






TUISBLAD|JOU LEWE|ONDERWERPE|PUBLIKASIES |GIDSE |JOU REGERING|TENDERS|WERKGELEENTHEDE





English
|
isiXhosa
|
Aangaande
|
Kontak
|
Hulp
|
Gevorderde Soektog  |



 





Tuisblad > Publikasies > Openbare Inligting > A > Alles wat jy moet Weet oor die Registrasie van 'n Organisasie sonder Winsmotief &gt Alles wat jy moet Weet oor die Registrasie van 'n Organisasie sonder Winsmotief

Alles wat jy moet Weet oor die Registrasie van 'n Organisasie sonder Winsmotief



Die Wet op Organisasies sonder Winsmotief, Wet 71 van 1997

Die OSW-direktoraat in die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling registreer organisasies kragtens die Wet op Organisasies sonder Winsmotief, Wet 71 van 1997. Die Primre Doel met die Wet is om organisasies aan te moedig en te steun met die groot verskeidenheid werk wat hulle doen deur:


* 'n ondersteunende omgewing te skep waarin OSW's kan gedy.
* geskikte standaarde van bestuur, aanspreeklikheid en deursigtigheid te stel en te handhaaf.


Die Wet gee 'n vrywillige registrasiefasiliteit vir OSW's.

WAT IS 'N OSW?

'n Organisasie sonder Winsmotief word omskryf as: 'n trust, maatskappy of ander vereniging van persone:- (a) wat gestig is vir 'n openbare doel, en (b) waarvan die inkomste en eiendom nie onder lede of amptenare versprei kan word nie, behalwe as redelike vergoeding vir diens wat gelewer is.

WATTER ORGANISASIES KAN AANSOEK DOEN VIR OSW-STATUS?

Enige organisasie wat nie 'n winsmotief het nie en nie deel is van die regering nie kan aansoek doen om registrasie - dit is:
* Nie-regeringsorganisasies(NRO)
* Gemeenskapsgebaseerde Organisasies (GGO)
* Geloofsorganisasies (GO)
* Organisasies wat as Afdeling 21-maatskappye geregistreer is kragtens die Maatskappyewet, Wet 61 van 1973.
* Trusts wat kragtens die Wet op die Beheer van Trusteiendom, Wet 57 van 1988 by die Meester van die Hooggeregshof geregistreer is.
* Enige ander Vrywillige Organisasie wat nie 'n winsmotief het nie.


Die Direktoraat kan net 'n organisasie registreer wat 'n grondwet of enige ander stigtingsdokument het.

HOE LANK DUUR DIE REGISTRASIEPROSES?

Dit sal omtrent twee maande neem om die hele registrasie te verwerk. Sodra 'n aansoek ontvang word, word 'n erkenningsbrief aan die organisasie gestuur. Daarna volg 'n registrasiedokument as die aansoek voldoen aan die vereistes van die OSW-wet.

WAT KOS DIT?

Registrasie as 'n Organisasie sonder Winsmotief is gratis.

HOE LAAT ORGANISASIES HULLE REGISTREER?

Deur die volgende dokumente voor te l aan die OSW-direktoraat:

* 'n Volledige Aansoekvorm (wat by die departement beskikbaar is); en
* Twee afskrifte van die organisasie se stigtingsdokument, byvoorbeeld 'n grondwet of 'n Trustakte of Memorandum en Akte van Oprigting.


WAT IS DIE VOORDELE VAN REGISTRASIE?

Daar is baie voordele aan die stelsel van die registrasie van Organisasies sonder Winsmotief. Dit:
* Verhoog die geloofwaardigheid van die sektor omdat OSW's verantwoording doen aan 'n staatsliggaam.
* Sluit organisasies in by 'n formele stelsel.
* Help die sektor om georganiseerd te wees.
* Help om maniere te vind om voordele soos belastingverligting en befondsingsgeleenthede te kry



INHOUD | Volgende Afdeling >


INHOUD: Alles wat jy moet Weet oor die Registrasie van 'n Organisasie sonder Winsmotief

* Alles wat jy moet Weet oor die Registrasie van 'n Organisasie sonder Winsmotief
* Vrae wat Dikwels oor OSW's Gevra Word
* OSW-dokumente
* Stappe in die Registrasieproses
* Kontakbesonderhede





This content also available in English | Le nkcazelo iyafumaneka nangesi Xhosa

VERWANTE INLIGTING

* Registrasie en Befondsing van Nie-winsgewende Organisasies (Diens)



Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 27 Junie 2005 hersien



Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.



| VRAE? Vra vir ons: questions@capegateway.gov.za



Gebruiksvoorwaardes | Privaatheidsbeleid | Kopiereg







Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering





