






TUISBLAD|JOU LEWE|ONDERWERPE|PUBLIKASIES |GIDSE |JOU REGERING|TENDERS|WERKGELEENTHEDE





English
|
isiXhosa
|
Aangaande
|
Kontak
|
Hulp
|
Gevorderde Soektog  |



 





Tuisblad > Publikasies > Openbare Inligting > A > Regte en Verantwoordelikhede van Ouers - 'n Staatskool-beleidsgids &gt Jou Kind se Toelating tot 'n Skool

Jou Kind se Toelating tot 'n Skool




* Moet ek my kind by 'n skool laat registreer?
* Op watter ouderdom kan my kind met Graad 1 begin?
* Wanneer en waar laat ek my kind inskryf?
* Kan ek my kind by enige skool laat registreer selfs as dit nie naby my huis of werk is nie?
* Wat moet ek weet voordat ek my kind laat inskryf?
* Watter dokumente word vereis wanneer mens aansoek doen?
* Watter ander dokumente is nodig as ek nie 'n Suid-Afrikaanse burger is nie?
* Hoe weet ek of my kind aanvaar is by die skool?
* Wat kan ek doen as my kind toelating tot 'n skool geweier word?


Moet ek my kind by 'n skool laat registreer?

Ja, alle kinders tussen die ouderdomme van sewe en 15 moet geregistreer wees.

Op watter ouderdom kan my kind met Grrad 1 begin?

Jou kind kan net met Graad 1 begin as sy of hy sewe word in die eerste skooljaar. In buitegewone gevalle kan die Provinsiale Onderwysdepartement toelating op 'n jonger ouderdom oorweeg, en skole kan jou hieroor raad gee.

Wanneer en waar laat ek my kind registreer?

Jy kan jou kind laat registreer by 'n skool naby jou huis of werk tussen Augustus en November in die jaar voor die kind begin skoolgaan.

Kan ek my kind by enige skool laat inskryf selfs as dit nie naby my huis of werkplek is nie?

Ja, jy kan jou kind laat registreer by enige staatskool. Daar word egter van skole verwag om voorkeur te gee aan kinders wie se ouers naby die skool woon of werk.

As 'n skool vol is, kan julle jou kind 'n plek weier en haar of hom op 'n waglys plaas. Jy moet dan jou kind laat registreer by 'n ander skool waar daar plek is.

Wat moet ek weet voordat ek my kind laat registreer?

Jy moet daarvan bewus wees dat jou kind nie 'n plek in 'n skool gewaarborg word nie totdat jy die kind by die skool laat registreer het.

Die skoolhoof moet die toelatingsbeleid van die skool aan jou gee en dit aan jou verduidelik. Jy moet ook vra watter taal of tale gebruik word vir onderrig by die skool en besluit of dit geskik is vir jou kind. Jy moet ook uitvind wat die skoolgeld is wat die skool eis. As jy dit nie kan bekostig nie, moet jy die hoof of skoolamptenaar vra hoe jy aansoek kan doen vir volle of gedeeltelike kwytskelding van die geld.

'n Staatskool mag nie enige toets laat afl vir toelating tot 'n skool nie. 'n Toets mag net gebruik word om te besluit watter kursusse of programme jou kind by die skool moet volg.

Jy behoort te vra om die skool se gedragskode te sien ek seker maak dat jy gewillig is om dit te onderteken.

Watter dokumente word vereis wanneer aansoek gedoen word?

* Geboortesertifikaat of identiteitsdokument van die kind; en
* Inentingskaart van die kind; en
* Oordragkaart of laaste skoolrapport vir leerders wat voorheen op skool was.

(Let daarop dat doopsertifikate nie beskou word as bewys van geboortedatum nie.)

Watter ander dokumente word vereis as ek nie 'n Suid-Afrikaanse burger is nie?

* Studiepermit; en
* Tydelike of permanente verblyfpermit van die Departement van Binnelandse Sake; of
* Bewys dat jy aansoek gedoen het om toestemming om in Suid-Afrika te woon

Hoe weet ek of my kind aanvaar is by die skool?

Die Provinsiale Departement van Onderwys moet jou, deur die skoolhoof, inlig oor die uitkoms van jou aansoek.

Wat kan ek doen as my kind toelating tot 'n skool geweier word?

Jy kan 'n geskrewe verduideliking eis van die departement, deur die skoolhoof. As jy nie tevrede is met die redes wat gegee word vir die besluit nie, kan jy 'n geskrewe appl rig aan die LUR vir onderwys in die provinsie.


INHOUD | Volgende Afdeling >


INHOUD: Regte en Verantwoordelikhede van Ouers - 'n Staatskool-beleidsgids

* Jou Kind se Toelating tot 'n Skool
* Skoolgeld
* Bestuur
* Taal van Leer en Onderrig
* Jy het die Volgende Verantwoordelikhede as 'n Ouer
* Kontakinligting





This content also available in English | Le nkcazelo iyafumaneka nangesi Xhosa

VERWANTE INLIGTING

* Toetsing vir Skoolgereedheid (Diens)
* Toelating tot Skole (Diens)
* Die 'Vind-'n-skool'-soekfasiliteit (Diens)
* Skoolbeheerrade (SBR're) (Openbare Inligting)
* Dissipline in Skole (Openbare Inligting)



Die inhoud van hierdie bladsy is laas op 5 September 2005 hersien



Onbekende staatstaal of akroniem? Kyk in die WOORDELYS.



| VRAE? Vra vir ons: questions@capegateway.gov.za



Gebruiksvoorwaardes | Privaatheidsbeleid | Kopiereg







Cape Gateway is 'n diens wat die regering hoofsaaklik aan die burgers van die Wes-Kaap bied deur die voorsiening van inligting oor plaaslike, provinsiale en nasionale regering





