TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Publikasies
Openbare Inligting
I 
Hoe om Water te Bespaar
Hoe om Water te Bespaar
Hier is 'n paar maklike wenke oor hoe om water (en geld) tuis te bespaar:
Draai die kraan toe terwyl jy jou tande borsel (dit bespaar tot 20 liter water), of wanneer jy skeer (dit bespaar tot 45 liter!).
n Bad gebruik gemiddeld 160 liter water - 'n stort wat vyf minute duur gebruik 60 liter. Stort eerder as om te bad, gebruik 'n kleiner bad of bad saam.
Maak seker dat jou wasmasjien of skottelgoedwasser heeltemal vol is voordat jy dit gebruik.
Dink voordat jy glase en messegoed onder lopende water afspoel.
Verminder die hoeveelheid water wat in die toilet afspoel. Deur 'n "Hippo-sak" te installeer of 'n 2-liter plastiek bottel vol water in die waterbak van jou toilet te sit kan jy elke jaar tot 7 300 liter water bespaar.
Maak seker dat water nie in jou toilet uitlek nie deur 'n paar druppels voedselkleursel in die waterbak te drup - as die kleur in die bak uitlek, is daar 'n lekplek. 'n Toilet wat lek kan tot 30 liter water per uur mors!
n Druppende kraan (een druppel per sekonde) kan tot 30 liter water per uur mors - wat 10 000 liter per jaar se vermorsing kan beteken!
Wees op die uitkyk vir lekkende toilette en krane in jou huis, skool of werkplek en huur 'n loodgieter as daar enige probleme is. In die meeste gevalle kan die geld wat op herstelwerk bestee word, oor 'n tydperk (gewoonlik minder as 'n jaar) herwin word deur laer waterrekeninge.
Gebruik jy 'n tuinslang om jou motor te was? Oorweeg dit om twee emmers water daarvoor te gebruik. Dit kan jou elke keer tot 300 liter water bespaar.
Waterbesparing in die tuin:
Grasperke word gewoonlik heeltemal te veel natgelei en gebruik tot vier keer meer water as ander plante. Gaan jou besproeiingstelsel na en maak seker dat jou water nie in die straat afloop nie.
Lei jou tuin net voor 10:00 of na 16:00 nat.
Oorweeg dit om jou bad- of opwaswater in jou tuin te hergebruik. Daar is professionele gryswater hersirkuleringstelsels op die mark.
Hou dié wenk n gedagte: as jy jou tuin minder gereeld, maar dieper (vir 'n langer tydperk) natlei, moedig jy in werklikheid 'n dieper wortelstelsel aan, wat sterker plante tot gevolg het. Dié gebruik kan van die meeste gevestigde plante, waterwyse plante maak.
En vir die Nywerheid- en Handelsektor:
Besit of bestuur die fabriek of gebou waarin jy werk outomaties-spoelende urinale? Dit is die ergste watervermorsers. As jy dit nie onmiddellik kan laat omskakel na stelsels wat die gebruiker aktiveer nie, draai asseblief die water oor naweke of na werksure toe. Skole wat dit doen het byvoorbeeld tot R5 000 op hulle jaarlikse waterrekening bespaar.
Spoel jou geboubestuurder nog die voorhowe en plaveisel met 'n tuinslang af? Dit beteken letterlik dat water (en dus geld ook) wegspoel.
Is die loodgieterswerk vir lekplekke nagegaan?
Onderhoudswerk aan toiletpasstukke kan ook duisende liters water wat onnodig weggespoel word, bespaar. Toilette behoort op die meeste twee tot vier sekondes lank te spoel en urinale, op die meeste ses tot agt sekondes lank.
Jy kan maklik, sonder om jou lewensstyl drasties te verander, 10% op jou jaarlikse waterrekening bespaar.
VERWANTE INLIGTING
Energiebesparingswenke (Openbare Inligting)
Bestuur Slim - Bespaar Brandstof - Bespaar Geld (Openbare Inligting)
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 21 September 2004 hersien
Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
