Aansoek om 'n beskermingsbevel teen gesinsgeweld
Beskrywing
Wat is gesinsgeweld?
Volgens die Wet op Gesinsgeweld, 1998, is dit:
enige vorm van geweld soos fisiese, seksuele, emosionele of ekonomiese teistering beskadiging van eiendom teisteragtervolging betreding van iemand se eiendom sonder hulle toestemming enige ander vorm van beledigende of mishandelingsgedrag waar sulke gedrag skadelik is of jou gesondheid, veiligheid of welstand bedreig.
Indien jy of iemand wat jy ken hierdie soort mishandeling beleef, kan jy om 'n beskermingsbevel aansoek doen. 'n Beskermingsbevel teen gesinsgeweld word as 'n dokument deur die hof uitgereik en verhinder die geweldenaar om:
dade van gesinsgeweld te pleeg;
die hulp van 'n ander persoon te bekom om sulke dade te pleeg;
n woonplek te betree wat deur die klaer en respondent gedeel word;
n spesifieke gedeelte van so 'n gedeelde woonplek te betree;
die klaer se woonplek te betree;
die klaer se werksplek te betree;
die klaer, wat gewoonlik in 'n gedeelde woonplek bly of gebly het, te verhinder om die gedeelde woonplek of 'n spesifieke gedeelte van die gedeelde woonplek binne te gaan of om dit te verlaat; of enige ander daad te pleeg wat spesifiek in die beskermingsbevel genoem word.
Wie kan om 'n beskermingsbevel aansoek doen?
Enigiemand wat mishandel word of voorheen mishandel is n Minderjarige mag sonder bystand 'n aansoek bring
Enigiemand met 'n belang by die lewe en welstand van die klaer. Die volgende persone mag aansoek doen tesame met die skriftelike toestemming van die klaer tensy die klaer minderjarig, verstandelik vertraag, bewusteloos is of indien die hof tevrede is dat hy of sy nie in staat is om die nodige toestemming te gee nie:
Berader
Gesondheidswerker
Polisiebeampte
Maatskaplike werker
Onderwysers
Vir meer inligting besoek die Departement van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling.
Stappe om te volg
Doen op enige tydstip gedurende of buite hofure, op openbare vakansiedae of oor naweke aansoek om beskermingsbevel by die Landdroshof naaste aan jou woon- en werkplek.
Doen eerstens aansoek om 'n Tussentydse Beskermingsbevel deur Vorm 6: Tussentydse Beskermingsbevel by jou naaste Landdroshof of Hoërhof in te vul.
Vul Vorm 2: Aansoek om 'n Beskermingsbevel in by jou naaste Landdroshof of Hoërhof.
Die aansoek moet by wyse van 'n beëdigde verklaring gedoen word, waarin gemeld word:
Wat die feite is waarop die aansoek berus
Die aard van die soort aansoek
Die naam van die polisiestasie waar die klaer waarskynlik enige verbreking van so 'n beskermingsbevel sal aanmeld.
Indien die aansoek deur iemand anders namens 'n klaer gebring word moet die beëdigde verklaring aandui:
Op grond waarvan die ander persoon 'n wesenlike belang het by die welstand van die klaer
Die beroep en hoedanigheid van die ander persoon wat die aansoek bring
Die skriftelike toestemming van die klaer tensy die klaer:
Minderjarig is
Verstandelik vertraag is
Bewusteloos is
Volgens die hof nie in staat is om die nodige toestemming te verskaf nie.
Sertifiseer die vorm by die klerk van die hof en dien dit in.
By ontvangs van die vorm sal die klerk jou aansoek na die landdros stuur. Die landdros sal 'n datum bepaal waarop jy moet verskyn sodat jou aansoek oorweeg kan word.
Die landdros sal ook 'n kennisgewing voorberei om die mishandelaar van die beskermingsbevel in kennis te stel asook die datum waarop hy of sy in die hof moet verskyn.
Na die hofverskyning kan die landdros die beskermingsbevel uitreik
Regsraamwerk
Diensstandaard
In geval van nood is die diens 24 uur per dag beskikbaar.
n Beskermingsbevel kan op dieselfde dag uitgereik word maar dit hang gewoonlik af van die ingewikkeldheid van jou geval.
Die bevel bly van krag totdat die mishandelde persoon dit kanselleer.
Indien die mishandelaar appelleer bly die bevel van krag totdat die Appèlhof dit kanselleer.
Koste
Hierdie diens is gratis.
Vorms om in te vul
Vorm 2 Regulasie 4: Aansoek om 'n Beskermingsbevel
Vorm 4 Regulasie 6: Tussentydse Beskermingsbevel
Vorm 6: Beskermingsbevel
Vorm 7: Beskermingsbevel
Kontakbesonderhede
Departement van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling
