TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Publikasies
Openbare Inligting
Die Stig van Verskillende Toerisme-ondernemings 
Hoe om 'n Toergidsdiens op die Been te Bring
Hoe om 'n Toergidsdiens op die Been te Bring
DEFINISIE
n Toergids is enige persoon wat vir geldelike of ander beloning mense vergesel wat deur 'n plek toer of 'n plek in 'n land besoek en wat daardie mense van inligting voorsien oor die plekke of voorwerpe wat besoek word. Baie toergidse wil ook hulle eie toeronderneming bedryf, wat beteken dat hulle beide toergids en toeroperateur is. Daar is meer inligting oor toeroperateurs in die afdeling oor "Hoe om 'n Toeronderneming op te Rig".
Toergidse word in drie kategorië verdeel:
In-reis toergidse verskaf hoofsaaklik dienste aan buitelandse besoekers aan Suid-Afrika.
Uit-reis toergidse verskaf dienste aan kliënte in Suid-Afrika wat na bestemmings buite die land wil reis.
Plaaslike toergidse verskaf dienste aan binnelandse kliënte vir toere in Suid-Afrika.
Kragtens die Wet op Toergidse is daar kategorië vir die registrasie van toergidse, en vereistes vir wettige optrede. Volledige inligting is beskikbaar by jou Provinsiale Registrateur van Gidse, Anne Barnes by 021 483 8734.
Plaaslike of Streeksnatuurgidse
Plaaslike of Streekskultuurgidse
Plaaslike of Streeksavontuurgidse (byvoorbeeld riviervaarte, bergklim, duik, ensovoorts)
n Nasionale Toergidskwalifikasie in al die bogenoemde kategorië laat 'n gids toe om in al die provinsies te werk.
Om aansoek te doen om registrasie as 'n wettige gids in die Provinsie het jy die volgende dokumente nodig:
'n gesertifiseerde afskrif van jou ID of paspoort vier kleurfotos - paspoortgrootte
'n afskrif van jou werkspermit as jy nie 'n Suid-Afrikaanse burger is nie die voorgeskrewe heffing van R240
gesertifiseerde afskrifte van jou kwalifikasies huidige registrasiebesonderhede (as dit by SATOER of ander Verenigings is)
'n getekende afskrif van 'n gedragskode (by die Provinsiale Registrateur beskikbaar).
VRAE WAT JY MOET BEANTWOORD
Regsake: Is jy 'n ten volle geregistreerde en wettige gids? Jy moet in dié verband aan die Toergidswetgewing voldoen. Jy moet kan bewys dat jy die vereiste kwalifikasies het om jou as wettige gids te laat registreer.
Vervoer: Het jy die nodige vervoer- en bestuurspermitte? As jy toeriste gaan vervoer, en as gids gaan optree, moet jy 'n padvervoerpermit, sowel as 'n openbare bestuurspermit hê.
Opleiding: Het jy die regte opleiding en ondervinding om 'n goeie gids te wees? Om die regte kwalifikasies te bekom, moet jy die opleiding volgens die geregistreerde standaarde vir Toergidswerk voltooi. Maak seker dat die opleidingsinstelling geregistreer is by die Toerisme, Gasvryheid en Sportonderwys en -opleidinggesag (TGSOO), en dat die kwalifikasie wat hulle aanbied aan die huidige wetgewing voldoen. Om seker te maak kan jy in verbinding tree met jou Provinsiale Registrateur van Gidse of die TGSOO in Johannesburg by 011 803 6010.
HANDIGE WENKE
Jy sal 'n beter kans hê om as 'n toergids werk te kry as jy 'n vreemde taal, soos Spaans, Frans, Duits, ensovoorts kan praat.
As 'n toergids sal jy dalk toeriste deur sekere plattelandse gebiede moet neem. Dit is belangrik om te probeer om 'n vennootskap, of 'n vorm van formele samewerking, met die gemeenskappe op te bou as deel van die skep van 'n positiewe toerismegees in Suid-Afrika, wat toeristeveiligheid en die oordra van geldelike voordele aan gemeenskappe verseker. Dit kan die vorm aanneem van toeriste wat geld op aandenkings, handwerk, kulturele voorwerpe en verblyf bestee, en moontlik 'n persentasie beloning gegrond op die tarief wat die toeriste betaal.
INHOUD
Vorige Afdeling
Volgende Afdeling
INHOUD: Die Stig van Verskillende Toerisme-ondernemings
Hoe om 'n Restaurant, Eetplek of Taverne op die Been te Bring
Hoe om met 'n Bed- en Ontbytplek of Gastehuis te Begin
Hoe om 'n Toergidsdiens op die Been te Bring
Hoe om 'n Toeroperateursonderneming te Stig
VERWANTE INLIGTING
Besigheidslisensies (Diens)
Aansoeke om Toerismepadaanwysings (Diens)
Dranklisensie-aansoeke (Diens)
Registrasie as Toergids (Diens)
Aansoeke om Openbare Bedryfslisensies (Diens)
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 10 Maart 2006 hersien
Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
