TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Publikasies
Openbare Inligting
Kapingsbewustheidsgids 
Hoe om 'n Kapingsituasie te vermy
Hoe om 'n Kapingsituasie te vermy
Tref Voorsorg:
Wees vertroud met jou omgewing.
Leer wie in die omgewing van jou huis of werkplek hoort en wie nie.
Hou jou oë oop vir enigiets buitengewoon.
Sluit al die deure en maak die vensters toe voordat jy ry.
Probeer jou roete afwissel na die werk, die gimnasium - al die plekke waarheen jy gereeld gaan.
Kapers is ook professionele mense, hulle beplan hulle aanvalle fyn.
Maak seker dat al jou spieëls so gestel is dat jy die beste moontlike uitsig het op die omgewing om jou voertuig.
Probeer sowat 5m agter die motor voor jou stilhou by 'n stopstraat of verkeerslig - dit maak dit makliker om weg te kom as daar moeilikheid is.
Moenie in die Volgende Strikke Trap nie:
Vals hulpkrete.
Ongelukke" soos wanneer daar van agter af in jou motor vasgery word.
Iemand wat hulp probeer kry uit 'n stilstaande voertuig.
Jou elektriese hekke wat vashaak
Ken Jou Omgewing:
As 'n vreemdeling jou nader terwyl jy in jou motor is, ry weg indien moontlik en/of gebruik jou toeter om aandag te trek.
Wees altyd op die uitkyk vir karakters of voertuie wat verdag lyk en moenie huiwer om iets by die polisie aan te meld nie.
Wees altyd bedag op moontlike gevaar, en wees op die uitkyk vir moontlike wegkomroetes en veilige skuilings op pad.
As jy agterdogtig raak oor enige mens of voertuig in 'n hoë-risikogebied, hanteer dit as 'n gevaarlike situasie en tree dienooreenkomstig op (ignoreer met ander woorde 'n rooi verkeerslig as dit veilig is om die kruising oor te steek; draai af of jaag weg van wat jy beskou as 'n gevaarlike gebied) en ontbied bystand waar nodig.
Hou altyd jou identiteitsdokument en rybewys by jou; en 'n pen en notaboek om aantekeninge te maak.
Vermy indien moontlik reise wanneer dit donker is. Kapers kan 'n klein ongeluk naboots, byvoorbeeld, as jou motor van agter gestamp word en jy voel nie gerus oor die situasie nie, ry na die naaste Polisiekantoor vir hulp.
Moet nooit jou voertuig se venster of deur vir enige vreemdeling oopmaak nie. As 'n verdagte persoon naby jou leë motor is, moenie dit nader nie. Hou aan loop na die naaste openbare gebied en vra hulp.
INHOUD
Vorige Afdeling
Volgende Afdeling
INHOUD: Kapingsbewustheidsgids
Inleiding
Hoe om 'n Kapingsituasie te vermy
Hoe om Gevare te Verminder
Wat is 'n Verdagte Voertuig/Persoon?
Vrae en Antwoorde
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 29 Desember 2005 hersien
Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
