TUISBLAD
JOU LEWE
ONDERWERPE
PUBLIKASIES
GIDSE
JOU REGERING
WERKGELEENTHEDE
Aangaande
Kontak
Hulp
Gevorderde Soektog
Tuisblad
Publikasies
Openbare Inligting
Regte en Verantwoordelikhede van Ouers - 'n Staatskool-beleidsgids 
Taal van Leer en Onderrig
Taal van Leer en Onderrig
Wat sê die Taal-in-Onderwysbeleid?
Sal my kind nie benadeel word deur in 'n taal anders as Engels onderrig te word nie?
Wie besluit oor die taal van leer en onderrig?
Het my kind keuses oor die taal van leer en onderrig in 'n skool?
Wat sê die Taal-in-Onderwysbeleid?
Die Departement se Taal-in-Onderwysbeleid moedig leerders aan om meer as een taal te leer. Dit moedig hulle ook aan om die taal te gebruik wat hulle die beste verstaan as taal van leer en onderrig. Hulle kan ander tale as vakke neem of ander tale byvoeg as tale van onderrig.
Sal my kind nie benadeel word deur onderrig te word in 'n taal anders as Engels nie?
Leer deur die huistaal in die eerste jare van formele skoolonderrig verseker dat die kind 'n goeie grondslag kry vir toekomstige onderwys, sowel as die aanleer van nuwe/ander tale.
Wie besluit oor die taal van leer en onderrig?
Die SBR moet besluit oor die taal van leer en onderrig wat in 'n skool gebruik word. Die taal wat gebruik word hang af van die voorkeur van die meerderheid leerders in 'n skool en die vermoë van die skool om onderwys te gee in die taal van voorkeur. Daarby moet die SBR aandui hoe hulle veeltaligheid in die skool sal aanmoedig.
Het my kind keuses oor die taal van leer en onderrig in 'n skool?
Elke leerder moet met registrasie aandui wat die voorkeur taal van leer en onderrig is. Enige van ons 11 tale mag aangedui word as die taal van leer en onderrig in 'n staatskool. Waar daar meer as 30 kinders is wat 'n spesifieke taal aanvra, moet die skool 'n poging aanwend om onderwys in daardie taal aan te bied.
INHOUD
Vorige Afdeling
Volgende Afdeling
INHOUD: Regte en Verantwoordelikhede van Ouers - 'n Staatskool-beleidsgids
Jou Kind se Toelating tot 'n Skool
Skoolgeld
Bestuur
Taal van Leer en Onderrig
Jy het die Volgende Verantwoordelikhede as 'n Ouer
Kontakinligting
VERWANTE INLIGTING
Toetsing vir Skoolgereedheid (Diens)
Toelating tot Skole (Diens)
Die 'Vind-'n-skool'-soekfasiliteit (Diens)
Skoolbeheerrade (SBR're) (Openbare Inligting)
Dissipline in Skole (Openbare Inligting)
Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 5 September 2005 hersien
Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.
Gebruiksvoorwaardes
Privaatheidsbeleid
Kopiereg
Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering
