TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Publikasies
Openbare Inligting
Die Stig van Verskillende Toerisme-ondernemings 
Hoe om met 'n Bed- en Ontbytplek of Gastehuis te Begin
Hoe om met 'n Bed- en Ontbytplek of Gastehuis te Begin
DEFINISIE
nBed- en Ontbyt-onderneming (B&O) is 'n informele, periodieke verblyfreëling in 'n private huis. Die maksimum aantal gastekamers in 'n B&O is drie. (Enige aansoek wat die owerhede ontvang vir 'n B&O-onderneming met meer as drie slaapkamers word outomaties as 'n Gastehuisaansoek hanteer.)
n Gastehuis is 'n handelsonderneming wat tussen vier en 16 slaapkamers het, en waarvan die primêre doel die aanbied van toeristeverblyf is. Ontbyt en aandete word aangebied, veral waar daar nie nog 'n eetplek naby die onderneming beskikbaar is nie.
VRAE WAT JY MOET BEANTWOORD
Parkering: Is daar genoeg parkering vir jou kliënte in die omgewing, en kan hulle veilig en gerieflik parkeer?
Jou B&O:
Is dit stil genoeg sodat mense rustig kan slaap?
Is die paaie in die omgewing netjies, in 'n goeie toestand en word dit gereeld onderhou?
Is onaangename reuke, rommel, ensovoorts afwesig?
Toerusting: Het jy voldoende spysenierstoerusting, eetgery, borde, bedienplek, ensovoorts om voorsiening te maak vir die hoeveelheid mense waarvoor jy beplan?
Veiligheid:
Het jy al die veiligheids- en sekerheidsaspekte wat met jou onderneming verband hou in ag geneem?
Is die brandblussers byvoorbeeld maklik om in die hande te kry?
Het jy planne gemaak vir jou kliënte se veiligheid, wat hulle voertuie, die sekerheid van die onderneming, toegang tot 'n telefoon vir noodgevalle, 'n goed-toegeruste noodhulpkassie, ensovoorts betref?
Gesondheid: Gesondheidsregulasies moet toegepas word. Was jy met jou plaaslike raad in verbinding oor gesondheidregulasies en vereistes wat op eet- en onthaalondernemings van toepassing is?
Voorkoms: Het jy aandag geskenk aan hoe jou onderneming lyk en of dit mense sal lok? Jy moet 'n aantreklike kleurskema kies, sorg dat die hele omgewing skoon is, dat jou personeel aangenaam en hoflik is en dat daar goeie naamborde en inligting oor jou B&O is. Gerieflike beddens is onontbeerlik, met genoeg linne en komberse, en jou badkamers moet skoon en goed versorg wees en alles moet werk.
DINGE WAT JY IN AG MOET NEEM
Vir 'n Bed- en Ontbytplek
Raadpleeg jou Plaaslike Raad oor die beleid wat die standaarde vir B&O-ondernemings uiteensit. Van die algemene standaarde is:
n Minimum van 50% van die verhuurbare kamers moet vir private tuisgebruik in stand gehou word.
Minimum geriewe vir gaste is: 'n slaapkamer, toegang tot 'n badkamer en 'n toilet wat apart is van dié van die res van die huis, 'n eetkamergebied waar ontbyt bedien word.
Ontbyt is die enigste maaltyd wat vir gaste bedien hoef te word.
Die residensiële karakter van die huis moet behou word.
Al die geriewe en ontbyt is vir die uitsluitlike gebruik van geregistreerde gaste, en die gebruik van die tuin, ensovoorts, hang van die eienaar af.
Geen kombuisgeriewe word in hulle kamers vir gaste verskaf nie.
Daar behoort een parkeerplek vir elke verhuurbare kamer te wees.
Daar moet 'n brandblusser in die kombuis wees, wat gereeld getoets word.
Vir 'n Gastehuis
Bostaande sal grootliks ook vir 'n gastehuis geld, met die uitsondering van die bediening van alleenlik ontbyt, omdat 'n Gastehuis kan besluit om aandete ook te bedien. 'n Gastehuis mag ook drank op die perseel verskaf, en daarom word 'n dranklisensie vereis.
Maak seker dat jy jou Plaaslike owerhede geraadpleeg het oor die beleid wat geld vir die oprig van 'n B&O of Gastehuis in jou omgewing. Jy moet sorg dat jy hou by alle wetgewing oor lisensies, padtekens, streeksbeplanning, ensovoorts.
PRAAT MET JOU PLAASLIKE RAAD VIR:
n Aansoek om en toestaan van 'n handelslisensie:
Die Plaaslike Raad sal jou aansoek na die betrokke Gesondheid-, Brand- en Bou-inspekteurs, Stadsbeplanners, ensovoorts stuur, wat sal seker maak dat jou sakeplanne aan hulle regulasies voldoen.
Padtekens
Padtekens op plaaslike paaie in die gebied van die Paaslike Munisipaliteit kan deur die Plaaslike Toerismeburo in die Munisipaliteit gereël word. Vir padtekens op Nasionale Paaie en sekondêre paaie, kan met die Streekstoerisme-skakelingskomitee (STSK) in verbinding getree word oor die verwerking en uitreik van tekens. Skakel Me Itumeleng Pooe, Die Direkteur: Toerismeregulering, by 021 483 8759, vir kontakbesonderhede van die STSK in jou streek.
ANDER OWERHEDE OM MEE TE PRAAT
Dranklisensie
Om aansoek te doen vir die toestaan van 'n Dranklisensie moet jy met die Drankraad praat en kragtens die wet optree.
INHOUD
Vorige Afdeling
Volgende Afdeling
INHOUD: Die Stig van Verskillende Toerisme-ondernemings
Hoe om 'n Restaurant, Eetplek of Taverne op die Been te Bring
Hoe om met 'n Bed- en Ontbytplek of Gastehuis te Begin
Hoe om 'n Toergidsdiens op die Been te Bring
Hoe om 'n Toeroperateursonderneming te Stig
VERWANTE INLIGTING
Besigheidslisensies (Diens)
Aansoeke om Toerismepadaanwysings (Diens)
Dranklisensie-aansoeke (Diens)
Registrasie as Toergids (Diens)
Aansoeke om Openbare Bedryfslisensies (Diens)
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 10 Maart 2006 hersien
Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
