






TUISBLAD|JOU LEWE|ONDERWERPE|PUBLIKASIES |GIDSE |JOU REGERING|TENDERS|WERKGELEENTHEDE





English
|
isiXhosa
|
Aangaande
|
Kontak
|
Hulp
|
Gevorderde Soektog  |



 





Tuisblad > Publikasies > Openbare Inligting > A > Regte en Verantwoordelikhede van Ouers - 'n Staatskool-beleidsgids &gt Jy het die Volgende Verantwoordelikhede as 'n Ouer

Jy het die Volgende Verantwoordelikhede as 'n Ouer




* Hoe behoort ek by te dra tot die ontwikkeling van my kind se skool?
* Watter rol kan ek speel om my kind se leerproses te steun?
* Hoe kan ek op die hoogte bly van ontwikkelings by die skool?


Hoe behoort ek by te dra tot die ontwikkeling van my kind se skool?

As 'n ouer is dit jou verantwoordelikheid om by te dra tot die ontwikkeling van die skool deur dienste aan die skool te lewer. Dit kan insluit om jouself beskikbaar te stel om deel te neem aan bedrywighede van die skool soos die instandhouding van skooleiendom, die ouditering van finansile state, die bestuur van sportgeleenthede, hulp met die bestuur van skooluitstappies, ensovoorts.

Watter rol kan ek speel in my kind se leerproses?

Jou kind is in die skoolpersoneel se sorg wanneer sy of hy by die skool is. Die skool kan hulle onderwysverpligtinge suksesvol uitvoer as hulle deur die ouers gesteun word.

As 'n ouer het jy die verantwoordelikheid om:
* seker te maak dat jou kind gereeld skool bywoon;
* te help met die dissipline van jou kind;
* die skool by te staan met die bevordering van 'n kultuur van wedersydse respek en verdraagsaamheid;
* jou kind se onderwysvordering dop te hou;
* seker te maak dat sy of hy, sy of haar huiswerk doen;
* te skakel met die skoolpersoneel; en
* te reageer op skoolkennisgewings wat reaksie vra.


Hoe kan ek op die hoogte bly van ontwikkelings by die skool?

Ouers van leerders moet verantwoordelikheid aanvaar vir die bywoon van skoolvergaderings wat vir hulle gerel word. Die SBR is wetlik verplig om gereeld verslag te doen aan die ouers van leerders by die skool, en behoort ouers ingelig te hou oor kwessies wat hulle raak.

Jy het die reg om die SBR en die skoolhoof om enige bykomende inligting te vra wat vir jou van belang is. Die SBR of skoolhoof moet die inligting verskaf, of jou skriftelik inlig hoekom hulle nie die inligting kan gee nie.


INHOUD | < Vorige Afdeling | Volgende Afdeling >


INHOUD: Regte en Verantwoordelikhede van Ouers - 'n Staatskool-beleidsgids

* Jou Kind se Toelating tot 'n Skool
* Skoolgeld
* Bestuur
* Taal van Leer en Onderrig
* Jy het die Volgende Verantwoordelikhede as 'n Ouer
* Kontakinligting





This content also available in English | Le nkcazelo iyafumaneka nangesi Xhosa

VERWANTE INLIGTING

* Toetsing vir Skoolgereedheid (Diens)
* Toelating tot Skole (Diens)
* Die 'Vind-'n-skool'-soekfasiliteit (Diens)
* Skoolbeheerrade (SBR're) (Openbare Inligting)
* Dissipline in Skole (Openbare Inligting)



Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 5 September 2005 hersien



Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.



| VRAE? Vra vir ons: questions@capegateway.gov.za



Gebruiksvoorwaardes | Privaatheidsbeleid | Kopiereg







Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering





