TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Publikasies
Openbare Inligting
A 
Algemene Mites en Feite oor Balju's
Algemene Mites en Feite oor Balju's
Departement van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling (Die Regering van Suid-Afrika)
OPSOMMING
Die brosjure ontleed die algemeenste mites oor balju's en verduidelik presies wie die balju's is en wat hulle magte is.
Balju's bring slegte nuus en moet tot elke prys vermy word
Balju's is onbevooroordeelde hofamptenare wat verantwoordelik is vir die betekening van alle hofdokumente, waaronder dagvaardings, kennisgewings, lasbriewe, opdragte en uitvoering van uitsprake en bevele. 'n Balju verteenwoordig die siviele regstelsel.
Balju's kan jou deur afbreek, jou eiendom beskadig en jou aanrand.
Die Suid-Afrikaanse Baljuraad hou toesig oor die diens wat verskaf word deur balju's en hulle adjunkte en maak seker dat dit op 'n menslike manier gedoen word volgens die Gedragskode vir Balju's. As iemand voel 'n balju het nie reg opgetree nie, word hulle aangemoedig om die voorval by die raad se hoofbestuurder aan te meld.
As 'n balju eers aan jou deur geklop het, is daar niks wat jy aan die situasie kan doen nie.
Wanneer hulle opdaag sal balju's die inhoud verduidelik van die dokument wat hulle op jou beteken en wat jou te doen staan. Hulle is daar om die regsproses te help verduidelik maar hulle kan nie regsraad gee nie.
Dis onmoontlik om vas te stel of die persoon voor jou deur regtig 'n balju of 'n skuldinvorderaar is.
Elke balju en adjunk-balju moet 'n geldige identifikasiekaart kan wys wat die Suid-Afrikaanse Raad van Balju's uitgereik het.
Balju's verteenwoordig net groot ondernemings. Hulle is nie daar vir gewone mense nie.
Dit is balju's se plig om alle mense, ryk en arm, te alle tye met empatie en waardigheid te behandel.
Balju's stel hulleself aan en maak soos hulle lus het.
Balju's word aangestel deur die Minister van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling en tree te alle tye op kragtens die reëls en opdragte van die Hof.
Balju's moet met klippe bestook word en enige dokumente wat hulle beteken kan geïgnoreer of weggegooi word.
As jy balju's verhinder om hulle werk te doen of nie gehoor gee aan die opdragte wat 'n balju aan jou gee nie, kan vervolging jou later in die gesig staar.
Die balju kan niks doen as jy weier om saam te werk nie.
Volgens wet kan balju's jou perseel binnekom en jou huis oopsluit, selfs wanneer jy nie daar is nie. Hulle kan beslag lê op jou voertuig, meubels en ander los eiendom en dit verwyder en verkoop, en as dit nodig is jou vaste eiendom ook, om jou skuld te delg.
Balju's kan enigiets wat hulle wil uit jou huis neem.
Balju's moet die inhou verduidelik van die dokument wat hulle op jou beteken en hulle mag nie noodsaaklike items verwyder nie soos kos en beddens, beddegoed en klere. Hulle mag ook nie, onderhewig aan sekere riglyne, al jou gereedskap verwyder waarmee jy dalk 'n inkomste verdien nie.
Balju's kan geld eis en hoef nie 'n kwitansie te gee nie.
Balju's is veronderstel om kwitansies uit te reik vir alle geld wat betaal is en om seker te maak dat beide die oorspronklike en afskrifte van dokumente gemerk is met enige betaling en erken is met jou handtekening of merk. Jy mag 'n afskrif van die oorspronklike dokument hou.
As jy enige vrae het oor die rol of funksie van die balju, tree asseblief in verbinding met:
Die Suid-Afrikaanse Raad van Balju's
Tel: 021 461 6622
Faks: 021 461 9619
VERWANTE INLIGTING
Krediet en Lenings (Openbare Inligting)
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 6 Desember 2005 hersien
Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
