






TUISBLAD|JOU LEWE|ONDERWERPE|PUBLIKASIES |GIDSE |JOU REGERING|TENDERS|WERKGELEENTHEDE





English
|
isiXhosa
|
Aangaande
|
Kontak
|
Hulp
|
Gevorderde Soektog  |



 





Tuisblad > Publikasies > Openbare Inligting > K > Alles wat jy moet Weet oor die Registrasie van 'n Organisasie sonder Winsmotief &gt Vrae wat Dikwels oor OSW's Gevra Word

Vrae wat Dikwels oor OSW's Gevra Word



1. Hoe doen organisasies aansoek?
Vul die registrasievom in, saam met twee afskrifte van die organisasie se stigtingsdokumente of grondwette aan die OSW-direktoraat

2. Watter organisasies kan aansoek doen?
Enige organisasie wat nie 'n winsmotief het nie en nie deel van die regerings is nie kan aansoek doen om registrasie, dit is Vrywilligerorganisasies/NRO's, Afdeling 21-maatskappye en Trusts.

3. Wat kos dit om 'n OSW te laat registreer?
OSW-registrasie is gratis.

4. Waar kry ek 'n aansoekvorm en 'n grondwetmodel?
'n Aansoekvorm is op versoek beskikbaar by die Departement, telefoonnommer 012 312 7500 of op die webwerf. Stuur die dokumente aan die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling, Privaatsak X901, Pretoria, 0001 of die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing (RGN)-gebou, Vyfde Verdieping, Pretoriusstraat 134, Pretoria, 0001.

5. Watter voordele hou registrasie in?
Jou organisasie kan geld kry van die Nasionale Loteryetrust en ander agentskappe. Jou organisasie kan ook by die Suid-Afrikaanse Inkomstediens aansoek doen om kwytskelding van belasting.

6. Befonds die regering OSW's na registrasie?
Die OSW-direktoraat se rol is om organisasies te registreer en nie om hulle te befonds nie. Die Wet skep net 'n omgewing wat dit moontlik maak vir organisasies om te werk en te floreer.

7. Wat is 'n Rekenpligtige Amptenaar?
Kragtens die Wet op Beslote Korporasies van 1984 is 'n Rekenpligtige Amptenaar 'n geregistreerde persoon wat betaal word om organisasies se boeke in ooreenstemming met rekenkundige en finansile prosedures en beginsels te hanteer.

8. Hoe kan ons appelleer teen die besluit van die direktoraat na de-registrasie?
Stuur vir ons 'n brief van appl en jy sal ingelig word oor die presiese datum van die verhoor.

9. Kan ek weer aansoek doen nadat my registrasie opgehef is?
Ja, jy kan weer aansoek doen deur vir ons die oorspronklike sertifikate en twee afskrifte van die organisasie se stigtingsdokumente, sowel as die aansoekvorm, te stuur.


INHOUD | < Vorige Afdeling | Volgende Afdeling >


INHOUD: Alles wat jy moet Weet oor die Registrasie van 'n Organisasie sonder Winsmotief

* Alles wat jy moet Weet oor die Registrasie van 'n Organisasie sonder Winsmotief
* Vrae wat Dikwels oor OSW's Gevra Word
* OSW-dokumente
* Stappe in die Registrasieproses
* Kontakbesonderhede





This content also available in English | Le nkcazelo iyafumaneka nangesi Xhosa

VERWANTE INLIGTING

* Registrasie en Befondsing van Nie-winsgewende Organisasies (Diens)



Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 27 Junie 2005 hersien



Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.



| VRAE? Vra vir ons: questions@capegateway.gov.za



Gebruiksvoorwaardes | Privaatheidsbeleid | Kopiereg







Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering





