vreesbevange toestand luister en verstaan presies wat die kapers van jou wil hê.
Probeer daarop konsentreer om moontlik later jou aanvallers te kan uitken. Maar onthou - dit beteken nie dat jy na jou aanvallers moet staar en dit duidelik moet maak dat jy 'n manier soek om hulle uit te ken nie. As jy openlik na hulle staar sal hulle minder gewillig wees om jou vry te laat, omdat hulle sal dink dat jy inkriminerende bewyse teen hulle het.
As julle jou ontvoer - werk ten volle met hulle saam. As daar 'n baba op die agtersitplek slaap wat hulle dalk nie raakgesien het nie, sê vir die aanvallers daarvan. Sê aan hulle dat deur weg te ry met jou kind, hulle dinge vir hulleself moeiliker maak. Vra hulle om jou kind te gaan haal. Moenie na die motor beweeg sonder hulle uitdruklike toestemming nie. Sê aan hulle dat 'n baba geen kwade bedoelings het nie en nie 'n bedreiging is nie. Doen dieselfde as jy 'n troeteldier in die motor het. Moenie die saak voer tot op 'n punt waar jou lewe in gevaar kan wees ter wille van die troeteldier nie.
INHOUD
Vorige Afdeling
INHOUD: Kapingsbewustheidsgids
Inleiding
Hoe om 'n Kapingsituasie te vermy
Hoe om Gevare te Verminder
Wat is 'n Verdagte Voertuig/Persoon?
Vrae en Antwoorde
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 29 Desember 2005 hersien
Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
