TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Publikasies
Openbare Inligting
Die Stig van Verskillende Toerisme-ondernemings 
Hoe om 'n Restaurant, Eetplek of Taverne op die Been te Bring
Hoe om 'n Restaurant, Eetplek of Taverne op die Been te Bring
DEFINISIE
n Restaurant of ander eetplek is 'n onderneming wat op die bedien van etes ingestel is en kan met of sonder 'n lisensie om drank vir verbruik op die perseel te verskaf, bedryf word. 'n Taverne is weer hoofsaaklik gelisensieer om drank vir verbruik op die perseel te verkoop en kan ook maaltye bedien of nie.
VRAE WAT JY JOUSELF MOET AFVRA
Ruimte: Is daar genoeg ruimte op die perseel wat jy vir jou onderneming uitgesoek het vir die aantal mense wat jy beplan om te bedien?
Parkering: Is daar genoeg parkeerplek vir jou kliënte in die omgewing, en kan hulle veilig en gerieflik parkeer?
Ligging:
Is die perseel wat jy uitgesoek het stil genoeg sodat mense ongehinderd kan eet of drink?
Is die strate skoon, in 'n goeie toestand en word dit gereeld onderhou?
As drank op die perseel verkoop word, kan dit die omliggende ondernemings en bure steur?
Is goed soos onaangerame reuke en rommel afwesig?
As kunstenaars daar gaan optree, het jy jou bure in ag geneem en hulle toestemming gevra?
Toerusting: Het jy voldoende spysenierstoerusting, eetgery, borde, bedienplek, ensovoorts om voorsiening te maak vir die hoeveelheid mense wat jy in gedagte het?
Veiligheid:
Het jy al die veiligheids- en sekerheidsaspekte wat met jou onderneming verband hou in ag geneem?
Is die brandblussers byvoorbeeld maklik om in die hande te kry?
Het jy planne gemaak vir jou kliënte se veiligheid, wat hulle voertuie, die sekerheid van die onderneming, toegang tot 'n telefoon vir noodgevalle, 'n goed-toegeruste noodhulpkassie, ensovoorts betref?
Gesondheid: Gesondheidsregulasies moet toegepas word. Was jy met jou plaaslike raad in verbinding oor gesondheidregulasies en vereistes wat op eet- en onthaalondernemings van toepassing is?
Voorkoms: Het jy aandag geskenk aan hoe jou onderneming lyk en of dit mense sal lok? Jy moet 'n aantreklike kleurskema kies, sorg dat die hele omgewing skoon is, dat jou personeel aangenaam en hoflik is en dat daar goeie naamborde en inligting op jou spyskaarte is.
PRAAT MET JOU PLAASLIKE RAAD
Aansoek om en toestaan van 'n handelslisensie
Die Plaaslike Raad sal jou aansoek na die betrokke Gesondheid-, Brand- en Bou-inspekteurs, Stadsbeplanners, ensovoorts stuur, wat sal seker maak dat jou sakeplanne aan hulle regulasies voldoen.
Padtekens
Padtekens op plaaslike paaie in die gebied van die Paaslike Munisipaliteit kan deur die Plaaslike Toerismeburo in die Munisipaliteit gereël word. Vir padtekens op Nasionale Paaie en sekondêre paaie, kan met die Streekstoerisme-skakelingskomitee (STSK) in verbinding getree word oor die verwerking en uitreik van tekens. Skakel Me Itumeleng Pooe, Die Direkteur: Toerismeregulering, by 021 483 8759, vir kontakbesonderhede van die STSK in jou streek.
Sonering
Vind by jou Plaaslike Raad uit of jou Plaaslike beplanningstrukture die sakeonderneming wat jy beplan op die perseel wat jy gekies het toelaat.
ANDER OWERHEDE OM MEE TE PRAAT
Dranklisensie
Om aansoek te doen vir die toestaan van 'n Dranklisensie moet jy met die Drankraad praat en kragtens die wet optree.
INHOUD
Volgende Afdeling
INHOUD: Die Stig van Verskillende Toerisme-ondernemings
Hoe om 'n Restaurant, Eetplek of Taverne op die Been te Bring
Hoe om met 'n Bed- en Ontbytplek of Gastehuis te Begin
Hoe om 'n Toergidsdiens op die Been te Bring
Hoe om 'n Toeroperateursonderneming te Stig
VERWANTE INLIGTING
Besigheidslisensies (Diens)
Aansoeke om Toerismepadaanwysings (Diens)
Dranklisensie-aansoeke (Diens)
Registrasie as Toergids (Diens)
Aansoeke om Openbare Bedryfslisensies (Diens)
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 10 Maart 2006 hersien
Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
