






TUISBLAD|JOU LEWE|ONDERWERPE|PUBLIKASIES |GIDSE |JOU REGERING|TENDERS|WERKGELEENTHEDE





English
|
isiXhosa
|
Aangaande
|
Kontak
|
Hulp
|
Gevorderde Soektog  |



 





Tuisblad > Publikasies > Openbare Inligting > C &gt Die Howe in Suid-Afrika

Die Howe in Suid-Afrika



Januarie 2003

Departement van Gemeenskapsveiligheid (Wes-Kaapse Provinsiale Regering)

OUTEUR: Jean Redpath



OPSOMMING

Verward oor die howe in Suid-Afrika? Di dokument sit Suid-Afrika se hofstruktuur uiteen en gee kontakbesonderhede vir die howe, sowel as aanlyn skakels na hulle uitsprake.






* Grondwetlike Hof
* Applhof
* Hooggeregshof van Suid-Afrika
* Rondgaande Howe
* Spesiale Inkomstebelastinghowe
* Arbeidshowe en Arbeidsapplhowe
* Egskeidingshowe
* Grondeisehowe
* Die Watertribunaal
* Waarheids- en Versoeningskommissie
* Howe vir Kleineise
* Landdroshowe
* Gemeenskapshowe en Howe vir Stamhoofde en Hoofmanne


Die Grondwetlike Hof is die hof wat die laaste s het oor alle sake wat betrekking het op die Grondwet van Suid-Afrika. Die beslissings oor die grondwet bind alle ander howe. Daar is nege regters wat die hof vorm. Die hoof van die Grondwetlike Hof is Hoofregter Pius Langa en die Adjunk-Hoofregter is Regter Dikhang Moseneke. Die hof is in 1994 gestig.

Jy kan in verbinding tree met die Grondwetlike Hof in Braamfontein in Johannesburg:

Grondwetlike Hof van Suid-Afrika
Braampark Forum II, Hoofdstraat 33, Braamfontein, 2017
Privaatsak X32, Braamfontein, 2017
Tel: 011 403 8032

Jy kan die uitsprake van die hof lees op die grondwetlike hof se webwerf.

Die Applhof is die hof wat die laaste s het oor alle sake, behalwe di waarby die grondwet betrokke is. Alle strafsake eindig byvoorbeeld op in di hof, behalwe as die appl verband hou met 'n grondwetlike punt, waaroor die Grondwetlike Hof die laaste s het. Die Applhof is vroer "Die Applafdeling" genoem, omdat dit net sake op appl aanhoor. Beslissing van die Applhof is bindend op alle howe van 'n laer rang. Die President van die Applhof is Sy Edele CT Howie en die Adjunk-President is Sy Edele L Mpati.

Jy kan in verbinding tree met die Applhof in Bloemfontein:

Applhof
Hoek van Elizabeth- en President Brandstraat, Bloemfontein
Posbus 258, Bloemfontein, 9300
Tel: 051 447 2631 / 6029
Faks: 051 447 8098

Jy kan die uitsprake van die hof hier lees.

Die volgende van die "hor howe" is die Hooggeregshof van Suid-Afrika. Die Hooggeregshof het die "jurisdiksie" - die reg om 'n saak aan te hoor - oor afgebakende geografiese gebiede waarin hulle gele is, en die beslissings van die Hooggeregshowe is bindend op landdroshowe binne hulle gebiede van regspraak. Die Hooggeregshofafdelings het jurisdiksie oor alle sake in hulle geografiese gebied, maar hulle hoor gewoonlik siviele sake aan waarby meer as R100 000 betrokke is, en ernstige strafsake. Hulle hoor ook enige appelle of hersiening aan van laer howe (landdroshowe) wat in hulle geografiese jurisdiksie val. Die Hooggeregshof hoor gewoonlik enige saak aan waarby 'n persoon se status betrokke is (byvoorbeeld aanneming, insolvensie).

Belangrike beamptes in die Hooggeregshofafdeling:

* Die Registrateur hou al die amptelike hofdokumente
* Die Gesinsadvokaat moet geraadpleeg word oor alle sake waarby kinders betrokke is, omdat die Hooggeregshof die "opperbeskermer" is van alle kinders in Suid-Afrika.
* Die Meester van die Hooggeregshof hou alle dokumente wat verband hou met mense se boedels (gestorwe of insolvent).
* Die Balju bedien sekere dokumente op partye in 'n siviele saak, en l ook beslag op eiendom as 'n lasbrief uitgereik is.
* Die Direkteur van Openbare Vervolgings, wat voorheen die Prokureur-Generaal genoem is, is verantwoordelik vir strafregtelike vervolgings deur die staat.
* Die Staatsprokureur is die prokureur wat die staat verteenwoordig in siviele sake (waar die staat dagvaar of gedagvaar word).

Daar is op die oomblik tien "provinsiale afdelings" van die Hooggeregshof en drie "plaaslike afdelings" (wat gelyklopende geografiese jurisdiksie het oor 'n gebied in die afdeling). Die afdelings gebruik nog die name wat verband hou met die ou provinsiale en tuislandstruktuur van Suid-Afrika voor 1994. Die afdeling van die Hooggeregshof in Kaapstad word byvoorbeeld "Die Hooggeregshof van Suid-Afrika: Kaap die Goeie Hoop Provinsiale Afdeling" genoem en die Regter-President is Regter John Hlophe.

Die huidige 13 afdelings en plaaslike afdelings van die Hooggeregshof is gele te:

* Bisho ("Ciskei")
* Bloemfontein ("Oranje Vrystaat")
* Kaapstad ("Kaap die Goeie Hoop")
* Durban ("Durban en Kus Plaaslike Afdeling")
* Grahamstad ("Oos-Kaap")
* Johannesburg ("Witwatersrandse Plaaslike Afdeling")
* Kimberley ("Noord-Kaap")
* Mmabatho ("Bophuthatswana")
* Pietermartizburg ("Natal")
* Port Elizabeth ("Suidoos-Kaap Plaaslike Afdeling")
* Pretoria ("Transvaal")
* Thohoyandou ("Venda")
* Umtata ("Transkei")

Wanneer die Wetsontwerp op Hor Howe deurgevoer is, sal daar 'n Hooggeregshofafdeling in elk van die nege provinsies wees met 'n naam wat ooreenstem met die provinsie, met sommige provinsies wat meer as een "setel" sal h. Gauteng sal beide 'n Suidelike (Johannesburg) en Noordelike (Pretoria) afdeling h.

Jy kan met die Kaapse Hooggeregshof in Kaapstad in verbinding tree:

Die Hooggeregshof van Suid-Afrika: Kaap die Goeie Hoop Provinsiale Afdeling
Keeromstraat (Koningin Victoriastraat-ingang gesluit), Kaapstad
Privaatsak X9020, Kaapstad, 8000
Tel: 021 480 2411.

Jy kan die beslissings van die hof hier lees.

Rondgaande Howe is ook deel van die Hooggeregshof. Hulle sit minstens twee keer per jaar en verskuif om meer plattelandse gebiede te dien. Hulle kan deur die Hooggeregshof geskakel word.

Die Spesiale Inkomstebelastinghowe sit binne afdelings van die Hooggeregshof en bestaan uit 'n regter van die Hooggeregshof, bygestaan deur 'n rekenmeester met nie minder nie as 10 jaar ondervinding en 'n verteenwoordiger van die sakegemeenskap. Di hof hanteer enige geskille tussen 'n belastingbetaler en die Suid-Afrikaanse Inkomstediens, waar die geskil 'n inkomstebelastingberekening van meer as R100 000 behels. Appelle teen die beslissings word direk ingedien by die Applhof. Belastinggeskille waarby minder as R100 000 betrokke is word deur die Belastingraad hanteer. Die Belastingraad het 'n prokureur, advokaat of rekenmeester as voorsitter wat in die private sektor werk en spesifiek aangestel word deur die President om as voorsitter van die Raad te dien. Jy kan met die Spesiale Inkomstebelastinghof in verbinding tree deur die Hooggeregshof en met die Belastingraad deur die Suid-Afrikaanse Inkomstediens.

Daar is tans ook Arbeidshowe en Arbeidsapplhowe, wat juridiksie het oor arbeidsake en op dieselfde vlak is as die Hooggeregshof. Die Wetsontwerp op Hor Howe sal egter die Arbeidshowe uitskakel en hulle sal ingevoer word in die Hooggeregshof. Jy kan met die Arbeidshof in verbinding tree deur die Hooggeregshof of deur die Arbeidshowe se webwerf te besoek.

Van 1998 af is Egskeidingshowe in staat om enige egskeidingsake aan te hoor - voor dit het di howe net gewerk met egskeidings tussen swart mense. Daar is drie sulke howe, die Sentrale, Noord-Oostelike en Suidelike Egskeidingshowe, en hulle is ontwerp om minder ingewikkelde egskeidings vinnig en goedkoop te hanteer. Die Suidelike Egskeidingshof is die egskeidingshof wat jurisdiksie het in die Wes-Kaap, en dit het kantore by die Gesinshofsentrum in Kaapstad en 'n satellietkantoor in Mitchells Plain. Jy kan met die Gesinshofsentrum in verbinding tree deur die Kaapstadse Landdroshof.

Die Grondeisehof is op dieselfde vlak as die Hooggeregshof maar is onafhanklik van die Hooggeregshof. Dit is in 1996 gestig en hoor sake aan wat te doen het met die teruggee van grond wat tydens apartheid weggeneem is (grondhervormingsake). Die Grondeisehof het sy eie rels en die prosedures mag informeel en inkwisitoriaal wees (waar die regter getuies direk ondervra, eerder as deur prokureurs) en die hof kan sit waar dit nodig is, hoewel die hoofkantoor in Randburg is. Appelle word gerig aan die Applhof, behalwe as die appl te doen het met 'n grondwetlike vraag, in welke geval dit na die Grondwetlike Hof gaan. Die President van die Grondeisehof is Regter Fikile Bam. Jy kan met die Grondeisehof in verbinding tree in Randburg:

Grondeisehof
Trustbanksentrum, Randburg-wandellaan, Hoek van Hillstraat en Kentlaan, Randburg, 2194
Privaatsak X10060, Randburg, 2125
Tel: 011 781 2291
Faks: 011 781 2217/8
Registrar@landclaims.org.za

Jy kan Grondeisehofuitsprake hier in die hande kry.

Die Watertribunaal is 'n onafhanklike liggaam wat jurisdiksie het in al die provinsies en bestaan uit 'n voorsitter, 'n adjunk-voorsitter en addisionele lede. Dit het jurisdiksie oor watergeskille. Lede van die Watertribunaal moet kennis h van die wet, ingenieurswese, waterbronbestuur of verwante kennisgebiede. Hulle word aangestel deur die Minister op aanbeveling van die Regsdienstekommissie, die liggaam wat regters kies. Die Watertribunaal het die Waterhof in 1998 vervang. Jy kan met die Watertribunaal in verbinding tree deur die Hooggeregshof.

Die Waarheid-en-versoeningskommissie(WVK) was nie 'n hof as sodanig nie maar 'n ander soort forum wat ingestel is om misdade te hanteer wat verband hou met die politiek wat tydens apartheid gepleeg is. Die Amnestiekomitee het die mag gehad om onder sekere voorwaardes amnestie toe te staan (wat beteken die oortreder kan nie vervolg word nie) vir polities-gemotiveerde misdade wat ten volle en eerlik bely is. Die Menseregte-skendingskomitee het besluit oor dade wat neerkom op skendings van menseregte, gegrond op verklarings wat afgel is voor die WVK. Nadat slagoffers van erge menseregteskendings uitgeken is, is hulle verwys na die Vergoedings- en Rehabilitasiekomitee, wat besluit oor hoe om slagoffers te vergoed. Diegene aan wie amnestie nie deur die WVK toegestaan is vir misdade wat tydens apartheid gepleeg is nie, kan vervolg word.

Die Landdroshowe is die laer howe wat die meeste sake hanteer. Hulle word opgedeel in streek- en distrikshowe. Daar is meer as 400 landdroshowe in Suid-Afrika. Hulle het nie jurisdiksie om siviele sake te hanteer waarby meer as R100 000 betrokke is nie (tensy beide die persoon wat dagvaar en die persoon wat gedagvaar word instem om die eis te beperk tot minder as R100 000). Met strafsake word meer ernstige strafsake deur streekhowe aangehoor. Dit is omdat streekhowe nie 'n vonnis van meer as drie jaar kan opl as die beskuldigde skuldig bevind sou word nie. Die ernstigste strafsake word deur die Hooggeregshof aangehoor. Daar is ook 'n aantal landdroshowe wat gespesialiseerd is om sekere soort sake aan te hoor, soos die verkragtingshof in Wynberg. Jy kan 'n lys van Landdroshowe in die Wes-Kaap hier besigtig.

Howe vir Kleineise het jurisdiksie om enige siviele saak aan te hoor waarby minder as R3000 betrokke is (mits beide die persoon wat dagvaar en die persoon wat gedagvaar word instem om die eis te beperk tot minder as R3000). Die regter in die Hof vir Kleineise word 'n kommissaris genoem en is gewoonlik 'n praktiserende advokaat, prokureur of regsakademikus wat gratis as kommissaris optree. Ng die eiser (die persoon wat dagvaar), ng die verweerder (die persoon wat gedagvaar word) mag prokureurs h. Die kommissaris se besluit is finaal en daar kan nie appelleer word na 'n hor hof nie. Jy kan met jou naaste Hof vir Kleineise in verbinding tree deur jou naaste Landdroshof.
Gemeenskapshowe en Howe vir Stamhoofde en Hoofmanne het ook jurisdiksie om sekere sake aan te hoor op die vlak van landdroshowe. Hulle is ontwerp om geskille aan te hoor in terme van die gewoontereg. 'n Gemagtigde Afrikahoofman of sy adjunk kan oor sake besluit op grond van inheemse wette of gebruike, wat aan hom voorgel word deur 'n Afrikaan teen nog 'n Afrikaan in sy jurisdiksiegebied. Di howe staan algemeen bekend as stamhoofhowe. 'n Persoon met 'n eis het die reg om te kies of hy die eis wil voorl aan die stamhoofdehof of aan 'n landdroshof. Skakel jou plaaslike stamhoof as jy 'n saak in sy hof aangehoor wil h.





This content also available in English | Le nkcazelo iyafumaneka nangesi Xhosa



Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 5 Januarie 2006 hersien



Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.



| VRAE? Vra vir ons: questions@capegateway.gov.za



Gebruiksvoorwaardes | Privaatheidsbeleid | Kopiereg







Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering





