






TUISBLAD|JOU LEWE|ONDERWERPE|PUBLIKASIES |GIDSE |JOU REGERING|TENDERS|WERKGELEENTHEDE





English
|
isiXhosa
|
Aangaande
|
Kontak
|
Hulp
|
Gevorderde Soektog  |



 





Tuisblad > Publikasies > Openbare Inligting > I > Kwelvrae oor MIV en Vigs &gt Watter Raad en Berading oor MIV en Vigs is Beskikbaar vir Klein- en Mediumgrootte Ondernemings?

Watter Raad en Berading oor MIV en Vigs is Beskikbaar vir Klein- en Mediumgrootte Ondernemings?



Vraag: Ek het 'n kleinerige onderneming met net agtien werknemers. Ek hoor aanmekaar van die uitwerking van MIV en vigs op sake-ondernemings, maar het nie 'n benul wat ek aan die situasie kan doen nie. In elk geval lyk dit of al my werknemers gesond is. Watter raad is daar vir my?

Antwoord: As jy agtien werknemers het, dui statistiek daarop dat drie of vier die MI-virus onder lede kan h. As werkers met die virus in die vroe stadium van die siekte is, is dit onwaarskynlik dat hulle nou al enige simptome van die siekte sal toon. Maar as hulle nie weet wat hulle status is nie en daarom nie daarvolgens optree nie, kan jy vind dat verskeie van jou sleutelwerkers oor 'n jaar of twee min of meer dieselfde tyd siek kan word. Daarom en weens ander belangrike redes is dit baie nodig dat al jou personeel MIV-inligting kry en die geleentheid gegee word om vrywillig berading te kry en getoets te word om vas te stel of hulle MIV-positief is. Dit is onwettig vir enige maatskappy om werknemers te laat toets sonder vrywillig-ingeligte toestemming (1) praktyk voor-indiensneming toetsing of
(2) om bestaande werknemers te laat toets sonder hulle ingeligte toestemming (vrywillige instemming om getoets te word na toepaslike vooraf berading).

Met dit in gedagte het jy ingeligte raad nodig oor hoe om te werk te gaan om jou personeel aan te moedig om vrywillige berading en toetsing te ondergaan. Eerstens moet besef word dat personeel die reg het tot volkome vertroulikheid oor hulle status. Met ander woorde, selfs as hulle toets positief sou wees, is hulle onder geen verpligting om dit aan jou te onthul nie.

Dikwels is die beste manier om te begin om 'n gekwalifiseerde persoon te vra om jou te ontmoet sodat julle saam ooreen kan kom oor 'n MIV-werkplekbeleid, wat 'n inligtingstrategie insluit wat pas by die besondere behoeftes van jou onderneming. Die Werkplekbeleid moet saamgestel word deur 'n taakspan wat ten volle verteenwoordigend is wat betref bestuur, werkers, werkersverteenwoordigers en vakbondverteenwoordigers. Die volgende stap kan wees dat jy moet uitkom by kenners wat jou MIV- en vigsinligting-opleiding vir jou werksmag kan instel, met die uiteensetting van die belangrikste kwessies wat met MIV-berading en -toetse te doen het. Die oogmerk hiermee is om in te lig en om waninligting reg te stel, terwyl indiwidue aangemoedig word om hulle eie houdings en gedrag te ondersoek sodat hulle 'n ingeligte besluit kan neem oor of hulle 'n MIV-toets moet ondergaan of nie.

Jy moet duidelik uiteensit wat jou beleid is wat MIV-positiewe personeel betref wat op alle stadiums van die infeksie is en wat die implikasies is vir ander personeellede en die maatskappy. Die doel van 'n MIV- en vigsprogram moet insluit die beperking van die gevaar van besetting sowel as om reeds-besmette personeel gesond te hou.

Volgens wet mag werknemers se diens nie beindig te word net omdat hulle MIV-positief is nie. Solank hulle fiks genoeg is om hulle pligte uit te voer het hulle die reg om in diens te bly. Net as hulle in 'n gevorderde stadium van die siekte is, wat hulle erg affekteer, kan dit geregverdig wees om hulle van die werk af te sit op grond van ongeskiktheid en in daardie stadium sal hulle geregtig wees op die normale ooreengekome voordele. Personeellede mag ook nie weier om te werk saam met kollegas wat hulle MIV-positiewe status onthul het nie.

Beperkte ruimte laat ons net toe om sommige van die betrokke kwessies te noem. Vir hulp in die toekoms stel ons voor dat jy in verbinding tree met een van die organisasies wat raad en berading verskaf vir klein- en mediumgrootte ondernemings. Inligting is beskikbaar van ATICC.


INHOUD | < Vorige Afdeling | Volgende Afdeling >


INHOUD: Kwelvrae oor MIV en Vigs

* Hoe Vertel Ek My Dogter Van My MIV-status?
* Is Berading Nodig Voordat Mens 'n Vigstoets Ondergaan?
* Kan ek my Baba Borsvoed as ek MIV-positief is?
* Is dit Moontlik om deur Orale Seks met MIV Besmet te Word?
* Kan Mens Voorkom dat jy MIV-besmetting deur Orale Seks Opdoen?
* Wat Is Teen-retrovirale Terapie? Hoe Werk Dit?
* Hoekom Lyk dit of Swart Vroue in Suid-Afrika Meer Kwesbaar is vir MIV-besmetting as Enigeen Anders?
* Kan Mens deur Sosiale Kontak met MIV Besmet Word?
* Watter Bewyse is daar dat Goeie Voeding Deurlopend die Immuunrespons Verbeter?
* Kan ek Daarop Aandring dat Iemand 'n MIV-toets moet Ondergaan Voordat ek Hom of Haar Aanstel?
* Hoe kan ek my Vriendin Ondersteun wat met MIV en Vigs Leef?
* Hoe Verwerk ek 'n Vigssterfte?
* Wat Moet ek Oorweeg Voordat ek my MIV-positiewe Status aan Nabye Vriende en Familie Onthul?
* Hoekom Moet jy Altyd Kondome Gebruik Terwyl jy Teenretrovirale Middels Neem?
* Watter Raad en Berading oor MIV en Vigs is Beskikbaar vir Klein- en Mediumgrootte Ondernemings?
* Moet ek Alleen Gaan of Behoort ek my Seksmaat Saam met my te Neem vir 'n MIV-toets?
* Hoe Werk die Regering se TRV-program en Waar kan ek die Medisyne in die Hande Kry?
* My MIV-toets was in 1998 toe ek TB gehad het Positief. Behoort ek Nou met TRV's te Begin?
* Hoe Praat ek met my Kinders oor MIV en Vigs?
* Kan my Kinders Toevallig MIV Opdoen?
* Wat is die Kanse dat my Kind MIV en Vigs by die Speelskool kan Opdoen?





This content also available in English | Le nkcazelo iyafumaneka nangesi Xhosa



Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 10 Januarie 2006 hersien



Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.



| VRAE? Vra vir ons: questions@capegateway.gov.za



Gebruiksvoorwaardes | Privaatheidsbeleid | Kopiereg







Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering





