TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Jou Regering
Publikasies
Openbare Inligting
Wat is Verbruikersregte?
OORSIG
DIENSTE
PROJEKTE
NUUS
PUBLIKASIES
OPENBARE ENTITEITE
FASILITEITE
KONTAK
OPSOMMING
In die 2004 Nasionale Verbruikerspeiling is bevind dat baie min Suid-Afrikaners weet wat hulle verbruikersregte is. Dié kort publikasie skets die agt internasionaal-erkende verbruikersregte wat die grondslag van verbruikersregte-organisasies en veldtogte vorm. Die regte is nie dieselfde as die menseregte wat in die Grondwet bevat is nie, hoewel die een die ander op baie maniere aanvul.
Reg op die Bevrediging van Basiese Behoeftes
Alle verbruikers het die reg op basiese noodsaaklikhede en dienste soos voldoende kos, drinkwater, skuiling, klere, gesondheidsorg en onderwys.
Reg op Veiligheid
Verbruikers het die reg om hulleself teen onveilige produkte en dienste te beskerm. Onveilige produkte kan eiendom beskadig en selfs tot beserings en die dood lei.
Reg om Ingelig te Wees
Verbruikers het 'n reg op volledige inligting oor prys, hoeveelheid en bestanddele van verskaffers van produkte en dienste.
Reg om te Kies
Verbruikers het die reg om uit 'n verskeidenheid produkte en dienste teen mededingende pryse te kies.
Reg om Gehoor te Word
Verteenwoordiging: Verbruikers het die reg om hulle mening te lug oor kwessies, beleid, planne, programme en besluite wat hulle raak.
Reg op Vergoeding
Verbruikers het die reg om vergoed te word as hulle klagtes het oor swak, onveilige, oormatige duur produkte en dienste, oordrewe aansprake en ander onregverdige verbruikerspraktyke.
Reg op Verbruikersopvoeding
Verbruikers het 'n reg op inligting wat hulle in staat stel om ingeligte en oortuigde besluite oor produkte en dienste te neem.
Reg op 'n Gesonde en Volhoubare Omgewing
Verbruikers het die reg om in 'n omgewing te leef en te werk wat nie hulle gesondheid en voortbestaan bedreig nie en geen gevaar vir huidige en komende geslagte inhou nie.
Meer inligting oor verbruikersregte is beskikbaar op die Nasionale Verbruikersforum se webblad.
VERWANTE INLIGTING
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 13 Oktober 2004 hersien
Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
