






TUISBLAD|JOU LEWE|ONDERWERPE|PUBLIKASIES |GIDSE |JOU REGERING|TENDERS|WERKGELEENTHEDE





English
|
isiXhosa
|
Aangaande
|
Kontak
|
Hulp
|
Gevorderde Soektog  |



 





Tuisblad > Publikasies > Openbare Inligting > F > Kwelvrae oor MIV en Vigs &gt Hoe kan ek my Vriendin Ondersteun wat met MIV en Vigs Leef?

Hoe kan ek my Vriendin Ondersteun wat met MIV en Vigs Leef?



Vraag: Een van my beste vriende lewe met MIV en vigs. Wat is die beste manier waarop ek my vriendin kan ondersteun en terselfdertyd die emosionele uitwerking en impak hanteer wat dit op my lewe en verhoudings het?

Anrwoord: 'n Diagnose van MIV en vigs raak nie net die indiwidu nie. Dit kan die familie, vriende en selfs die gemeenskap raak. Die diagnose en die wete dat mens met MIV en vigs saamleef kan pynlik wees en baie aspekte van die lewe raak: fisies, emosioneel, sosiaal, geldelik en geestelik; dit kan 'n bykomende stremming wees op indiwidue en hulle verhoudings.

As die persoon wat steun gee kan die emosionele stres wat jy ervaar ooreenstem met di van die persoon wat met MIV en vigs leef (PMMVL). Gevoelens van woede, vrees, hartseer, angstigheid, hulpeloosheid en ambivalensie kan op enige tydstip kom en gaan. Di gevoelens is natuurlik, maar moeilik om te hanteer. Dit is belangrik dat jy die oorweldigende gevoel wat jy teenoor jou vriendin het raaksien en ken, en steun kry om dit te hanteer.

In die konteks van jou daaglikse verhouding met die PMMVL kan kwessies van onttrekking, konflik, mede-afhanklikheid, gegriefdheid, rolveranderings en seks raak. In die buitewreld kan familie, geld en stigmas bykomende laste raak.

Dit is belangrik om te onthou dat hoewel jou behoeftes en gevoelens onbelangrik mag lyk, in vergelyking met di van die geliefdes, moet hulle nie op die agtergrond geskuif word nie. Dit is net so belangrik soos di van die PMMVL's. As jy nie werk maak van jou eie gevoelens en behoeftes nie, sal hulle net toeneem, en griewe en ander negatiewe emosies veroorsaak wat moeilik is om te hanteer.

Die beste manier om dit te hanteer is om daaroor te praat met iemand by wie jy veilig voel. Hoewel jy miskien met sommige van jou vriende sal wil praat, is dit nie altyd moontlik nie. Vriende sal dalk nie altyd verstaan waardeur jy gaan nie. Dit kan ook wees dat jy belowe het om dinge geheim te hou en nie jou nabye vriende in jou vertroue kan neem nie.

Nog 'n plek waar jy oor die probleme sal kan praat, jou ervarings kan deel en steun kry uit die deel van soortgelyke ondervindings, is 'n steungroep. Dit kan 'n veilige plek wees om uiting te gee aan ongevraagde en negatiewe gevoelens, byvoorbeeld gegriefdheid, skuld, vrees of selfs woede sonder om skuldig te voel, en sonder om iemand in die proses seer te maak.

Afgesien van emosionele steun, kan steungroepe ook help met die opbou van 'n netwerk, mediese of sorgkwessies, geldelike probleme, deur, byvoorbeeld 'n groentetuin aan te plant en kralewerk te leer doen, en kindersorg of ouerlike vaardighede aan te leer.

Die PMMVL behoort vir dieselfde redes ook aangemoedig te word om hulle aan te sluit by 'n steungroep vir mense wat met MIV leef. Dit is lewensbelangrik dat die PMMVL moet weet dat hulle gesteun en aanvaar word. Om eenvoudig daar te wees, te luister, verwarring te erken, 'n drukkie te gee, stil te wees, te lag en te huil is soms die beste dinge wat jy kan doen.

As 'n vriend het jy die geleentheid vir 'n meer intense gedeelde verhouding, verhoogde waardering vir die tyd wat saam deurgebring word en dieper en meer intieme en oop vlakke van kommunikasie met iemand anders.


INHOUD | < Vorige Afdeling | Volgende Afdeling >


INHOUD: Kwelvrae oor MIV en Vigs

* Hoe Vertel Ek My Dogter Van My MIV-status?
* Is Berading Nodig Voordat Mens 'n Vigstoets Ondergaan?
* Kan ek my Baba Borsvoed as ek MIV-positief is?
* Is dit Moontlik om deur Orale Seks met MIV Besmet te Word?
* Kan Mens Voorkom dat jy MIV-besmetting deur Orale Seks Opdoen?
* Wat Is Teen-retrovirale Terapie? Hoe Werk Dit?
* Hoekom Lyk dit of Swart Vroue in Suid-Afrika Meer Kwesbaar is vir MIV-besmetting as Enigeen Anders?
* Kan Mens deur Sosiale Kontak met MIV Besmet Word?
* Watter Bewyse is daar dat Goeie Voeding Deurlopend die Immuunrespons Verbeter?
* Kan ek Daarop Aandring dat Iemand 'n MIV-toets moet Ondergaan Voordat ek Hom of Haar Aanstel?
* Hoe kan ek my Vriendin Ondersteun wat met MIV en Vigs Leef?
* Hoe Verwerk ek 'n Vigssterfte?
* Wat Moet ek Oorweeg Voordat ek my MIV-positiewe Status aan Nabye Vriende en Familie Onthul?
* Hoekom Moet jy Altyd Kondome Gebruik Terwyl jy Teenretrovirale Middels Neem?
* Watter Raad en Berading oor MIV en Vigs is Beskikbaar vir Klein- en Mediumgrootte Ondernemings?
* Moet ek Alleen Gaan of Behoort ek my Seksmaat Saam met my te Neem vir 'n MIV-toets?
* Hoe Werk die Regering se TRV-program en Waar kan ek die Medisyne in die Hande Kry?
* My MIV-toets was in 1998 toe ek TB gehad het Positief. Behoort ek Nou met TRV's te Begin?
* Hoe Praat ek met my Kinders oor MIV en Vigs?
* Kan my Kinders Toevallig MIV Opdoen?
* Wat is die Kanse dat my Kind MIV en Vigs by die Speelskool kan Opdoen?





This content also available in English | Le nkcazelo iyafumaneka nangesi Xhosa



Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 10 Januarie 2006 hersien



Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.



| VRAE? Vra vir ons: questions@capegateway.gov.za



Gebruiksvoorwaardes | Privaatheidsbeleid | Kopiereg







Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering





