TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Publikasies
Openbare Inligting
Kapingsbewustheidsgids 
Hoe om Gevare te Verminder
Hoe om Gevare te Verminder
Hoewel daar geen waarborg is oor watter optrede kapings sal voorkom nie, kan die volgende gesonde verstand-tegnieke die gevaar verminder:
Wanneer jy in jou Voertuig Inklim en Terwyl jy Bestuur:
Hou jou sleutels gereed, maar nie sigbaar nie.
Inspekteer die buitekant en binnekant van die voertuig voordat jy dit oopsluit.
Weet waar jou bestemming is en hoe om daarby uit te kom, en wees waaksaam as jy sou verdwaal.
Ry altyd met jou vensters en deur gesluit en/of toe.
Wees bewus van enige Polisiekantore in die omgewing terwyl jy bestuur.
Wanneer jy 'n passasier aflaai, maak seker dat hulle veilig in hulle eie voertuie is voordat jy wegry.
Vermy gebiede waar misdaad hoogty vier of wat onbekend is.
Moenie laat in die aand of vroeg in die oggend ry wanneer die paaie stil is nie.
Ry in die middelbaan, weg van voetgangers waar dit moontlik is.
Probeer om nie alleen te ry nie.
Moet NOOIT, OOIT duimgooiers oplaai nie.
Moenie dieselfde roetes volg wanneer jy bestuur nie; verander gereeld van roete.
Moenie vensters meer as 5cm ooplaat nie.
Wanneer jy Parkeer:
Maak in jou truspieël seker dat jy nie agtervolg word nie.
Wanneer jy na donker tuis kom, maak seker dat daar 'n buitelig aan is, of laat iemand jou by die deur inwag.
Wanneer jy uit jou voertuig klim moet jy versigtig wees en bewus wees van plekke of bosse waar 'n kaper kan wegkruip.
Moet nooit in jou geparkeerde motor sit sonder om bewus te wees van jou omgewing nie. Om in 'n stilstaande motor te slaap is veral gevaarlik.
Wanneer jy jou inrit nader moet jy op die uitkyk wees vir verdagte voertuie/persone.
INHOUD
Vorige Afdeling
Volgende Afdeling
INHOUD: Kapingsbewustheidsgids
Inleiding
Hoe om 'n Kapingsituasie te vermy
Hoe om Gevare te Verminder
Wat is 'n Verdagte Voertuig/Persoon?
Vrae en Antwoorde
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 29 Desember 2005 hersien
Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
