






TUISBLAD|JOU LEWE|ONDERWERPE|PUBLIKASIES |GIDSE |JOU REGERING|TENDERS|WERKGELEENTHEDE





English
|
isiXhosa
|
Aangaande
|
Kontak
|
Hulp
|
Gevorderde Soektog  |



 





Tuisblad > Publikasies > Openbare Inligting > A > Regte en Verantwoordelikhede van Ouers - 'n Staatskool-beleidsgids &gt Skoolgeld

Skoolgeld



Die skool sal jou vra om skoolgeld te betaal. Die bedrag word bepaal op 'n openbare vergadering van die Skoolbeheerraad (SBR), wat elke jaar gehou moet word en waar ouers stem oor die bedrag skoolgeld wat betaal moet word. As jy egter nie die vereiste bedrag kan bekostig nie, of 'n verminderde bedrag kan betaal, kan jy 'n brief rig aan die SBR om gedeeltelike of volledige kwytskelding van skoolgeld te vra. Die SBR sal jou oor hulle besluit inlig. 'n Afskrif van die regulasies oor skoolgeld is by die skool beskikbaar. Die skool moet jou bystaan as jy hulp met jou aansoek vir kwytskelding nodig het.


* Hoe appelleer ek teen die besluit van die SBR?
* As ek vrystelling van skoolgeld het, kan my kind toegang tot die skool geweier word?
* As daar kwytskelding van skoolgeld is, kan jou kind toegang tot enige skoolbedrywighede geweier word of kan uitslae teruggehou word?
* Kan ek geldelike hulp met skoolgeld kry?
* Hoe doen ek aansoek om toelaes waarvoor ek kwalifiseer?


Hoe appelleer ek teen die besluit van die SBR?

Jy kan by die Provinsiale Hoof van die Onderwysdepartement appl aanteken. Hy of sy sal skriftelik die redes gee as kwytskelding nie aan jou toegestaan is nie.

As daar vasgestel word dat jy dit kan bekostig om die skoolgeld te betaal, en jy doen dit nie, sal regstappe teen jou ingestel word om te verseker dat jy enige uitstaande geld betaal.

As ek vrystelling van skoolgeld het, kan my kind toegang tot die skool geweier word?

Nee. Geen kind kan toelating tot 'n skool geweier word weens 'n ouer se onvermo om skoolgeld te betaal nie.

As daar kwytskelding van skoolgeld is, kan jou kind toegang tot enige skoolbedrywighede geweier word of kan uitslae teruggehou word?

Nee. Die skool kan nie jou kind se uitslae terughou of hom of haar uitsluit uit enige onderwysbedrywigheid as jy nie die skoolgeld kan bekostig nie.

Kan ek geldelike hulp met skoolgeld kry?

Jy kan gedeeltelike of volledige kwytskelding van skoolgeld kry, gegrond op jou inkomste.

Jy kan jou inkomste verhoog deur toelaes te eis waarvoor jy kwalifiseer. Twee toelaes wat jou dalk toekom is:

* Die Kindersteuntoelae: Dit word gegee aan 'n primre versorger wat die kind/kinders onder die ouderdom van sewe versorg. Die versorger kan die ma, pa, grootouer, familielid, vriend of ouer broer/suster wees.
* Die Pleegkindtoelae: Dit is vir kinders wat by 'n persoon geplaas word wat nie die ouer is nie, soos die grootouer. 'n Hof moet die pleegverhouding bekragtig.

Hoe doen ek aansoek om toelaes waarvoor ek kwalifiseer?

Jy moet by die Maatskaplike Kantoor of jou naaste Landdroskantoor aansoek doen. Die amptenare sal vrae aan jou stel en op grond van jou antwoorde 'n vorm invul.


INHOUD | < Vorige Afdeling | Volgende Afdeling >


INHOUD: Regte en Verantwoordelikhede van Ouers - 'n Staatskool-beleidsgids

* Jou Kind se Toelating tot 'n Skool
* Skoolgeld
* Bestuur
* Taal van Leer en Onderrig
* Jy het die Volgende Verantwoordelikhede as 'n Ouer
* Kontakinligting





This content also available in English | Le nkcazelo iyafumaneka nangesi Xhosa

VERWANTE INLIGTING

* Toetsing vir Skoolgereedheid (Diens)
* Toelating tot Skole (Diens)
* Die 'Vind-'n-skool'-soekfasiliteit (Diens)
* Skoolbeheerrade (SBR're) (Openbare Inligting)
* Dissipline in Skole (Openbare Inligting)



Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 5 September 2005 hersien



Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.



| VRAE? Vra vir ons: questions@capegateway.gov.za



Gebruiksvoorwaardes | Privaatheidsbeleid | Kopiereg







Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering





