Aansoek om 'n prospekteerreg
Beskrywing n Prospekteerreg is 'n permit wat 'n maatskappy of individu in staat stel om 'n stuk grond op te meet of te ondersoek met die doel om 'n bestaande of moontlike mineraal-afsetting te identifiseer. Enige persoon wat om 'n prospekteerreg aansoek wil doen, moet die aansoek indien by die kantoor van die Streekbestuurder in wie se streek die grond geleë is.
n Prospekteerreg is vir vyf jaar geldig, maar wanneer daardie vyf jaar verstryk, mag die aansoeker by wyse van 'n hernuwingsaansoek vra dat die prospekteerreg vir nog hoogstens drie jaar verleng moet word.
Die prospekteerreg sal toegestaan word indien daar aan die volgende vereistes voldoen word:
Die aansoeker het genoeg fondse en deskundige kennis om die voorgenome prospektering optimaal uit te voer.
Die finansieringsplan is geskik vir die voorgenome prospekteringsaktiwiteite en die duur daarvan.
Geen onaanvaarbare besoedeling of beskadiging van die natuur sal plaasvind as gevolg van die prospektering nie.
Die aansoeker is in staat om die vereistes van die Wet op Gesondheid en Veiligheid in Myne, 1996 na te kom.
Niemand anders besit 'n prospekteerreg, mynreg, mynpermit of retensiepermit vir dieselfde mineraal en grond nie.
Kry meer inligting by die Departement van Minerale en Energie
Stappe om te volg
Doen aansoek by die kantoor van die streekbestuurder van die Departement van Minerale en Energie in die streek waar die grond geleë is.
Vul Vorm B: Aansoek om prospekteerreg in, en dien dit saam met al die vereiste bylaes in by die sreekbestuurder van die Departement van Minerale en Energie in wie se streek die grond geleë is.
Die voorgeskrewe, nie-terugbetaalbare aansoekfooi moet betaal word wanneer jy die vorm indien.
Indien die streekbestuurder jou aansoek aanvaar, sal hy of sy jou vra om 'n omgewingsbestuursplan voor te lê en met die grondeienaar, wettige bewoner van die grond of enige ander geaffekteerde party samesprekings te voer.
Lê die resultaat van die samesprekings binne 30 aan die streekbestuurder voor.
Sodra daar aan al hierdie vereistes voldoen is, sal die streekbestuurder die aansoek aan die Minister voorlê vir oorweging.
Regsraamwerk
Diensstandaard
As die streekbestuurder die aansoek afkeur, sal hy of sy jou binne 14 dae skriftelik daarvan in kennis stel en die aansoek aan jou terugbesorg.
As die streekbestuurder die aansoek goedkeur, sal hy of sy jou binne 14 dae laat weet dat jy 'n omgewingsbestuursplan moet voorlê en met die grondeienaar en wettige bewoner van die grond, asook enige ander geaffekteerde party, samesprekings moet voer.
Jy moet die uitslag van die samesprekings binne 30 dae skriftelik aan die streekbestuurder voorlê.
Sodra daar aan hierdie vereistes voldoen is, sal die streekbestuurder die aansoek aan die Minister voorlê vir oorweging.
Koste
Die koste sal deur die streekbestuurder bepaal word en sal afhang van die mineraal wat jy beoog om te myn.
Vorms om in te vul
Vorm B: Aansoek om prospekteerreg
Kontakbesonderhede
