






TUISBLAD|JOU LEWE|ONDERWERPE|PUBLIKASIES |GIDSE |JOU REGERING|TENDERS|WERKGELEENTHEDE





English
|
isiXhosa
|
Aangaande
|
Kontak
|
Hulp
|
Gevorderde Soektog  |



 





Tuisblad > Publikasies > Openbare Inligting > I &gt Borskankerinligtingstuk

Borskankerinligtingstuk



2003

Provinsiale Departement van Gesondheid (Wes-Kaapse Provinsiale Regering)

OUTEUR: Department of Health (National)



OPSOMMING

'n Enkele inligtingstuk wat syfers en die voorkoms van borskanker en die risikofaktore wat met di vorm van kanker verbind word, uiteensit.





BLY IN AANRAKING MET JOU LIGGAAM EN OORWIN BORSKANKER


* Westerse Samelewings het die hoogste voorkoms van borskanker, 60 -70 per 100 000 vroue.
* Borskanker is die mees algemeen-gediagnoseerde kanker in vroue en op die oomblik die voorste oorsaak van die voorkoms van kanker onder vroue in Suid-Afrika (16.6 %).
* Dit is die nommer 1 kankerdianose onder die Wit en Asiese vrouebevolkings (17.9% en 24.4% onderskeidelik), afgesien van velkanker.


* Tussen 1993 en 1995 is 'n jaarlikse gemiddeld van 3 785 nuwe gevalle gediagnoseer.
* Elke vrou loop die risiko van Borskanker. Die gevaar raak groter hoe ouer jy word.
* Baie risikofaktore is vir Borskanker uitgeken. Maar al die faktore gee net die redes vir omtrent 1/3 van die voorkomste. Al die ander gevalle bly 'n raaisel, en navorsing word daaroor gedoen deur wreldwye inisiatiewe.
* Tot op datum is kennis oor risikofaktore nie omgesit in praktiese maniere om Borskanker te voorkom nie en daarom is die beste manier om sterftes weens Borskanker te voorkom, vroe opsporing.
* Baie teori lui dat moontlike oorsake oorerwing, dieet, omgewingsfaktore, hormoonaktiwiteit of 'n kombinasie daarvan insluit.
* Vroue kom self op 9 uit 10 knoppe af.
* Die meeste knoppe (omtrent 80%) is nie kwaadaardig nie maar 'n knop kan af en toe 'n vroe teken van Borskanker wees. Enige verandering moet egter deur 'n dokter nagegaan word.
* Borssiekte is uiters algemeen. Dit begin as 'n knop of verdikking in die bors, wat klinies ondersoek moet word.
* Borsselfondersoek (BSO) is die borskankertoetsmetode wat jy self kan gebruik, saam met 'n borsondersoek deur jou dokter en mammogramme (bors-x-strale).
* Dit is raadsaam vir vroue ouer as 40 om jaarliks 'n mammogram te h.






This content also available in English | Le nkcazelo iyafumaneka nangesi Xhosa

VERWANTE INLIGTING

* Toetsing vir Borskanker (Diens)
* Borsselfondersoek (Openbare Inligting)



Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 2 Augustus 2005 hersien



Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.



| VRAE? Vra vir ons: questions@capegateway.gov.za



Gebruiksvoorwaardes | Privaatheidsbeleid | Kopiereg







Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering





